Radiostasie skors twee ná grap oor Stellenbosch-gesinstragedie

5FMʼn Omroeper en vervaardiger van die radiostasie 5FM is geskors nadat daar Donderdagoggend tydens die stasie se ontbytprogram grappe gemaak is oor die voorval in Stellenbosch waar ʼn ouerpaar en hul seun vermoor is.

5FM het op sosiale media gesê die grappe is tydens die ‘Fresh and Vrot-insetsel’ gemaak en is in “uiters swak smaak”. Die radiostasie het onvoorwaardelik om verskoning gevra. “Die stasie het twee lede van die span geskors en het die besluit geneem dat vanoggend se ‘Fresh and Vrot’-insetsel die laaste was.”

Die omroeper Sol Phenduka het Donderdagoggend verwys na die moorde op Martin van Breda, sy vrou Terese, en hul seun Rudi (22). Die egpaar se ander kinders, Henri (20) en Marli (16), het die aanval oorleef. Marli is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal.

Phenduka het glo gesê dis “fresh” dat Marli leef, aangesien sy die enigste persoon is wat haar aanvaller kan identifiseer. Hy het glo ook gesê sy is “pragtig” en “I would like to axe her out,” en “I wouldn’t X her.”

Phendula en Brendon Lombard, vervaardiger van die ontbytprogram, is vir drie dae geskors.

Phenduka het op Twitter gesê: “Ek wil graag om verskoning vra aan 5FM luisteraars wat aanstoot geneem het oor vandag se Fresh & Vrot. Die bedoeling was nie om aanstoot te gee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Schalk ·

Dit is duidelik dat hy hom verlustig daarin. 5fm is in elk geval nie meer iets om na te luister nie.

Jaco Daubert ·

Kyk, ek weet ek mag nie se wat ek nou so bitter graag wil nie. Maar die vermeetelheid van die persoon se komentaar is ongelooflik onsmaaklik. Nie net is dit n onsmaaklik nie, maar die arogante omroeper sal nog like om die persoon ‘uit te vra’!! Sulke gemors laat my bloed kook

boesman ·

5FM is anyway net n gemors. Kan netsowel die stasie maar toemaak.

rsadutchman ·

Hierie ouens dink op hulle voete – dis lewendige radio.As hulle iets stupid sê – SE WHAT!!
Duidelik is almal van julle kommentatore Radio Pretoria luisteraars }}}}}} sal ons na nog n walz luister of n 1960’s Al Debbo liedjie?.

Esther Coetzee ·

So what as mense na Radio Pretoria luister, óf na ‘n wals,óf na ‘n Al Debbo leidjie. Dis hulle vrye reg om dit te doen. Net soos dit jóu vrye reg is om so ‘n vrye sê te hê oor ander mense. Wie is jy after all?

Marianna ·

Ek dink dit gaan oor wat wie luister nie….maar we’ll die ligsinnigheid waarmee die omroeper verwys na die gesins-tragedie…uiters swak smaak en geen respek vir ander se hartseer nie! Dit dui duidelik op patetiese karakter…kry liewers n ander werk!

tjaart ·

@rsadutchman. Dink op hulle voete se GAT. Dit was ongelooflik onsmaaklik en ongevraagd.

Erika ·

Dit gaan nie oor die radiostasie en wat hulle speel nie. ‘n Gesin is wreed vermoor en sy le kritiek – alleen oorgebly. Dan kry jy ongelukkig ongevoelige mense soos daardie wat sulke opmerkings maak. Dit kan dalk net weer ‘n kleur ding wees. Het glad nie sulke mense op radiostasies nodig nie. Sterkte Marli en die familie. Dis verskriklik om iemand na aan jou te verloor en dan nog op so ‘n wrede wyse. Baie mense bid vir julle

SNEL ·

Ek stem, wat is dit met die skorsing, steek hom in die pad. Daai opmerking is skokkend, as hy n omroeper wil wees moet hy weet om op sy voete te dink en nie net iets sê en uitblaker voordat hy dit oordink het nie. Om so opmerking te maak nadat n gesin deur so verskriklike tragedie is en dink dis n grap is uiters swak, dis laer as laag. Haal hom van die lig af, hy moes geweet het wat hy doen. Wys net wat gaan in sy kop aan, waarvan die hart van vol is …….

charles ·

Jag die gemors weg wonder wat sou hy op sy voete gedink het as dit sy familie was

Louis Brits ·

Dit is apartheid se skuld.Hoe kan julle so gou vergeet!!

Marietjie ·

Sy kommentaar was “Vrot” en nie “Fresh” nie. Wonder net hoe hy sou voel as die kommentaar oor sy familie gehandel het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.