Ramaphosa: Ace moet jammer sê óf …

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die NUK-vergadering (Foto: Skermgreep uit die regstreekse uitsending)

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het die afgelope naweek tydens sy vergadering die “skorsingsbrief” deur die sekretaris-generaal, Ace Magashule, aan president Cyril Ramaphosa, bespreek en bevind Magashule het geen outoriteit of mandaat van enige struktuur van die beweging nie.

Pres. Ramaphosa het tydens sy sluitingsboodskap aan die vergadering gesê die NUK het bepaal dat dié gedrag heeltemal onaanvaarbaar is en ʼn “absolute oortreding is van die reëls, norme en waardes van die ANC”.

Die vergadering het Saterdag begin en tot vandag voortgeduur. Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het vroeër gesê verskeie sake word tydens die vergadering bespreek, insluitend die verslae van die party se integriteitskommissie en die implementering van resolusies en riglyne vir partylede om opsy te staan.

Magashule is vroeër met volle voordele geskors omdat hy tereg staan op aanklagte van korrupsie. Hy het ʼn brief ontvang wat lui dat hy van 3 Mei tydelik geskors is, hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom. Magashule is ook nie toegelaat om die party se NUK-vergadering by te woon nie.

Die NUK het opdrag gegee dat Magashule aangeraai moet word om in die openbaar om binne ʼn bepaalde tyd verskoning te vra aan ANC-strukture en lede. “As hy versuim om dit te doen, sal die ANC dissiplinêre stappe doen kragtens die ANC-grondwet,” het Ramaphosa gewaarsku.

Die NUK het bepaal dat adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte alle funksies sal waarneem in die lig van die tydelike skorsing van Magashule.

Volgens Ramaphosa het die NUK ook beslis om voort te gaan met die “fundamentele hernuwing van die ANC” – in lyn met sy kernmandaat en waardes.

Die NUK het ook in besonderhede die stand en kohesie van die organisasie bespreek, het Ramaphosa bygevoeg. “Die NUK neem met kommer kennis van die voortgesette faksies en verdelende openbare aankondigings wat die indruk skep dat [die party] ʼn organisasie in krisis is.”

Ramaphosa sê dit is duidelik van al die verslae wat die NUK ontvang het, dat die werk van die ANC voortgaan “ondanks interne en eksterne uitdagings”. “Ons moet meer pro-aktief wees om dié aspekte van die ANC-lewe te kommunikeer sodat ons die valse indruk, dat die ANC op die randjie van die afgrond is, kan teëwerk.”

Volgens hom sal die ANC sukkel om die geloofwaardigheid van die party te herstel “vir so lank as wat ons as leierskap verdeeld is, versuim om teen korrupsie op te tree en die behoeftes van ons mense nie eerste gestel word nie”. “Ons moet die radikale ekonomiese en sosiale transformasie van ons samelewing bespoedig. Die NUK-vergadering het ʼn stewige fondasie vir dié werk gelê. Ons taak is nou om te bou op die vordering wat ons gemaak het en te voldoen aan die verwagtinge van ons mense.”

Die vergadering het ook ʼn verslag van die nasionale werkskomitee ontvang oor die implementering van die resolusie dat alle ANC-lede, wat aangekla word van korrupsie en ander ernstige misdade, opsy moet staan of tydelik geskors sal word hangende die uitslag van hul saak.

“Die verslag bepaal dat ʼn getal ANC-lede reeds opsy gestaan het en ander het kennisgewings van hul skorsing ontvang. Dit sluit ons sekretaris-generaal Ace Magashule en NUK-lid Bongani Bongo in,” het Ramaphosa bygevoeg.

Die vergadering het bepaal dat dié individue nie die pligte en verantwoordelikhede van hul kantoor mag uitvoer nie; nie die organisasie publiek of op enige ander forum mag verteenwoordig nie; nie enige openbare aankondigings mag maak oor sake wat met die organisasie verband hou nie; en nie betrokke mag wees in die mobilisering van ANC-strukture of enige ander organisasies of individue nie.”

Tydens die tydelike skorsing sal lede steeds geregtig wees op vergoeding en ander voordele. “Die besluit, om opsy te staan, moet elke ses maande deur die betrokke struktuur van die organisasie hersien word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Persheks Adri ·

Waardes, integriteit en ANC grondwet regtig Cyril het jy so iets, want van waar ek sit beslis nie en jy weet nie wat dit beteken nie! Met volle salaris en voordele waarvoor ons moet betaal gggmmmfff tsek ANC tsek!

