Radioman afgedank oor Facebook-uitlating

Kevin Minter-Brown. Foto: Facebook

Kevin Minter-Brown. Foto: Facebook

ʼn Werknemer van East Coast Radio (ECR) is die trekpas gegee nadat hy ʼn “onsensitiewe” en “aanstootlike” boodskap op Facebook geplaas het, ʼn dag nadat twee fietsryers gesterf het toe ʼn motor op ʼn snelweg in Durban in hulle ingeploeg het.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk, waarin Richard da Silva en Jared Dwyer dood is, het kort ná 05:00 op die M4, ook bekend as die Ruth First-snelweg, plaasgevind. Hulle was deel van ʼn groep van 40 fietsryers wat verby die Hypermarket-by-the-Sea gery het, toe ʼn motor in hulle vasgery het. Die bestuurder van die motor is kort daarna op aanklag van dronkbestuur en strafbare manslag in hegtenis geneem.

Kevin Minter-Brown se plasing wat intussen verwyder is.

Kevin Minter-Brown se plasing wat intussen verwyder is.

Minter-Brown se verskoning.

Minter-Brown se verskoning.

Kevin Minter-Brown, ʼn senior videovervaardiger by ECR, het Maandag op sy persoonlike Facebook-profiel geskryf: “I’m thinking of starting a running club where we can get into large groups of runners and then run along the thin yellow lines on the N3. I know there’s plenty of other roads but I think if there’s opportunity to put us all directly in harms way, then why not?”

Verskeie luisteraars het die boodskap met groot teenkanting ontvang. Minter-Brown het sedertdien om verskoning gevra en die plasing verwyder.

Anisa Ussuph, ECR se woordvoerder, het Woensdag in ʼn verklaring aangekondig Minter-Brown se kontrak is onmiddellik beëindig. “Dit is ʼn moeilike tyd vir die familie en vriende van Dwyer en Da Silva en East Coast Radio vra nederig omverskoning vir Minter-Brown se gevoellose opmerkings,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jaques ·

Regtig?

Lyk my deesdae my soek almal net die kleinste rede om te moan en dan iemand af te dank, sal maar liewer my “gasvryheid” in die kleinhuisie ook vir myself hou, net maak dit “klanke” wat my in die, hoe sal ek nou se, stink lig kan stel….

Ek sou dan eerder gese het skors hom sonder salaris vir paar weke of maand, maar afdank, nee mense julle ruk nou die hoender se bek van agter af deur sy lyk uit.

Sterkte aan beide die oorledenes se families, en ok die man (en sy familie wat oor so ‘n simpel kwessie sommer summier afgedank is.

Karma ·

A liewenvader tog! Ek wens net mense wil ophou om so liggeraak te wees!!! Goed, die ongeluk was ‘n tragedie – my meegevoel aan die naastes van diegene wat gesterf het. Maar kyk net na Kevin Minter-Brown self – hy is SELF ‘n kranige fietsryer! Hy het dié opmerking sekerlik tong-in-die-kies gedoen.

Toegegee, dit was seker nie in die beste smaak nie, maar sien dit vir wat dit was. Hy steek die draak met fietsryers en ander “oefenaars” wat op paaie is waar hulle nie moet wees nie. Nou het die man sy werk, sy inkomste, sy toekoms, sy goeie naam verloor.

As hy getroud is en kinders het, het sy eggenoot/note sy/haar mede-inkomste en sy kinders hul finansiële onderhoud verloor. Net oor ‘n paar woorde wat vir ‘n paar mense aanstoot gegee het (vir die oomblik, tot hulle ‘n volgende slagoffer ontdek wat hulle kan jag).

sannie ·

Seker maar gesit en wag dat iemand moet aanjaag sodat daar n agtergeblewende aangestel kan word. Was dit omgekeerd wat dit gese het….geen haan sou daana gekraai het nie.

albert ·

Wat soek fietsryers inelkgeval op die snelweg. In die beboudegebiede is hulle al hoeka ‘n gevaar, hulle maak tog net soos hulle wil, almal moet net goed kyk of daai fietsryers sit voor jou of onder jou kar

Reguit! ·

My ou vriend, die fietsryers was op die snelweg, goed en wel verkeerd, maar die bestuurder is aangekla vir dronkbestuur….. wil jy nie ietsie daaroor uitlaat nie ?

viky ·

Hulle speel lekker God. Sory seun jy word nou gestraf. Kom ons ruk als onder jou ### uit. Jy mag net kill the boer se of skryf.

