Radio Kaapse Kansel tydelik van die lug weens plundering

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Radio Kaapse Kansel 729AM is Sondag sedert 02:00 tydelik van die lug af nadat plunderaars die stasie se sender beskadig het.

Kosie Burger, bedryfshoof van Radio Kaapse Kansel 729AM, sê die stasie se sender is op Klipheuwel tussen Stellenbosch en Malmesbury geleë.

Boosdoeners het in in die vroeë oggendure die elektriese heining ontkoppel en deur ’n dak geklim om toegang tot die sender te verkry. Die koperplaat waarop die sender staangemaak is, is uitgebreek en verwyder. Daar is ook skade aan ander toerusting aangerig.

Hoewel die polisie vanoggend na die toneel ontbied is, is dit nie in dié stadium duidelik wanneer die stasie weer op die lug sal wees nie. “Dit kan ure of selfs dae neem.”

Kansel-luisteraars kan steeds regstreeks na Radio Kaapse Kansel luister op die radiostasie se slimfoon app, wat beskikbaar is by Apple iStore en Google Play Store, of besoek Radio Kaapse Kansel se webblad by www.kaapsekansel.co.za vir regstreekse uitsendings.

Burger het gesê die voorval is ’n groot slag vir die rasiostasie. “Dit is so goed soos ’n vulstasie sonder brandstof.”

Kontak Kosie Burger by 082 784 5779 of stuur ‘n epos na [email protected] vir enige navrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kokerboom ·

Ons leef in sprinkaanland!!Wat het ons gedoen om daagliks soo gestraf te word??!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.