Radio-omroeper kry borgtog ná twee boeties sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Radio-persoonlikheid is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy Sondag glo twee boeties, wat op pad was kerk toe, omgery en van die toneel af gevlug het.

“Die radio-omroeper, Papa Moalusi (30) van Motsweding FM, het Maandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn,” het brig. Thulane Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, Dinsdag gesê. “Die saak is tot 27 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.”

Moalusi staar twee aanklagte van strafbare manslag in die gesig. Hy word ook aangekla van roekelose bestuur, dronkbestuur, en die versuim om te stop en hulp te verleen by ʼn ongelukstoneel.

Maroela Media het Sondag berig die twee broers was saam met hul ma op pad kerk toe, toe hulle doodgery is. Klik hier om meer te lees. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.