Ramaphosa: Aandklokreël, alkoholverkope, byeenkomste aangepas

Pres. Cyril Ramaphosa (September 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand die land toegespreek oor wysigings aan die land se reaksie op die Covid-19 pandemie.

Die president het gesê die daling in daaglikse nuwe gevalle, hospitaal-opnames en sterftes in alle provinsies beteken dat die land amptelik deur die derde golf van die pandemie beweeg het.

“Ons wil almal hê dat aktiwiteite moet hervat: ons wil weer vrylik kan sosialiseer, ons wil weer vrylik kan reis. Hierdie vryhede is binne ons bereik, maar slegs as ons almal ingeënt is en voldoen aan die basiese gesondheidsprotokol.”

Ramaphosa het gesê tot dusver is 17 miljoen dosisse Covid-19-entstof toegedien en 8,6 miljoen volwassenes in die land is ten volle ingeënt. “Ons het ʼn teiken van 70% van die volwasse bevolking gestel vir inentings voor die einde van die jaar. As ons dié teiken kan haal, sê die departement van gesondheid, kan ons tot 20 000 lewens red.”

Om die teiken te haal moet ʼn bykomende 16 miljoen dosisse vanjaar toegedien word – dit is sowat 250 000 dosisse vir elke enkele werksdag van elke week tot die middel van Desember.

Vooma-inentingsnaweke

Die landswye inentingsveldtog word vergroot deur Vooma-inentingsnaweke bekend te stel. Dit is ʼn landswye veldtog om Suid-Afrikaners aan te moedig om ingeënt te word.

“Ons weet dit is vir mense moeilik om op ʼn weeksdag ʼn inentingsperseel te besoek – veral vir diegene wat werk, lang afstande moet pendel of diegene met gesinsverantwoordelikhede. Diegene wat nie deur die loop van die week ingeënt kan word nie, word aangemoedig om van dié geleentheid gebruik te maak.”

Van 1 Oktober en op Saterdag 2 Oktober word die eerste inentingspersele landswyd oopgemaak om meer as ʼn halfmiljoen mense te kan bereik.

Die departement van gesondheid het prioriteitsdistrikte geïdentifiseer in elke provinsie gebaseer op die getal mense wat nog nie ingeënt is nie en die huidige inentingskoers in elke distrik.

“Hierdie naweek is dus die eerste Vooma-inentingsnaweek in ʼn rits uitreikprogramme.”

Afsonderingsregulasies

Die kabinet het besluit om Suid-Afrika van vanaand om middernag van koronavirusvlak 2 na vlak 1 af te skuif. Die volgende maatreëls sal van krag wees:

  • Die aandklokreël verander na 00:00 – 04:00
  • Nienoodsaaklike instellings (restaurante, kroeë, fiksheidsentrums) moet teen 23:00 sluit
  • Maksimum persone binnenshuis verhoog van 250 na 750
  • Maksimum persone by ʼn buitelug-byeenkoms verhoog van 500 na 2 000
  • Waar die venue te klein is om dié getalle te kan akkommodeer mag slegs 50% van die kapasiteit van die venue gebruik word (dit sluit in godsdienstige byeenkomste, politieke byeenkomste en sosiale byeenkomste asook restaurante, kroeë en soortgelyke plekke)
  • Maksimum getal by ʼn begrafnis verhoog van 50 na 100
  • Die verkope van alkohol – vir verbruik op die perseel en weg van die perseel – word toegelaat volgens normale lisensievoorwaardes. Alkohol mag egter nie ná 23:00 verkoop word nie
  • Die dra van maskers bly verpligtend.

Pres. Ramaphosa het gesê verdere verslapping van regulasies, veral wat betref sport- en kulturele byeenkomste word ook oorweeg. Meer inligting sal binnekort hieroor volg.

Inentingsertifikaat

Die departement van gesondheid sal binnekort ʼn inentingsertifikaat bekendstel wat ʼn veilige en verifieerbare bewys sal wees van inenting. Dit kan gebruik word vir reise, toegang tot instansies en byeenkomste en enige ander aktiwiteit wat ʼn bewys van inenting vereis.

“Ons benadering word gelei deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne en voldoen aan internasionale beste praktyke.”

