Ramaphosa aan boere: ‘Almal in SA het rol om te speel’

Pres. Cyril Ramaphosa spreek ‘n gehoor in Stellenbosch toe, in aanloop tot die nasionale verkiesing. (Foto: MYANC via Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het wéér die versekering gegee dat grondonteiening nét ingevolge wetgewing gedoen sal word.

Ramaphosa het onder meer boere, landbouorganisasies, sakelui en akademici Dinsdag in Stellenbosch in die Wes-Kaap ontmoet, in aanloop tot die algemene verkiesing aanstaande maand. Lede van die gehoor het vrae aan Ramaphosa gestel, waarop hy gereageer het.

‘Bly hier’

Ramaphosa het gesê dat hy Suid-Afrikaners wat die land verlaat het, wit en swart, gaan aanmoedig om terug te keer, omdat hulle vaardighede hier nodig is.

“Ek wil nie hê jong, wit Suid-Afrikaners moet die land verlaat nie. As ek kon, het ek hulle aan ʼn boom vasgemaak en gesê, moenie gaan nie. Ek wil jou in dié land hê. Ek wil alle vaardighede hê.

“Ek dink die gevoel wat sommiges het dat hulle nie welkom is hier nie, is heeltemal onwaar. Ons moet ʼn balans vind, ons moet almal bemagtig en vir almal geleenthede vind. Almal hier het ʼn rol om te speel,” het hy gesê.

Burokratiese rompslomp

Ramaphosa het gesê hy is ook deeglik daarvan bewus dat burokrasie dit dikwels moeilik maak om sake in Suid-Afrika te doen en dat hy dit al self as ʼn sakeman en boer ervaar het. “Dinge beweeg te stadig en dit verstadig die groei van ons ekonomie.

“Ons moet begin met ʼn groot hervormingsproses om vertragings uit die weg te ruim. Ek wil hê burokratiese prosesse moet met 50% van die tyd wat dit gewoonlik neem om iets te doen, gesny word. Dikwels is daar geen rede waarom dinge so sloer nie. Soms is mense net lui, of soek hulle iets vir hulself onder die tafel. Al hierdie dinge moet uit die weg geruim word, sodat ons sake kan doen,” het hy gesê.

Ramaphosa het gesê die tyd vir praat is verby en dat Suid-Afrikaners nou sien dat dinge begin gebeur.

Grondhervorming

Ramaphosa het ook weer die versekering gegee dat grondhervorming ingevolge wetgewing gedoen gaan word en dat grond nie sommer gegryp gaan word nie.

Hy het egter ook ʼn beroep gedoen op grondeienaars om met empatie teenoor hulle werkers op te tree. “Enige plaaseienaar is in ʼn veel sterker posisie as ʼn plaaswerker. Behandel mense met menslikheid. Dit sluit aan by die grondhervormingsproses,” het hy gesê.

“Ons moet almal in ʼn demokratiese land bly waar die kleur van jou vel nie bepaal hoe jy moet lewe nie.”

Ruim struikelblokke uit die weg

Volgens Ramaphosa gaan die land steeds gebuk onder verskeie groot probleme, waaronder werkloosheid, ongelykheid en armoede. Hy het ook na die probleme by Eskom verwys en gesê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, verskaf daagliks ʼn verslag oor die situasie by kragsentrales landwyd.

“Dit wat ons as Suid-Afrikaners definieer, is ons vermoë om saam te werk om probleme op te los. Al die probleme in ons land het oplossings, of dit nou grondhervorming, produktiwiteit, misdaad of armoede is. Daar ís oplossings. Ons moet net gaan sit en met respek met mekaar praat. Luister,” het Ramaphosa in Afrikaans gevra.

Die president het gesê die land ruim stadigaan sy probleme uit die weg en dat daar ʼn toekoms vir alle Suid-Afrikaners is. “Kom ons vind ʼn balans. As ons dit nié doen nie, gaan mense self oplossings probeer vind. Ons wil nie eensydige oplossings hê nie, ons wil oplossings hê waaroor mense saamstem.”

