Radioman saai tydelik nie uit oor Covid-19

Rian van Heerden (Foto: JacarandaFM)

Die Jacaranda FM-omroeper Rian van Heerden het positief getoets vir Covid-19.

Jacaranda FM het die nuus Woensdag op sy webwerf bevestig.

Luidens inligting het Van Heerden Maandag ʼn operasie ondergaan om ʼn niersteen te verwyder toe hy positief vir die koronavirus getoets het. Die aanbieder van die laatmiddagprogram The Scenic Drive with Rian sal dus vir die volgende ruk nie op sy pos wees nie, het die radiostasie bevestig.

Van Heerden het intussen op Facebook geskryf dat hy geen simptome van Covid-19 toon nie en so gou moontlik weer wil uitsaai.

“Ek vra om verskoning dat ek die afgelope maand of wat so min agter die mikrofoon was. Dis asof ʼn magdom mediese issues gelyktydig uitgebroei het. Nou ja, 46 is nie vir sissies nie, veral nie met my soort leefstyl nie.

“So [my] niersteen is vandag uit, maar vanaf môre [is ek] in selfisolasie met my Covid-19. Gelukkig asimptomaties. Maar soos ek vantevore gesê het, ons sal hom almal eventually kry,” lui die inskrywing.

Van Heerden se stiefpa, Jules van der Merwe, is in Augustus aan Covid-19 dood. Sy ma, Rona van der Merwe, het in Julie positief vir die virus getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PieterP ·

As hy en so paar van sy maatjies van die lug afbly luister ek dalk weer na die stasie

Niklaas ·

Dis nogal kommerwekkend dat soveel mense in hospitale, nogal van alle plekke, die Covid 19 virus optel. Ten spyte van al die maatreels wat daar getref word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.