Deur ʼn bewys van inenting so maklik as moontlik te maak en dit te standaardiseer sal ook ʼn bydrae lewer om internasionale reisbeperkings na en van ons land te verlig, het die president bygevoeg.

SA op Brittanje se rooilys

Ramaphosa het vroeër vandag telefonies met die Britse eerste minister Boris Johnson gesels om die kwessie te bespreek dat Suid-Afrika steeds op dié land se reisrooilys is. Dié lys word gebruik om die risiko van Covid-19 in verskillende lande aan te dui.

“Ek het ons saak aan hom voorgehou en hy het volle begrip daarvoor. Ons het albei ingestem dat besluite van dié aard deur die wetenskap gelei moet word. Ons is vol hoop vir ʼn positiewe uitslag wanneer die kwessie oor die volgende paar dae weer onder hersiening kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Arno ·

Jy gaan my nie forseer om te vaccinate nie. Ons is alles behalwe dom. Wereld is vol van jou videos war jy se dat dit nie verpligtend is en mense sal nie forseer word nie. Maar hier doen jy dit nou. Jou moer man!

JohanR ·

Die eerste besigheid, of besighede wat my net toelaat met ‘n sertifkaart sal my, my familie, hulle families nooit weer sien nie. X dit by honderde mense en families wat die selfde voel, en daai besighede sal onder gaan soos in Maart 2020. Geld praat!

Jedi Knight ·

Ontspan Arno. Jy sal wel n sertifikaat kan koop as jy regtig een benodig. In SA kan alles gekoop word. Iewers in die toekoms sal n groot bedrogspul op die lappe kom, en dan is almal se kosbare sertifikate onder verdenking.

Buck ·

Dra van maskers bly en dit is n kriminele oortreding as blankes dit nie doen nie. By hul politieke samekomste en oproer geld die reel nie vir hulle nie. Wens hul wil dit aanspreek

Hardekwas ·

Te hel met paswette. Mense moet maak soos hulle wil. Geen kommunis sal aan my voorskryf nie.

Flip ·

Blah blah blah. Almal maak in elk geval net soos hulle wil…..

Hannes ·

Ons agbare president het stemme nodig aldus die vergunning!!!

annie ·

Dit is tog net interessant dat Afrika geen weerstand duld nie. Hulle wil reis, kom waar hulle wil en hê wat hulle eis. Vliegtuie, rubberbote, stompe seker ok as dit kon en beslis biljoene eie vir glo geskende regte. Selfs die klimaat is gronde vir kry. Binnekort sal iemand dalk ook groot vra vir hooikoors van ‘n sekere plant wat hulle gaan moet plant vir groot geld en groot lekker maar doen moet Afrika doen.

Tubac ·

Annie, Die land is besig om totaal bankrot te raak.Dit maak sin om so gou moontlik burgers van ander lande te kry om hulle geld hier te kom spandeer(Met geldige inentings ens). Dit gaan nie net oor ons mense wat wil reis nie. My opinie is dat Britanje vertrou nie die veiligheids situasie hier nie. Onthou hulle het n ambassade hier wat sake dophou en terugvoer gee.Daar is ook ander redes wat hulle nie gaan openbaar maak nie.

melaney ·

Ek stem volkome saam met jou Tubac. Ek het gister ‘n video gesien waar ‘n persoon oor ‘n luidspreker mense aanmoedig om blankes te vermoor. Berugte soos hierdie kom ook by Boris Johbson se ore uit.

melaney ·

Dit is nie veilig in SA nie. Ons wat hier woon weet dit. Ons families in VK weet dit. Boris Johnson weet dit ook.

Hannes ·

Nou is hulle weer afhanklik van die “white European immigrant capital”. CR, “pick your poison”, julle wil die wit brood aan beide kante gebotter hê.

Kwikkie12 ·

Teen die tyd het ‘n groot meerderheid reeds natuurlike immuniteit veral in die Townships. Statistieke bewys dat een uit een mens sal sterf op hierdie aarde. Sal interessant wees as statistieke kan uitkom wat was die ouderdomsgroepe en gesondheidstoestande van die wat wel hieraan gesterf het. En dan is daar genoeg meds wat hierteen help soos kortisoon en aspirien maar dit word geswyg. Dankie tog vir oorsee se dokters wat ons ingelig hou.