‘Glas is half vol’

Ramaphosa het gesê daar word van diegene wat reeds baie uit die land gekry het, verwag om meer te doen om sake te verbeter. “Die glas is nie halfleeg nie, dis half vol. Hoe herstel ons die foute van die verlede? Sommige foute het gelei tot regeringsprobleme, korrupsie wat sy weg gevind het tot in die kern van die politiek. Ons gaan ontslae raak van die foute wat ons gemaak het, die korrupsie wat ingetree het. Ons het reeds stappe gedoen om ontslae te raak van die korrupsie,” het Ramaphosa onder applous gesê.

Hy het gesê die private sektor – en nie net die regering nie – moet ook ʼn rol speel om korrupsie uit te roei en dat kommissies (soos die Zondo-kommissie wat staatskaping moet ondersoek) moet verseker dat die foute van die verlede nie herhaal word nie.

“Die glas is half vol, maar dit beteken almal van ons gaan moet saamwerk. Almal in die land moet voel hulle het ʼn aandeel hier. Sommige mense het geen bates nie, geen eiendom nie. Sommiges voel hulle het geen toekoms nie…”

Ramaphosa meen egter daar is wél ʼn toekoms in Suid-Afrika en het ʼn beroep gedoen op diegene wat in die posisie is, om geleenthede vir almal beskikbaar te help maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Susanna ·

Hoekom hier bly as hulle in ander lande beter kan vaar? Raak ontslae van julle geliefde BBBEE en gee die witmense ook werk. Hoeveel der duisende witmense kry nie werk nie agv hulle vel kleur. So hoekom in die hel sal hulle hier wil bly?? Lip Service Indeed!!

Morne van der Berg ·

Ok ek sal ‘n rol speel. Is daar nog ‘n opening vir Drama Queen?

B ·

Hy kon nie regtig anders geantwoord het op daardie vraag in daardie gehoor, kon hy?

Hoe sou dit nou klink as hy reguit gese het hoe hy voel, naamlik dat die settelaars hulle ry moet kry?

(En nou swymel die naiewes weer voor CR)

Leeu ·

En wat van plaasmoorde ou Cyril, jy wil hê die blankes moet bly, maar tog weier jy om te glo wat besig is om te gebeur? Nes Mmusi, kan net praat, kan absoluut niks doen nie. Of wag, jy stel kommisie na kommisie aan om bedrog geld veilig te hou in die ANC.

Rudi ·

Ja Dingaan het ook vir Piet Retief om die bos gelei. Jy is stupid as jy vir Dingaan se kind glo!

Riaan ·

Bla bla bla. Jy mors jou asem cyril! Ons is nie die gewone gebrainwashde anc ondersteuner nie, ons sien deur jou stemwerwery! Anc en da is en bly rasisties so blankes het geen toekoms in SA.

jAN ·

regte manteldraaier
blaf saam met die honde ,tjank saam met die jakkalse

Boer ·

Wat my die meeste bekommer is dat daar baie wit mense is wat hierdie bog glo……

Nel ·

Vergeet ‘n slag van grondhervorming en gee eerder jou aandag aan die groeiende misdaad en geweld in jou land. Kry dit eers onder beheer dan sal ek besluit of ek hier wil bly of nie.

Fanie ·

Meneer die President. Jy is dood reg ek en my familie voel onwelkom in hierdie land. Maar ek het ‘n oplossing vir jou. Dis eenvoudig. Dit sal jou ook nie baie tyd neem nie. As jy ‘n pen soek; sal ek ook een vir jou gee.
Skaf regstellende aksie totaal en la af; dan sal ek weer welkom voel. Tot jy dit nie doen nie, kan ek niks anders as onwelkom voel nie.
Groete

Christien vd Westhuizen ·

Heeltemal reg elkeen in SA het n rol te speel die een groep moor breek af en verwoes die ander groep bou op en hou hulle bek

Vryheid ·

CR gaan oor in aksie! miskien dan sal ons jou lipservice glo

gatiep ·

Hoe op aarde kan ek dit glo.
Al wat ek kan dink hoekom hy so iets sal se is hy is bang mense vat geld land uit dan kan sy maatjies in ANC nie die geld kry nie.

