Radio Raps ondergaan noodsaaklike operasie

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is geopereer nadat hy onlangs in ʼn kritieke toestand in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem is.

Zinta Kymdell, De Beer se agent, het Vrydag aan Maroela Media gesê De Beer is Donderdag geopereer.

“Die galstene en sy galblaas is verwyder. Die operasie was suksesvol en sonder enige komplikasies. Die dokters is tevrede en positief dat Rikus nou spoedig sal herstel. Hy is steeds in die hoësorgeenheid en hulle voorsien dat hy volgende week na ʼn ander saal oorgeplaas sal word,” het Kymdell gesê.

Maroela Media het vroeër berig De Beer is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem ná afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp.

Hy het teen daardie tyd reeds behandeling ontvang vir komplikasies aan sy buik, maar het gevoel die optrede in Krugersdorp kan nie gekanselleer word nie as gevolg van die kort kennisgewing. Hy het toe daarin geslaag om die optrede met ʼn binneaarse drup te doen. Hy het daarna op 29 Mei ʼn operasie aan sy buik ondergaan en ʼn tweede operasie was vir die volgende dag geskeduleer, maar die dokter het dié operasie uitgestel weens sy toestand wat verswak het. Hy is kort daarna na die hoësorgeenheid oorgeplaas.

Dokters wou Maandag al sy galblaas verwyder, maar het gesê die risiko is te groot weens infeksie en dit moes uitgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daarsy ·

Daarsy kêrels, daar vat hy weer, ou Jonathan so dankbaar vir beter nuus, die ou boosheid is uit en die herstel op pad in. Jou dae van die lelikste view raak beslis minder. Hang in there, ons is saam verlig en dankbaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.