Radio-omroeper in ateljee deur rowers aangehou

Foto: Pixabay, TheAngryTeddy

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn omroeper van ʼn gemeenskapsradiostasie in Rustenburg, Noordwes, Maandag in ʼn ateljee deur rowers vasgebind en die stasie van derduisende rande se toerusting beroof is nie.

Virtue Fongoma, bestuurder van die stasie, het gesê die rooftog het Maandag omstreeks 23:00 plaasgevind.

“Die omroeper is aangehou in die regstreekse ateljee, vasgebind en geblinddoek. Hulle het gevlug met onder meer rekenaars, televisiestelle en ʼn klankmenger ter waarde van altesaam R95 000,” het hy gesê.

“Daar was geen gedwonge toegang nie, dit kom voor asof hulle ingelaat is. Hulle het ʼn rekenaar, selfoon en plasma-televisiestel in die ateljee geneem en in die ou ateljee het hulle ʼn rekenaar en ʼn klankmenger gesteel. In die opname-ateljee het hulle ʼn plasma-televisiestel geneem, by die ontvangs nog ʼn plasma-televisiestel en ʼn rekenaar en in die nuuskantoor is nog ʼn plasma-televisiestel gebuit.”

Twee skootrekenaars is ook uit die biblioteek gesteel.

“Nêrens is daar ingebreek nie, al die deure is vir hulle oopgemaak. Die veiligheidswag wat aan diens was, word vermis. Ons is nie seker of hy saam met die rowers gewerk het of ontvoer is nie,” het Fongoma gesê.

Hy het gesê die radiostasie was van die lug af ná die voorval, maar was Dinsdag weer op die lug.

“Ons personeel is geskok. Hierdie is die eerste sodanige voorval in die 22 jaar wat die radiostasie bestaan.”

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. ʼn Saak van sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Mens kan dit nie genoeg se nie.. Mnr Ramaposa ek daag jou uit om Misdaad ten sterkste te begin bekamp!

JA wohl ·

JA almal is mos deesdae vriende met almal, niemand is meer verdag nie, so die ou het net ingestap .. Diegene wat aanvalle op boere goedkeur moet MOOI dink, dit brei uit na alle ander woongebiede en kulture en etniese groepe en plekke, moenie dink dit gaan by plase bly nie. STERKTE ek hoop die man herstel van die skok. Die versekering moet maar die res dek. Hoop julle kry die veiligheidswag, hy sal beslis meer inligting op die saak kan werp.

Dell ·

Dit gaan werklik bitter sleg in Rustenburg. Ja ek weet oral gaan dit sleg, maar in Rustenburg is daar choas. Geboue word afgebrand, rowers skiet jong man dood, minder as ‘n week gelede. Die munisipaliteit bestaan skaars, rekeninge belaglik. Mense betaal honderde rande vir asblikke wat hulle nie eens besit nie. Kan niks daaromtrent doen nie, want dit is te gevaarlik om munisipale kantore toe te gaan.

Nettie ·

Die deure is vir die rowers oopgemaak en die sekuriteitswag is ewe skielik weg ….. en hulle wonder of die sekuriteitswag deel van die rooftog was?????????

Helene ·

Die land brand, sal iemand asb opstaan om leiding te neem, want niemand sal na my luister nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.