Rage reageer ná matriekmeisie se ‘verkragting’

Argieffoto: sasint / Pixabay

Die organiseerders van die gewilde Rage-partytjies het Vrydag gesê hulle is bewus van bewerings dat ʼn tienermeisie vandeesweek te midde van die vieringe in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verkrag is.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde verkragting het Maandag in ʼn hotel in Umhlanga plaasgevind.

“ʼn 18-jarige meisie is na bewering deur ʼn 18-jarige seun verkrag. Die verdagte is aan haar bekend,” het lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

ʼn Saak van verkragting is by die Durban-Noord-polisie aanhangig gemaak, waarna die jong man in hegtenis geneem is. Die man sou na verwagting Vrydag in die hof verskyn. Die uitkoms van die verrigtinge is nog nie bekend nie.

Rage-partytjies het oor die afgelope paar jaar ʼn gewilde jaarlikse instelling geword vir skoolverlaters wat op kusdorpe landwyd toesak om hul matriekvakansie daar deur te bring.

Darren Sandos, woordvoerder van Rage Festival, het by navraag van Maroela Media die beweerde verkragting veroordeel.

“Ons neem die veiligheid van alle feesgangers baie ernstig op en veroordeel alle dade van seksuele geweld. Ons versoek die media en die publiek om kommentaar te weerhou totdat ʼn regsuitkoms deur middel van die behoorlike regsprosesse bereik is,” het hy gesê.

Sandos het gesê die nodige owerhede is besig om die saak te ondersoek en hulle bied hul samewerking met alle partye verbonde aan die ondersoek. Hy het gesê Rage sal ook die nodige ondersteuning bied waar hulle kan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pop ·

Ja Martin. 18 jr en in hotel. Ons het elke jaar diè tyd hier n toestroming van die kinders in hulle miljoene rande voertuie en arrogansie. Laas jaar het 4 seuns by ons verby gestap en met hulle terugkeer 2 trollies vol drank gestoot . Ander het kaste bier gedra. Dit maak mens moedeloos op noordkus met al die vakansiegangers. Ons kan nerens heengaan want kinders vandag het geen maniere nie.

LB ·

Pop, ek verstaan nie mooi nie? Kan jy nêrens gaan nie want jou kinders het nie maniere nie?
Ek ken baie kinders met mooi maniere, en met sterk beginsels.

Cherokee ·

Dit is nie teen die wet nie.
Dit is nie teen die wet nie.

(sien, ek doen sommer ‘n twee in een)

Pop ·

LB jy het seker jong kinders. Daarom die sarkasme. Myne is al by 50 jr oud.

Geliefd ·

Wat soek ‘n 18 jarige dogter daar? My seun het laasjaar Plet toe gegaan, hy was verstom. Sy kommentaar was, nie een van sy sussie of boetie sal soontoe gaan nie. Dit is walglik….

Ada ·

Baie jongmense word in die afgrond in gelei deur ouers wat “in” wil wees saam met die kinders.Moraliteit word oorboord gegooi en die kinders ly egter daaronder.

Mauzi ·

Waar in jou lewe gee jy tieners vrye vleuels,n bol hormone met toegang tot dranken geen toesig? “Ek het my kind goed opgevoed ” snert man! Geen tiener het perke tussen drank en vriende nie,maar as die snert verby is sit hulle met ongewenste swangerskappe,vonisse en Vader behoed dit begrafnisse. Maar volgende jaar doen ons dit weer. As jy n ouer van n “ordentlik groot gemaakte tiener ” is sou jy jou deuntjie bitter gou verander as jy n vlieg teen n muur kon wees en die “ou wegbreek kansie ” kon aanskou.

lvh ·

En dan is daar nog ouers wat hierdie tipe vakansies aanmoedig. “Hulle is nou groot en moet hulself geniet”!! Hierdie kind en vele meer se lewe is in 1 keer verwoes.

Hendrik van George ·

Hierdie matriek kinders se walglike gedrag moet net nie meer geduld word nie. Totaal onaanvaarbare gedrag! Kyk ma na video’s van die getuig – sies mense. Ongelukkig weet die kinders nie wat binne perke is hier. Gelukkig is daar baie wat nie belangstel in hierdie stories nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.