Radio-omroeper vas ná moord op vriendin

handcuffs‘n Radio-omroeper wat glo sy 32-jarige vriendin vermoor het, is Dinsdag in Gauteng in hegtenis geneem.

“Ons soek al sedert verlede week na hom. Hy is vandag in hegtenis geneem vir moord,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte is in Soweto in hegtenis geneem. Makhubela sê hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

Die verdagte het glo sy vriendin verskeie kere met ‘n gesteek voor hy haar glo in ‘n woonstel in Jabulani, Soweto toegesluit het. Die verdagte het glo hierna sy meisie se vriendin geskakel en aan haar gesê dat hy sy meisie vermoor het.

Die verdagte het glo ook een van sy vriende geskakel en gesê dat hy na Botswana gaan vlug. Die verdagte is na bewering ‘n radio-omroeper by Jozi FM.

Lees ook:
Beloning vir platejoggie se inhegtenisname
Radio-omroeper soek na hy glo vriendin vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.