Radio-omroeper se seuntjie verdrink amper

Darren Scott se twee seuntjies, Mark en Matthew. Foto: Facebook

Darren Scott se twee seuntjies, Mark en Matthew. Foto: Facebook

“Ons is onbeskryflik verlig, maar dit is iets wat ek nooit uit my gedagtes sal kan wis nie.” Só sê die bekende radio-omroeper, Darren Scott, nadat sy 18 maande oue seuntjie byna in ʼn visdam verdrink het.

Hy het aan Maroela Media gesê Matthew, sy jongste seun, en sy broer, Mark (4), was onder die toesig van hul kinderoppasser terwyl Scott ʼn middagslapie geniet het. “Hy [Matthew] moes op ʼn manier onder haar oë uitgeglip het, want die volgende oomblik het Mark vir my gesê sy boetie het in die water geval.”

Volgens Scott het hy eers na die swembad gehardloop en toe na die visdammetjie, waar hy Matthew op sy rug met sy kop onder die water aangetref het. “Ek het onmiddellik ingeklim en hom uitgetrek. Die ergste was dat ek nie geweet het hoe lank hy onder die water was nie.” Scott het gesê Matthew het eers net ʼn geskokte uitdrukking op sy gesig gehad voordat hy begin huil het.

Scott het Matthew in ʼn bad warm gemaak voordat hy hom na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas het waar dokters hom ondersoek het. Matthew is oornag in die hospitaal gehou vir waarneming, maar het gelukkig geen skade opgedoen nie.

“Ek sidder steeds as ek daaraan dink. ʼn Mens kan nie help om te wonder nie: Wat as hy langer onder die water was? Wat as sy boetie hom nie gesien het nie? Maar hy is honderd persent reg en gesond en dit is al wat saak maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eileen ·

Hierdie gesin het al deur so baie dinge gegaan. Dankie Here dat U, U hand oor Matthew gehou het. Sterkte aan die Scott familie.

Melissa ·

Niemand verdien om deur so iets te gaan nie. Dk dan die Vader dat sy kind veilig is want n ongeluk gebeur tog so maklik.

Melissa ·

Niemand verdien om deur so iets te gaan nie. Dk dan die Vader dat sy kind veilig is want n ongeluk gebeur tog so maklik.

My mening ·

Hoe onbeskryflik verlig moet hierdie ouers nie wees na alles waardeur hulle al is/was nie.
Dankie Hemelse Vader dat u die kleinman veilig gehou het, en baie dankie aan boetie Mark wat dadelik vir pappa gaan roep het, hy is inderdaad ‘n groot ouboeta!!!

RIENIE ·

Darren ons is regtig baie dankbaar vir julle. Al jul beproewinge die afgelope jare, jul word net sterker . God se genade is groot.

Rienie ·

Darren en gesin, ons is so dankbaar vir julle. Al die beproewinge afgelope tyd, maak mens net sterker. God se genade is so groot ons dank Hom daarvoor.

Drieks ·

Wonderwerk!!! Almal kyk asseblief as jul vloere was met emmers water. Kleintjies val vooroor in emmers. Sit die emmer hoog of agter toe deur……..

Maronel ·

My dogter het op 21 maande ook ampee verdrink. Ek wou haar ook eers warm maak in n bad. Dokter het gesê dit sou die verkeerdste ding gewees het. Hoekom, weet ek nie. En soos ons uitgewerk het was sy ten mimstens 4 minute in die swembad.

Tertia ·

Maronel, ek het dit ook al gehoor. Ek kan nie die spesifieke verduideliking onthou nie. Ek verbeel my jou brein en organe gaan soortvan in n slaap toestand as hul baie koud is, so dan kan hulle met baie minder funksioneer. So iets…

Michelle Grové ·

Warm water vererger swelling op die brein. Koue verhoed swelling en skade

Ra ·

As Darren se oe oop is sal hy sien die enigste lewende God en Skepper van die heelal het sy Hand van beskerming oor sy gesin. As Darren nog nie sy hart vir die Heer gegee het nie…hierdie is nog n teken.
Net God alleen besluit oor lewe en dood… selfs n mossie sterf nie sonder die Wil van God die Almagtige nie.

Don ·

Amen die Here is goed gee Sy engele bevel aangaande ons!! Ps91

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.