Radio-omroeper weer in stryd teen kanker

Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate. Foto: Facebook

Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate. Foto: Facebook

Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het Dinsdag die slegte nuus gedeel dat hy kanker het.

Scott word Donderdag in die hospitaal opgeneem waar hy ʼn groot operasie sal ondergaan.  Sy vrou, Sarah-Kate, het op haar Facebook-blad gesê hulle is nog nie seker watter operasie dit sal wees nie, aangesien hulle nog op Scott se biopsie-uitslae wag. Scott is al twee keer vantevore met kanker gediagnoseer en beide kere genees.

Boodskappe van bemoediging het sedert die nuus bekend gemaak is, op Scott se Facebook-blad en Twitter-rekening ingestroom. “Oukei, nou weet ek hoe akupunktuur met tuinvurke voel! Het net gou ingeloer om dankie te sê vir al die boodskappe! Waardeer dit regtig!”, het Scott op sy Facebook-blad geskryf.

Scott se onbreekbare gemoed was duidelik toe hy grappenderwys na sokkerspanne verwys het. “Soos ek dit sien, is ek Arsenal en die kanker is Spurs. En Arsenal verloor nooit teen Spurs nie. Julle gedagtes en gebede word baie waardeer!”

Die Scotts se oudste seuntjie, Mark, is in 2012 ook met kanker gediagnoseer, waarna ‘n gewas op sy nier verwyder is en hy chemoterapie ondergaan het. In April vanjaar het die Scott-egpaar weer deur ʼn traumatiese ervaring gegaan toe hulle jonger seuntjie, Matthew, byna verdrink het. Scott kon Matthew gelukkig betyds uit die water haal en hy het ten volle herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Julle is omtrent al deur diep waters, mag die Here julle hierdeur ook dra en mag jy weer genees word. Baie sterkte vir julle, die “K-woord” is nooit maklik om te hoor nie.

Suikers is gif sê “hulle”, en is n groot sondebok vir kanker, maar of dit regtig n verskil maak, wie sal weet en dan praat die “hulle” ook van n alkaliese dieët, as mens lyk my jou liggaam alkalies kan hou, kan kanker nie groei nie, maar daai dieët is nie vir sussies nie en of dit werk, wie weet of “hulle” reg is.

Sollie ·

Mag jy die stryd voluit aanvat en wen, jy het al so baie moes ly, ek hoop regtig jy kan hierdiekeer wen.

Odiegirl ·

Ai ek dink aan julle sterk staan en wees positief en glo jy sal genees word vir die derde keer.

Susan ·

Darren, Jy is ‘n baie dapper man. Ek glo jy sal ook jy hierdeur kom. Ek bid baie hard vir jou en jou familie. Baie Sterkte!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.