Radio Kaapse Kansel tydelik van die lug af

Foto: Pixabay

Radio Kaapse Kansel 729AM is sedert verlede Dinsdag stil nadat die uitsaaitoring vir dié stasie deur weerlig getref is.

Volgens Jean Lung, kommunikasiebeampte vir Radio Kaapse Kansel, is die uitsaaitoring op Dinsdag 22 Mei deur weerlig raakgeslaan en is die toring “erg beskadig”.

“Die stasie sal van die lug af wees op 729AM tot tyd en wyl die uitsaaitoring herstel is,” het Lung luidens ʼn persverklaring gesê.

Radio Kansel 657AM gaan soos normaalweg voort.

Kansel-luisteraars kan steeds regstreeks na Radio Kaapse Kansel luister op die radiostasie se slimfoon app, wat beskikbaar is op die Apple iStore en Google Play Store, of besoek Radio Kaapse Kansel se webblad by www.kaapsekansel.co.za vir regstreekse uitsendings.

Luister ook na Radio Kansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM se koppeluitsendingsprogramme op DStv-oudiokanaal 882.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karen ·

Ons bid dat daar gou finansies sal wees vir die herstelwerke. Die HERE is getrou

Adri ·

Is daar regtig nog mense wat na AM-uitsendings luister? Verstommend!

SNEL ·

Buda, vertrou beteken om te glo al staan die golwe hoog bo jou, dan kyk jy oor daai golwe met jou oë op God. As Christen vertrou ons op die Here vir alles. As so iets gebeur het, het Hy n doel en plan en al is dit dat iemand van radiostasie moet verander op hierdie stadium en daar n boodskap hoor en tot bekering kom, dan was daai toring se uitslaan die absolute moeite werd. Dit is wat dit beteken om in n Sovereine God te glo. Hy is die hoogste gesag, Hy weet die beste en buitendien, Hy laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom liefhet. So gelukkig worry ons wat in die Here glo nie oor so iets nie, want ons weet daar is n doel en plan en ek verseker jou, daar is altyd. Onthou net, al glo ek aartappels is n groente en daaroor maak dit nie vet nie, is nie te sê dis waar nie. So al glo jy nie in God nie, sal dit nie Sy bestaan uitvee nie en so weet mens eers Hy is n verklikheid as jy Hom in jou lewe nooi en Hy jou verander. Oh my word, What a Friend we have in Jesus! Ere aan die Hoogste Koning!!! Prys die Here vir Sy Almag, hulp en doel met die situasie. Hy het n Volmaakte plan met dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.