Pieter h ·

Hy het n breek nodig gehad en wou bietjie met rykes kuier wat ook “grand” plase soos hy het. Moes se wat hulle graag wil hoor. Hy gaan nog steeds soos Dingaan n Piet Retief op die boere trek.

David ·

Ons het, of is besig om te, betaal vir ons grond. As jy dit wil weggee, betaal jy ons eers daarvoor !

Wonder net ·

Ooooo met ander woorde die wit boer moet sy werkers met menslikhied behandel, maar die werkers self is die wat saam EFF en ANC staan rondom grondonteiening sonder vergoeden en heel moontlik inligting gee en beplan om n plaasmoord te pleeg ook. Nee wat ou Cyril, jy maak net lee beloftes. En nou moet blankes bly, so asof julle nie sonder ons kan regkom nie.

Judge Dredd ·

As die wit mens weg is:

Wie sal die land nog aan die gang hou?
Wie sal taks betaal vir al ANC se “welfare state”?
Wie sal die ANC dan blameer van rassisme om sy eie onbeholpenheid/korrupsie te verdoesel?
Wie sal die ANC dan misbruik kom verkiesingstyd om stemme te win?

Jaco ·

Judge dredd, jammer om jou bubble te bars, maar as die eienaar van n groot fabriek kan ek jou wel inlig dat die groot geld onder my nie blanke klandisie lê, en hulle is almal eerlike mense wat ook belasting betaal, die geldmag is verseker nie in blankes se hande meer nie.

Ben Potgieter ·

Die president laat my dink aan troues.Wanneer die bruidegom se vriende vir hom sing”How the hell can we believe you” Ek vra ook hoe de hel kan ons jou glo wanneer talle kennisse met goeie kwalifikasies hoe lank al werk soek sonder sukses.Die rede,regstellende aksie.Dis net Stellenbosch se mense wat hom glo en vertel hulle gaan nou ANC stem.Ons is maar klein persentasie in die werksmag en dit lyk of hulle bang is vir ons.Vra maar vir die manne in die myn bedryf hoe hulle gevloek word deur swart ingenieurs.Van hulle is oppad oorsee vir beter werk geleenthede.Hier bly vir wat ?

Chris ·

Ben ek stem saam dit is Stellenbosch en Sandton se mense dan reken hulle nogal hulle praat namens al die blankes. Hoe se hulle “Dream on”

Ryan ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat aanhaangers is nie. Wat elke woord glo wat hy sê en hom applous as hy praat. ‘n bietjie laat om nou te wil keer dat blankes die land verlaat. So 20 000-50 000 moorde te laat. Dan uiter hy goed soos “swart woede” is heel verstaanbaar.die eff en blf maak soos hulle wil, die hrc help nie. Die iec help nie. Niemand help nie. En nou wil jy saamstaan?blankes aan bome vasbind..? Nee man!!

Willie ·

Ag asseblief, wat aksie en wys bietjie jy hou net imbizo nie…. Gooi jou Ace ook sommer

Anoniem ·

Mr President please stop acting and stand up and become the President. At this stage you are not a President who you are suppose to be. You are devided and one day you say this and the nest day you say that. We as whites will even borrow money to send our children out of this country. We want a President who can stand up for white and black. Who can ensure jobs for white and black. We want a President who will send even his own son to jail if needed for corruption. Who did they prosecuted and who did they send to jail since you became President “NONE”

Johan ·

Almal het glo ‘n rol om te speel in Suid-Afrika. Maar die Blankes se rol is volgens die ANC se mening maar bitter klein.

Hannetjie ·

Maar die Prez van ons kan vreeslik lieg .Alles verkiesi gs snert.So jammer die ouens hom glo

Action ·

Mnr President, Action Speaks Louder then Words. Begin dalk iets doen aan die goed wat verkeerd is en on sal jou glo.

