Radiovrou gepos oor ‘Dros-verkragter’-twiet

Mavovana se twiet.

Die radiostasie YFM het een van sy onafhanklike kontrakteurs die trekpas gegee nadat sy rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak het.

Camagwini Mavovana, ʼn radiovervaardiger vir YFM, het op 16 Oktober op Twitter uitlatings gemaak oor Nicholas Ninow wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in ʼn Dros-restaurant.

Mavovana het soos volg op ʼn eNCA-berig gereageer: “Nicholas is representing his race very well. Amnesia is something they’re good at especially when they have to take accountability. Let the dog rot in jail and call it a rap.”

Haseena Cassim, besturende direkteur van YFM, het bevestig Mavovana is geskors nadat die plasing onder die aandag van die radiostasie se bestuur gebring is. “Ná deeglike oorweging is me. Mavovana se kontrak met YFM gekanselleer.”

Volgens Cassim is daar geen verskoning vir die uitlatings wat deur Mavovana gemaak is nie en word dit ten sterkste veroordeel. “YFM sal nie rassisme of rassistiese uitlatings in enige vorm of van enigiemand duld nie.”

Unisa-lektor ondersoek ná twiet

Mckay se twiet.

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het intussen bevestig dat hy ʼn ondersoek doen ná uitlatings wat ʼn lektor aan die universiteit op Twitter gemaak het.

Prof. Tracey McKay het op Twitter uitlatings gemaak oor die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS). Sy het onder meer geskryf dat van die studente wat hulp van NSFAS ontvang, dit gebruik vir “pruike, haarstukke en alkohol”.

“Of course some also buy cars and fridges et al with bursary money. That’s the issue here. One thing buying stuff with your parents money. Another thing buying it with tax payers money and pretending its about textbooks.” (sic)

McKay het die uitlatings gemaak in antwoord op ʼn ander Twitter-gebruiker wat gevra het hoe die verkope van handboeke kon afneem as NSFAS vir studente R5 000 gee om aan boeke te bestee.

Unisa het in ʼn verklaring gesê McKay het om verskoning gevra vir die twiet en dit verwyder, maar die universiteit sal steeds met optrede voortgaan.

“Die universiteit beskou prof. McKay se twiets en optrede in ʼn baie ernstige lig en as uiters beledigend en strydig met die waardes en etos van die universiteit. Die universiteit glo ook dat prof. McKay se twiets rassistiese ondertone bevat en moontlik ook strydig is met die universiteit se beleid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Erika

Maar is dit die waarheid?? Ek kan nie dink haar stelling is vergesog nie. Maar dit gesê sosiale media het ‘n gevaarlike plek geword. Hou maar eerder jou opinie vir jouself.

Ray

SA se vervolgings wette oor haatspraak behoort hier gebruik te word. Aangesien vervolging so maklik aan die gang gesit kan word seur enigiemand wat net ‘n punt wil oorbring. Waar is die MRK nou? @ Camagwini Mavovana

Frm

Aggenee wat sa raak nou n grap. Ons kan maar net lag oor al die goed. Hulle wil ons kwaad maak en ek weier om tot op hulle vlak of is dit tak te daal.

JohanR

Eerstens. Hoekom vra iemand nie of Prof Tracey McKay nou eintlik verkeerd is? Nie die eerste maal dat ek hoor dat die geld nie vir handboeke gebruik word nie. Hoekom word die geld in alle geval in studente se hande gesit? Dit behoort ondesoek te word, want dit is belastingbetalers se geld? Tweedens. Weet iemand by watter kruising bedel Camagwini Mavovana nou?

HPV

Erika, lees die twiet met aandag, sy veralgemeen dit as die blanke ras. Mense soos sy verdien nie enige werk in die uitsaaiwese of enige simpatie nie.