Kokerboom ·

Inenting is eending maar gaan PCR toetse op grense nog ‘n vereiste wees. Dit raak nou een groot geldmaakfoefie. As jy gereeld tussen SA en buurlande moet reis vir besigheigheid word die R850/PCR toets per persoon ‘n duur operasie. Weereens word middelman gemelk en dan is PCR toetse NIE eers betroubaar. Praat uit dure ondervinding. Alles word ‘n duur klug!!

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, doen daadweklik iets aan die misdaad in die land en Suid Afrika sal dalk dan van die rooilys afgehaal word of het jy weer “demand” dat dit gedoen moet word. Lande kan sien dat daar absoluut geen beheer op enige vlak in Suid Afrika is nie. Dit alles te danke aan die hopelose ANC.

Stefaan ·

As dit jou tyd is is dit jou tyd. Motor ongeluk , ‘n kas wat op jou kop val, ‘n stroom wat jou meesleur, covid.

Lionel ·

@Stefaan – hierdie logika kan ek nie meer vat nie. So Stefaan as jy of ‘n familielid met kanker gediagnoseer word, sit jy nou maar en wag om dood te gaan, want jou tyd is jou tyd?

Porseleintjie ·

Soos altyd net verbale diaree wanneer jy aan die woord is. Nie almal is siende blind en horende doof nie cyril. Die Woord se dis beter om te gee as om te ontvang. Ek gee my vaccine vir JOU. Ek sal nie ingeent word nie.

gatgogga ·

Eintlik het Ramaphosie nie ‘n opsie gehad nie.
Julius Malema het gese dat die EFF nie meer die Covid-reels gaan gehoorsaam nie, want hulle is besig om stemme te werf. Dus moes Ramaphosie vir Julius akkomodeer, anders maak Julius tog net weer gekke van die regering.

JohanR ·

Ou Cyril jou huigelaar, moes jy ook nie Bheki Cele van die strand af verbied het nie? Hy spandeer 95% van sy tyd daar.

SlinkseKoljander ·

Level 1 nou sodat die ANC meer stemme kan kry kom volgende maand, dan is ons weer terug na level 3, wat `n grap is ons regering nie.

Leeuwyfie ·

Baie interessante sielkundige oorlogvoering. “Kyk ons gee vir jou bietjie van jou vryheid terug, jy voel gelukkig, ok nou gaan jy ‘n sertifikaat kry wat jou vryheid gaan bepaal, maar toemaar hier is nog bietjie vryheid vir nou. 4 Desember vat ons alles weer weg, maar dis net die mense se skuld sonder die sertifikate, blameer hulle. Ons gaan nie die sertifikaat afdwing nie, net dinge baie moeilik maak vir hulle deur hul werksgeleenthede weg te vat, of voedsel aan hulle te weier. Dis nie dwing nie”
Word honde nie so opgelei nie?

john ·

So hy hou nou n wortel vir die donkey as julle soet is en vacinate kan julle weer vry gaan. Ek het 3 gesonde mense geken wat 3 dae na die jab dood is aan hartverwante sake . Daar was nooit niks met hulle hart verkeerd nie. so Oom Cyril jy kan na jy weet waar vlieg

Barend ·

Net interesant dat niemand iets sê oor die pas nie. Hoe gaan mens wat die natuurlike teenligaampies het, geakkommodeer word.

Lionel ·

@Barend – in die buiteland kan mense wat nie ingeënt is ook ‘n sertifikaat kry deur ‘n onlangse negatiewe toets te lewer of bewys van recovery van COVID afgelope 9 maande. Wat is die probleem dan?

Anoniem ·

Hulle skaf die pas van ouds af net om ‘n nuwe pas in te stel.

Elinette ·

Te vroeg, te vinnig, te veel. Oor 2-3 weke, is die hospitale weer hoek-tot-kant vol COVid-pasiënte wat sg. “nie geënt” is nie en stoot hulle die isolasievlak weer tot 3 of 4 op.

Jack ·

Hier is my voorspelling. Hy gaan nooit sy war room prysgee nie. Hy en sy paar uitgesoektes hou van die gevoel van beheer en mag. So maak maar gereed vir die rooi draak en sy vernietiging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.