Radiostasie gekap oor gekskeer-oproep

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Donderdag gekap na ʼn radio-omroeper in Johannesburg wat ʼn gekskeer-oproep na die hulplyn vir geslagsgebaseerde geweld gemaak en haar as ʼn ontstelde matrikulant voorgedoen het.

Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement, het gesê die departement het eers later besef die oproep kom nie werklik van ʼn matriekleerder nie, en dat dit bloot ʼn poets was. Sy het bevestig ʼn omroeper van ʼn gemeenskapsradiostasie het die oproep gemaak, maar het nie die naam van die radiostasie bekendgemaak nie.

“Die voorval was ʼn jammerte omdat die tyd wat op die oproep gemors is eerder konstruktief aangewend kon word om ʼn leerder of ander mense wat werklik hulp nodig het, te help,” het sy gesê.

Volgens Oliphant het die omroeper aan die maatskaplike werker gesê dat sy nie haar naam in die koerant sien nie en daarom vermoed sy het gedruip. “Daar kan gehoor word hoe die maatskaplike werker op ʼn kalm en professionele manier aan die inbeller sê om die nommer te skakel wat deur die departement van basiese onderwys verskaf word en nie net op die koerant staat te maak om matriekuitslae te bevestig nie.”

Die regering het vroeër beklemtoon dat matrikulante hul uitslae by hul skole of direk by die departement moet kry as geloofwaardige bronne vir matriekuitslae.

Oliphant het gesê die departement waardeer die rol wat die media speel om die publiek in te lig en op te lei en die regering verantwoordbaar te hou, maar “die misbruik en spot dryf met ʼn noodsaaklike hulpbron kan nie aanvaarbaar wees nie”, het sy gesê.

“Met behulp van die media het hierdie hulplyn ʼn ongekende hoeveelheid oproepe sedert middernag ontvang van angstige matrikulante en hul ouers wat bekommerd is oor die toekoms van hul kinders.”

Matrikulante word steeds aangemoedig om gebruik te maak van die hulplyn deur 0800 428 428 of *120*7867# te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Xavier ·

Ag siestog. Dit moet seker maar erg wees om sonder ‘n goeie sin vir humor deur die lewe te gaan.

Jaco Labuschagne ·

‘n Grap op sy tyd laat almal lag. Hierdie was nie die plek of die tyd nie. Jy praat seker ook mense goed wat noodnommers onnodig bel of wat bomdreigemente maak. Dit is mos pret en plesier om skaars hulpbronne en kosbare tyd van nooddienspersoneel te vermors, of hoe?

MM ·

Passop dit is ‘n bylae 1 misdaad! Die omroeper kan homself in baie groot moeilik bevind.

My tweesent bydrae ·

Een van die dae gaan dit onwettig wees om n grap te maak . Daardie tyd wat gemors is op die oproep gaan nou werklik nie n asrdbewing veroorsaak nie .

Nico ·

Dit is ‘n oer-ou Leon Schuster grap uit vrypostige mikrofoon se dae. Hoop hulle gee hom erkenning.

Lance ·

Wat van no 1 wat meer in die hof is as op kantoor en belasting gelde gebruik om sy bas uit die tronk te hou …dis BAIE erger as die ou oproeppie van 2 min.

Mauzi ·

Dis nonsens dat mense hulplyne gebruik om mee gek te skeer. Glo nie mense besef deur watter stres matrikulante en hul ouers gaan nie,en dan is daar narre wat niks beter met hul tyd te doen het nie.

ina Smith ·

Dis pateties en jammer dat die radio stasie se bestuur die erns van ‘n hulplyn musbruik het , ‘n grap is net snaaks as iemand daaroor lag ,, Hulp lyne is daar vir ‘n doel . soms is ‘n grap nie snaaks nie ..

Jan maak n plan ·

Shame ag siesi tig. Die mense by die hulp lyn se tyd is gemors. Hulp Amerikaanse hoender het seker nou koud geword of hulle slapie is versteur. MAAR te danke aan die radiostasie se gekskeerder het hulle nou blootstelling gekry en kry hulle nou glads oproepe van mense af.

Pieta ·

As die kinders en ouers hul kant gebring het deur die jare was dit nie nodig om te stres nie. My kind het nou matriek geskryf en ons het glad nie nodig gehad om n noodnommer te bel nie. Dit was seker maar Wackhead?

Johanna Botha ·

Ek het al n hulplyn gebel en goeie jimmel die onbeholpenheid was net skokkend en op n ander vlak … het my laat dink die mense wat daar werk het eintlik meer hulp nodig as die wat inbel vir hulp !

speedguard ·

Ek het destyds al gedink ou Leon tree buite sy perke op, is sy flieks nie maar erg rasisties om sekere mense groepe uit te sonder nie myy beskeie mening is dat hy sommer laf en on van pas optree!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.