Radioveteraan Fanie Smit oorlede

Fanie Smit. Foto: Facebook via Monitor en Spektrum

Fanie Smit. Foto: Facebook via Monitor en Spektrum

Die radioveteraan Fanie Smit is Woensdag in die ouderdom van 80 oorlede.

Die Afrikaanse radiostasie RSG, waar Smit jare lank die program Loof die Here aangebied het, het die nuus op hul Facebook-blad bevestig. Smit is glo aan kanker oorlede.

Smit het ʼn lang verbintenis met radio gehad. Nadat hy in 1963 sy studie in teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) voltooi het, was hy vier jaar lank verbonde aan die NG Kerk se Sendingaksie in Malawi, waar hy behulpsaam was met die vervaardiging van godsdienstige programme vir die inheemse kerk.

Volgens RSG se webwerf was Smit die eerste regisseur by TV1 se nuutgestigte departement vir godsdienstige programme. “Afgesien van die gereelde formele programme, was hy ook verantwoordelik vir TV-reekse soos Bybel-ABC, Op die Voetspore van Christus, Akko – Spieëlbeeld van die Beskawing en ander dokumentêre programme.” Hy het ook as vryskutregisseur verskeie reekse vir TV2 en TV3 vervaardig.

In Februarie 1972 het hy met sy vryskutprogram Alle Volke Loof die Here begin. Sedert 1996 word die program onder die titel Loof die Here op RSG uitgesaai.

Mercia Eksteen, woordvoerder van die ATKV, het in ‘n verklaring gesê hulle het met leedwese kennis geneem van Smit se afsterwe. “Fanie sal onthou word vir die wyse waarop hy Afrikaanssprekendes se kennis en waardering van gewyde koorsang verruim het deur middel van die radioprogram Loof die Here,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Essie ·

Dit was n voorreg om Sondag oggende na sy program te kon luister. Liefde aan die familie en gesin in die tyd wat ook nou voorle.

Marie Helm ·

Sondae sal nooit weer dieselfde wees nie. Fanie Smit se stem en die wonderlike musiek was so ‘n perfekte voorbereiding vir die Erediens. My innige meedelye met familie en vriende, ook die duisende radio-vriende wat elke Sondag geluister het.

Ludwig ·

Mens gaan voel ‘n familielid het weggeval, want Sondagoggende het Fanuie altyd hier in my huis gekuier en gehelp m die regte geestelike stemming te skep voordatg ‘n mens kerk toe gaan. Ek hoop RSG vind dadelik iemand om hierdie proragm Sondagoggende voort te sit. Intussen word Fanie se famile en naabestaandes sterkte toegebid.

Tertia ·

RIP. Ek gaan sy stem mis op ”n Sondag oggend. Dit was altyd lekker om na hom te luister terwyl ek klaargemaak het vir Kerk. Sy rustige stem het vir my innerlike kalmte gegee en in die gemoed geplaas vir die erediens wat voorlê. Speel gerus jou engele liedere in die hemel!!

Hendrik ·

Oom Fanie het my siel aanmekaargehou hier in die VSA. Ek het sy program so 01:00 die Sondagoggend hier by ons met my iPhone opgeneem en dan het ons gesin daarna geluister as ons opstaan en regmaak vir kerk. Dit gaan ‘n groot man vat om sy skoene vol te staan, maar ek hoop dat dit sonder onderbreking sal voortgaan.

charles groenewald ·

Loof die Heer want Hy is Goed! Groot geword met jou muziek,ek het net my ouers se liefde vir jou musiek
voortgesit,Sal jou stem beslis vreesllik mis .My Innige meegevoel met sy naasbestaandes en familie. Wat God doen, dit is welgedaan….

Heila Slater ·

My hart gaan uit na mnr. Smit se familie en vriende, mag hulle innerlik krag en genade ontvang om sonder hom aan te gaan met hulle lewens.

Dit was met groot waardering dat ek Sondag oggende na sy program, “Loof die Here,” geluister het terwyl ek op pad was kerk toe. Sy plek in ons samelewing gaan leeg wees.

My hart gaan uit na mnr. Smit se familie en vriende, mag hulle innerlike krag en genade ontvang om sonder hom, aan te gaan met hulle lewens.
Ek het met groot waardering na elke program van hom geluister, sy plek gaan leeg
wees in ons samelewing, want niemand sal sy skoene kan volstaan nie. Ek dank die Here vir die jare wat ek bevoorreg was om na sy program: “Loof die

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.