“Ons taak is nou om te bou op die vordering wat ons gemaak het en te voldoen aan die verwagtinge van ons mense.”

Waar val hy uit met die vertraagde stelling?

Punisher ·

Iemand gee weer af duimpies vir watter rede? Jou kommentaar is egter in die kol. Lyk of iemand vir die cancer is en nie vir ons nie

Jannie van Niekerk ·

As ek na die af duime kyk, lyk dit vir my of ou Ace en Kareljie Krompraat ook Maroela Media lees.

Persheks Adri ·

Skerp Jannie! As hulle Afrikaans verstaan by gesê natuurlik… Iemand wil duidelik nie debateer nie dit los ‘n glimlag op my gesig

koos10 ·

ANC lede word nie deur ons betaal nie, wel nie direk met belasting geld nie. Ace is nie in diens van die staat nie, sover my kennis strek. Die ANC kry geld van skenkers om hulle party led, ens. te betaal, en die geld kan van enige bron (wettig of onwettig) kom.

marius ·

Daar is baie goeie Afrikaanse woorde om die spul te beskryf …..

Jack ·

Die ANC het nie ‘n idee wat integriteit beteken nie.Nog baie boeke gaan geskryf word oor die patetiese organisasie en alles wat hulle verwoes het.Die prestasies bestaan nie maar die onbevoegdheid en korrupsie sal ontbloot word.

Fred ·

En neem waar,, Die Zuma woorde van radikale transformasie.
Ek se net.

Tiptol ·

Sê vir Ace indien hy nie opsy staan en verskoning maak nie, gaan sy vet salaris gestaak word. In my woordeboek beteken transformasie agteruitgang.

Chris ·

So, dis eenvoudig …. Ace sê: Sorry dat ek dit gedoen het. Sal nie weer nie hoor. Walla, en hy’s terug in sy pos. Geen haan sal ooit daarna kraai nie. Hy het mos askies gesê…. Wat ‘n patetiese beskouing van morele waardes….. helse grap die cANCer….

Mallie ·

Dis so belaglik daar gaan weereens niks van kom nie. Die anc is mos onaantasbaar.

Kobus ·

“absolute oortreding is van die reëls, norme en waardes van die ANC”. Amper verstik ek.Indien die ANC wel normes en waardes het is ek swanger!

Johnny ·

Dis inderdaad ‘n uitlewing van hulle norme, waardes en tradisie.

Anoniem ·

Ek verstaan nie mooi nie. Hoe word ‘n mens tydelik geskors met volle salarisbetaling as jy vol van korrupsie is???

Jannie van Niekerk ·

As jy ‘n ANC, EFF, SAKP, COSATU, BLM, BLF of BEE ondersteuner is kan dit so werk. O ja, jy mag net nie wit wees en teen plaasmoorde gekant wees nie.,

Jr ·

Wharra wharra, blah blah blah, hanna hanna. Ace vervang deur ” senile du hartjie”. Ag shame

annie ·

Met twee gruwelbeelde aan sy sye en ‘n pouslike gesigsuitdrukking, wie sal nie sy edele vrees nie? Die wèreld weet sommer, sien sommer hier is Mandela se ewebeeld gekloon. Back at the ranch het dit wild gegaan in die kombuis maar die kluitjiesgebak was toe dit op die tafel land, perfect en soet soos stroop. Eet mense, die voorgereg en hoofgereg het ongelukkig in die slag gebly. Nog ‘n soet bolletjie? Ag toe…

Blikkies ·

Jammer se of…..Watse dissiplinere stappe gaan hulle doen? Ek is klaar NUKkerig oor die volle voordele besigheid.

MakersMark ·

Al waaroor hul jammer is is dat daar nie meer gevat is nie…..

Anya ·

Ek wonder HOE HARD lag ander lande se regeringshoofde vir hierdie spul.
Ai heerlikheid wat ‘n skande!

JohanR ·

Van die tyd dat die aarde bestaan het, het regerings gekom en gegaan. Totsiens ANC…. sal julle nie mis nie!

SomeOne ·

ek hoop dit gaan nie lank wees van nou af nie, voor ek heengaan wil ek hulle sien heengaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.