Radio Kaapse Kansel terug op die lug

Foto: Pixabay

Radio Kaapse Kansel is terug op die lug. Luisteraars kan nou weer op 729AM inskakel nadat dié radiostasie vir etlike weke van die lug af was.

Volgens Jean Lung, kommunikasiebeampte vir Radio Kaapse Kansel, het dié stasie se sender op 22 Mei onklaar geraak. “Ondersoeke het getoon dat die sender onherstelbaar is en Radio Kaapse Kansel sou tot twaalf weke van die lug af wees terwyl die stasie op ʼn nuwe sender wag wat deur die nasionale seinverspreider, Sentech, verskaf word.”

Lung sê die Kansel Media Groep (KMG) het intussen ʼn alternatief onderhandel om Radio Kaapse Kansel so vinnig as moontlik terug op die lug te kry. “KMG het die sender, waarmee die groep hoogs suksesvolle toetsuitsendings vir digitale radio gedoen het, as tussentydse maatreël vanaf Gauteng na die Wes-Kaap verskuif totdat die nuwe sender uit die buiteland arriveer.”

Luisteraars kan ook regstreeks na Radio Kaapse Kansel luister op die stasie se slimfoon-toepassing, wat beskikbaar is op die App Store en Play Store, of besoek Radio Kaapse Kansel se webblad by www.kaapsekansel.co.za en luister aanlyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.