Ramaphosa aangeraai om twee regters te skors  

hof-hamer

Argieffoto

Die regterlike dienskommissie (RDK) het pres. Cyril Ramaphosa aangeraai om twee hooggeregshofregters te skors.

Die RDK het hoofregter Mogoeng Mogoeng versoek om tribunale teen regters Tintswalo Makhubele en Mushtak Parker aan te wys om ondersoeke te doen en terug te rapporteer.

Makhubele van die hooggeregshofafdeling in Gauteng het as sittende regter ook as voorsitter van die tussentydse raad van die spoorpassasieragentskap (Prasa) gedien.

Die klagte teen Parker is deur tien van sy kollegas in die hooggeregshofafdeling in die Wes-Kaap gebring. Parker is daarvan beskuldig dat hy teenstrydige weergawes van gebeure verskaf het rakende sy bewering dat regterpresident John Hlophe hom aangerand het.

Ramaphosa is aangeraai om die twee regters te skors hangende die afhandeling van die klagte.

Die tribunale sal binnekort aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Martie Smartie ·

Mooi beskerm hulle vir John Hlophe. Wanneer word hy ooit aangekla? RDK ‘n spul clowns

Frank ·

Ja nee Johan, ek kan ook aan ‘n hele paar gevalle dink waar landroste/regters ondersoek behoort te word. Geen waghond oor hulle nie

Jakes ·

Ek sou eerder dink dat die hele spul ondersoek moet word, dit sluit landroste in.

Dries ·

Sjoe, ek sal meer moet nuus kyk en lees – regters wat mekaar aanrand!? Het daardie een gemis lol

Zandra ·

benoude katte maak benoude spronge
ondersoek die hele blerrie spul
hoogtyd iemand raak benoud

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.