Luisteraars kan weer op Radio Kaapse Kansel 729AM inskakel.
Die radiostasie was Sondag van die vroeë oggendure tydelik van die lug nadat plunderaars die stasie se sender tussen Stellenbosch en Malmesbury beskadig het.
Kosie Burger, bedryfshoof van Radio Kaapse Kansel 729AM, het intussen aan Maroela Media bevestig dat die stasie se uitsending herstel is.
Radio Kaapse Kansel 729AM het omstreeks 16:00 weer op die lug gegaan.
Dít nadat boosdoeners in die vroeë oggendure die elektriese heining ontkoppel en deur ’n dak geklim het om toegang tot die sender te verkry. Die koperplaat waarop die sender staangemaak is, is uitgebreek en verwyder. Daar is ook skade aan ander toerusting aangerig.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Ek is dankbaar dat die Goeinuus-radio weer hoop versprei. Sesert die Transwêreld Radio dae, was Radiokansel en medewerkers al ‘n gewaardeerde, goedgeöluede Evangelisasiemasjien. Mag Vader se guns op hulle groot wees en daagliks groei.
Die eveangelie sal nie gestop word nie
Plundery seker te wyte aan die feit dat dit ‘n evangeliese omroep is. Niks en niemand kan die evangelie stop nie.