Oom Boer ·

Hoe onregverdig kan dinge nog gaan. Wat het geword van Vryheid van spraak????
Jammer dit is mos nie almal beskore nie.

Pietman ·

Magtig mense, is ons so liggeraak oor absoluut alles? Ek meen die probleem is dat sommige in hierdie land van ons so gewoond is, dat almal altyd verskoning vir als moet maak. Basta met beuselagtighede! Een van die dae sal jy jou werk kan verloor oor n skoonma-grap.

DPJ ·

Waar is die mense se naaste liefde.
Dra en verdra mekaar.
Dis is nie om jou naaste te na tekom nie.
Mense keer teruy na God drie enig en lees sy voorskrifte in die bybel. Dan sal dit wel wees met RSA.

Dirk T ·

Indien jy baie het om te verloor, moet jy eerder nie op Facebook dinge kwytraak nie. Alhoewel ek nie in ‘n posisie is om op so ‘n manier gepenaliseer kan word nie, voel ek dat dit swak smaak is om sulke goed kwyt te raak veral gesien in die lig van naasbestaandes wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Vryheid van spraak beteken nie om iets in swak smaak of ‘n afbrekende manier te uiter nie.

ELTIE ·

Daar is niks fout met sy inskrywing nie. Die reëls geld vir alle padverbruikers en die fietsryers is ingesluit!! Die land soek ENIGE iets, om van werknemers ontslae te raak. Dit is nou nr 3 in die mediawêreld wat geraps word. Dis om van NAAR te raak.

Daar is WEL van die ryers wat dink hulle is die Elite, sterker as ‘n voertuig en die pad behoort aan hulle. ** LW nie alle fietsryers dink so nie.**

Wil dit vir ons sê, dat nie EEN van die groep ryers GEWEET het dat dit ONWETTIG is om op die M4 Snelweg fiets te ry nie??

Regulasie 323 (1) b – is tog baie duidelik.
(Aangehaal)

“(1) No person shall operate on a freeway—
(a) a vehicle drawn by an animal; 
(b) a pedal cycle; 
(c) a motor cycle having an engine with a cylinder capacity not exceeding 50 cubic centimetres or which is propelled by electrical power or which is a vehicle as contemplated in paragraph (b) of the definition of motor vehicle in the Act; “

Rudi ·

Krises. Verkoop daai prius en vergeet van tesla… Die is n ouderwetse wet, wat gewysig moet word. Se my, hoe moet sommiges tot by die werk of dorp kom? En hoekom se niemand niks oor die vermeende dronk bestuurder nie?

marianne ·

Waar kom FREEDOM OF SPEACH in? Of geld dit net vir sommiges??? Het enige iemand anders al die fiets en motorfiets ongelukke hierdie week gelees? PLA DIT JULLE NIE! Moet ons hoor eish I’m sorry en sonder HOM of HAAR in ons lewens aan gaan? HOE DOEN MENS DIT – BEGRYP ONS PYN EN HET EMPATIE. …. Dankie dat jy gepraat het ek hoop hulle oe gaan oop en gee jou jou werk terug…

MY VERLIES SAL ALTYD BY MY BLY. … Druk jou eish I’m sorry. EK IS STUKKEND.

JoeV ·

Kan mense wat fiets ry nie lees nie? Hoe hou mens aan lees an mense op fietse wat raak gery word? En op die snelweg? So onodig dat almal se lewens in gevaar moet wees vir pret.

Jean ·

“unfair dismissal ” vat hul hof toe en trek hul kaal uit !!!!
belaglik verby !!!!!