Trojaanse Donkie ·

Aan bome vasmaak? Waarmee en vir hoelank, Gaan kla hom aan by MRK

Plan ·

Die “vaardigheid” is in die land, hulle mag net nie aangestel word nie, aangesien hulle wit is…

Piet ·

Ek het gedurende die apartheids jare gese doen weg met apartheid gee almal n gelyke kans maar as ek toe geweet het wat ek vandag weet het ek liewers aanhou baklei vir apartheid. Vandag is wit kinders se lewens in SA niks werd nie. Rhamaposa gee nou net vir die wittes moed op die hoop hul sal vir hom stem?

Basjan ·

Piet, met apartheid het ons tyd gekoop om ons toekomsplanne agtermekaar te kry. Party mense het die geleentheid benut om uit te wyk na ander lande. Die wat agtergebly het moet maar probeer om hul daaglikse lewe te vergemaklik totdat ons ons laaste asems uitblaas. Die ou SA wat ons geken het is weg, vir altyd.

JG ·

Ooo, julle het al begin om die korrupsie aan te spreek ??? So wat soek Ace nog daar ?

E.K. die eerste ·

Ek het stukkies geluister – hy het nooit DIREK gesê wat sy eintlike plan is nie. Soos ‘n meesterstrateeg om dit gepraat en mense “gerus” gestel. Pas op wat julle glo

Boet Fasie ·

Ag dit is net verkiesings praatjies tot die ANC of DA aan bewind is dan gaan jy sien hoe gaan die boere gebraai word, mens kan nie die ANC of DA glo nie, nie vandag nie en ook nie more nie, nooit nie.

Stephanus ·

CR is ‘n leuenaar, mens kan NIKS glo wat hy sê nie!!!?

RG ·

Nogal interessant om te sien hoe die kommentaar verander het na een jaar. Laas jaar die tyd het meeste positief gevoel oor ou CR. Nou is hier nie een “gee die man ‘n kans” kommentaar nie. Ja, ons afrikaners leer maar moeilik, maar tog. Dalk het ons nou finaal die Piet Retief les onder die knie en dan kan dit met ons net beter gaan vorentoe.

Neels ·

RG geluk met jou stelling n stelling deur my waar ek ook Piet se nm gebruik het is sumiet uit gegooi mooi man

Judge Dredd ·

Tog was daar die wat nogsteeds hande geklap het vir hom.

Stephan ·

Ja almal het ʼn rol om te speel. Ons is net hier om gemelk te word. Die wat bly bly nie vir jou mooi praatjies en lieg stories nie. Ons bly want waar gaan ons. Slang

Asjas ·

Mnr Ramaphosa, verduidelik asseblief aan ons blanke kinders watter toekoms hulle in SA het met onregmatige aanstellings. Miskien moet jy aan ‘n boom vasgemaak word sodat ons blanke kinders jou onverdeelde aandag kan kry en dat jy kan hoor hoekom hulle voel daar is nie ‘n toekoms vir hulle in hul land nie. Daagliks staan hartseer ouers in lughawens en kinders groet want daar is groener weivelde aan die anderkant van die draad en ons wil hul nie daarvan weerhou nie. Jou party het die groen weivelde aan hierdie kant die afgelope 25 jaar laat vrek. Daar is nie vir ons kinders iets oor in die land van “melk en heuning” nie, net stof en klip.

Gert ·

Almal het ‘n rol om te speel. Die boere se rol is om die slaansak te wees, om hulle af te sloof om vir almal kos te voorsien, en om plase te ontwikkel sodat dit sonder betaling gevat kan word.

ne ·

Die heuningkwas word mildelik gebruik. Ou cr jy moet nie dink ons val vir jou lieg stories nie.

Jack Daniel ·

Oh c’mon!!! Cereal!!!!
Stop bluffing and fooling us!!
You forgot your speech in 1993?
… dealing with the whites: It’s like boiling a frog alive which is done by increasing the temperature of the water slowly. Being coldblooded, the frog does not notice the temperature increase…
Sorry Cereal! We had enough!!
Once it was a beautiful, great, prosperous, sunny Godly G1 country with a bright future!!
What can a G3 trash graded country offer us? Farm and family murders, corruption etc etc etc…
Now there is totally nothing left for this frog family!
No thank you and keep your empty promises or catch another sucker with that.

