Radio-omroeper gesoek na hy glo vriendin vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op soek na ‘n radio-omroeper wat glo sy 32-jarige vriendin met ‘n mes doodgesteek het.

“Ons is steeds op soek na hom en hoop om binnekort ‘n deurbraak te maak,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens die polisie is die vrou Sondag verskeie kere met ‘n gesteek voor die verdagte haar in ‘n woonstel in Jabulani, Soweto toegesluit het. Die verdagte het glo hierna sy meisie se vriendin geskakel en aan haar gesê dat hy sy meisie vermoor het.

Die verdagte het glo ook een van sy vriende geskakel en gesê dat hy na Botswana gaan vlug. Die verdagte is na bewering ‘n radio-omroeper by Jozi FM.

Mpho Mhlongo, stasiebestuurder van Jozi FM, sê hulle weet nie waar die verdagte hom bevind nie en het ‘n beroep op hom gedoem om homself aan die polisie oor te gee. “Ons betuig ons medelye met die familie en vriende van die vrou, wat op die tragiese manier gesterf het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.