Elzaan ·

Op Facebook het een van my kollegas nou die dag gepost. “I fu#@ing hate white people.” baie baie mense het gelees. Geen haan het daarna gekraai nie. Nou goed behalwe dit. Toe ek net gelees het 40 fietsryers, het ek gedink dis seker maar n resies of iets waarvoor die pad toegemaak is. Want VEERTIG fietsryers is vrek baie. En ek waarborg, sonder twyfel, dat hulle nie in een ry was nie. Ja die bestuurder is vir dronkbestuur toegesluit. Hy hoort nie op die pad nie. Maar daai bestuurder kon net sowel ek gewees het. Ek bly in die Kaap. Die wind was al party dae so erg dat my kar geruk het. En as daar so baie fietsryers om mý was sou ek dalk ook toegesluit geword het. Ek is op daai punt wat ek wil aftrek van die pad af as ek net 10 fietsryers sien. Ja, dis hulle leefstyl en sport en dis goed. So as ek n renjaer van beroep is mag ek maar jaag op die pad. Dis my leefstyl en my sport. En as die wet eenkant toe geskuif kan word vir fietsryers kan ek sweerlik dieselfde doen? Ek praat nie van 1 of 2 wat werk toe ry nie. 40…?

M.G. ·

Elzaan – 100% reg. Dis altyd eienaardig hoe aggressief fietsryers reageer as motoriste kla omdat hulle (1) onwettig op snelweë ry (2) geen padmaniere het en LANGS mekaar en in groepe ry (3) aggressief reageer as motorbestuurders net probeer verbykom en ligweg toet sodat hy/sy kan verbykom op ‘n alreeds smal pad. Fietsry op ‘n snelweg? Ek sal nooit want dis teen die wet en gevaarlik. En sê party kommentare o, mense sê niks oor die dronkbestuurder – natuurlik is dit verkeerd, verbrands – daarom is hy aangekla!

Elzaan ·

My foon is gestel om data te spaar so ek kan net die opskrif lees tensy ek spesifiek daarop ingaan. Toe ek die opskrif lees het ek sonder twyfel geweet, en kliphard gesê, dat dit n wit man is. Ek sê maar net

Amanda Van Vuuren ·

Dis baie duidelik dat die man nog nooit iemand na aan hom aan die dood afgegee het nie?? Lyk my lewe en dood is vir hom n grap tydverdryf?? Disgusting! jammer se is nou te laat!

SkarrelKind ·

Amanda – almal het al iemand aan die dood afgestaan. En ek simpatiseer met jou en met mense wat al het, maar wat van vryheid van spraak? Hy HOEF nie met hulle simpatiseer as hy nie wil nie. Elke liewe flippen kommentaar gooi op ‘n tyd iemand se trollie om. Dis die lewe. Omdat jy iemand aan die dood afgestaan het en jy nie van die uitlating hou nie, moet hy afgedank word? Waar gaan dit stop? G’n mens sal meer ‘n uitlating mag maak nie. Dis mos belaglik!

Johannes Meintjes ·

As die Nuwe SA se “owerhede” een werkegwers soveel energie en fokus aan konstruktiewe regering sou afstaan as wat daar tans teen landsburgers wie in frustrasie uiting gee opgetree word, sal dit met ons goed gaan, meen ek.

SkarrelKind ·

Johannes, ek het ‘n vriend wat altyd sê as ‘n leier nie weet hoe om groot probleme op te los nie, dan los hy al die kleintjies op wat eintlik niks beteken nie – net om te probeer bewys hy is in beheer. Klink dit vir jou reg? Dit klink vir my so.

Drean Venter ·

Ek het vir jare self fiets gery en ek stem 100% saam met die Kevin ou wat nou sonder werk sit! Dis teen die wet vir n fietsryer om op die snelweg te ry en klaar! Ja die bestuurder was tien teen een dronk, maar as hulle by die verkeerswette gehou het, was hulle nie in daardie situasie nie… Kevin het dit op sy persoonlike Facebook profiel gepost, nie die stasie s’n nie, hy is ook soos ek verstaan nie n publieke figuur (bv. Aanbieder) nie, so waar is die vryheid van spraak? As ek hy was, sou ek vir hulle gedagvaar het!

Elna Kupke ·

Ek dink hy het dit eindelik sarkasties bedoel. Die klomp wat nou so kla, voel nou seker BAIE GOED!!

Drikus ·

Ek ry self fiets, en het innige simpatie met die geliefdes van die families van die oorlede fietsryers. Kevin se opmerking verdien egter stof tot nadenke; hy is immers in die joernalistieke veld. Dit is tog waar debat gestimuleer word. Hy behoort sy werk terug te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.