Dee ·

Jammer mnr. Ramaphosa jy’s te laat. My seun wat n lys rekenaarkwalifikasies so lank soos my arm het plus n B.Com/Regte graad plus ekstra kwalifikasie in kubersekuriteit kon nie n werk hier kry nie want al die poste was gereserveer vir BEE-aanstellings. Hy het 5 jaar gelede sy sportsak gepak en op die vliegtuig geklim na beter weivelde waar hy binne twee weke n baie goeie betrekking by n internasionale maatskappy gekry het omdat hy bo-aan hulle lys van hoogs gekwalifiseerde persone val. In die tydperk het hy nou al gevorder tot n “Financial Systems Manager”. Hy is nou ook al n volwaardige burger van die land en kyk nie terug nie. Ja die gras is nie altyd groener nie, maar daar is ten minste gras. Wie glo in elk geval hierdie mooi broodjies wat hier voor die verkiesing gebak word?

Hendrik van George ·

My respek vir CR lankal verloor. Hy is eintlik maar net nog ‘n ANC papsak met leë beloftes.

Willemien ·

Kook maar jou potjie Cyril. Die ‘paddas’ met vaardighede gaan defnitief uitklim en ander potjies soek. Al hoekom blankes met vaardighede moet bly is omdat hulle misbruik word om hulle kennis en vaardighede oor te dra sodat ander die poste en bevorderings kan kry.

Wayne ·

Kan iemand my help? Wat is die polities korrekte terminologie om te gebruik wanneer ‘n president weer lieg?

Heuning om die mond ·

JA tot net ná die verkiesing….Gehoor van ‘n wolf in skaap klere??!!…..

humor ·

En toe op stellenbosch so tussen die mengelmoes en die libs wat ontvanklik is vir sy verkiesingsstrategie besluit hy om die die vlammetjie onder die paddapot heelwat kleiner te draai en die louer watertjies laat n aplous dawer. In die 1880 jare voor die Engelse oorlog was die volk veel beter af as tans. Daar was immers in die Kolonie n groter eenheid tussen Afrikaners en Engelse en selfs in die Repuplieke was dit ook so. n Groot deel van die Engelse bevolking was saam met die Afrikaners nugter en gekant teen die oorlog wat veral deur Milner aangeblaas was. Vandag is die verdeeldheid groter en dit laat ons onseker en magteloos.

Boet Fasie ·

Dingaan het ook net so gelieg vir die setlaars en waar is ou Piet Retief vandag.

Alida ·

Snaaks die handeklappers het hom nie gevra hoekom lieg hy vir die buitland nie. Die kos en drank was seker te lekker.

Adam ·

CR is nou kwansuis bekommmerd oor die verlies aan vaardighede. Kan hy nie insien dat mense met vaardighede werksgeleenthede benodig nie. Kry jou beleid reg: verander die belaglike arbeidswetgewing, verlaag maatskappybelasting en hou op om entrepeneurskap te onderdruk. Dit sal werkskepping in die hand werk en ekonomiese groei verbeter. Dit is regtig vervelig om die heeltyd te luister hoe jy oor simptome praat en die oorsake ignoreer. Wat se planne het julle terloops met korrupsie? Is dit dalk die klomp kommissies? Wie van Zuma, Magashule, Supra, Malema, ens ens is al aan die kraag hof toe gesleep?

JaNee ·

Haaahahaha – dink die nar dit is die 1e April?
Hy het ons in 1994 ore aangesit met sy leuns. Toe was die sot stil onder Zuma met sy dinge ook by Marikana, nou kom hy weer hier voor om te sê perdedr*lle is vye.

jan ·

Die een wat hom glo moet sy kop laat lees,beloftes,beloftes mense n mens kan hulle nie vertrou nie—-die hele 20 of wat jare alles het net slegter gegaan ,n mens kannie eers meer kos koop nie,wat van die die hospitaale ,jy kannie eers meer in die straat loop nie ens,ens die boere moorde .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.