Ramaphosa: Afrika kort beleggings om bestendig te word

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa en Antonio Tajani, president van die Europese parlement, in Straatsburg. Foto: GCIS

Sonder geleenthede, beleggings en ekonomiese groei, kan Afrika nie hoop op politieke en maatskaplike bestendigheid nie, het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gesê toe hy die Europese parlement in Straatsburg in Frankryk toegespreek het as deel van sy werksbesoek aan Europa.

Suid-Afrika is die enigste Afrikaland en een van net tien wêreldwyd wat ʼn strategiese vennootskap met die Europese Unie (EU) het, sê die presidensie in ʼn verklaring.

“Die SA-EU- strategiese vennootskap dek meer as 20 sektorale beleidsdialoë oor uiteenlopende vraagstukke, onder meer samewerking, wetenskap en tegnologie.”

Die president het aan Europese parlementslede gesê die nasies van die EU is ʼn bron van beleggings, handel, vaardighede en kennis, wat Suid-Afrika help in sy strewe na ekonomiese groei en om sy mense se lewe te verbeter.

“Suid-Afrika en die EU vind reeds sedert 2007 baat by die wedersydse voordele van ʼn strategiese vennootskap wat steeds ʼn betekenisvolle rol in ons land se ekonomiese groei speel,” het Ramaphosa gesê. “Oudpres. Nelson Mandela was ʼn stoere voorstander van Pan-Afrikanisme en het geglo die vasteland kan net sy volle potensiaal verwesenlik as sy mense almal verenig is.”

Om dié doelwit te bereik, kan vele lesse geleer word uit die EU se pad na integrasie, na ekonomiese en politieke eenheid en om maatskaplike vooruitgang te bewerkstellig, het Ramaphosa gesê.

Hy het bygevoeg Suid-Afrika is bewus van die Europese parlement se onvermoeide ywer om seker te maak dat die voorskrifte van die Lissabon-verdrag oor die uitwissing van armoede steeds die grondslag vorm van hul benadering tot buitelandse ontwikkelingsamewerking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

christa ·

dis reg ons kort beleggings sodat die regering dit ook kan verwoes. Hoekom gee die lande geld as hulle ons land verwoes en weer die geld vat om op te bou vir die volgende verwoesting

wraggies ·

Dis andersom dws sonder politieke en maatskaplike bestendigheid (onder andere) sal daar geen beleggings wees nie, maar soos gewoonlik moet dinge verdraai word of iets blameer word of een ding gesê en die teenoorgestelde gedoen word.

My mening ·

Afrika kort leiers en regerings met integriteit en die vermoe om te lei en ‘n land te regeer. Ongelukkig het ons nog nie veel van hulle gesien nie. Geld en beleggings in Afrika loop net een pad- na die sakke van korrupte regerings.

Werner ·

Weet nie watter idioot gaan nog hier hele na hulle art 25 wil verander nie sterkte ou CR

Waarheid ·

Die Europieers is cluless – hulle sal enige-iets glo wat aan hulle vertel word – deur hulle cluenessness besef hulle nie dat die geld gepocket gaan word nie.
Hulle sal maar op die harde manier moet leer.

Jacques ·

Waarheid – Ek dink hulle weet dit reeds , kyk na die E-Toll . SA skuld die Europiers baie geld vir die konsep .

Alida ·

LEEN is iemand se naam bele is iets anders. CR moet kan onderskei.

Niek ·

ANC is die enigste mense wat dink jy kan ‘n skip omkeer deur dit te sink!
Die beleggers wil opbrengs op investering hê, hulle soek nie na geleenthede om geld te verloor nie…

Boer ·

Nog dollars, euros en ponde wat in die ANC main peanuts se sakke sal beland!

$killiekindNL ·

Deksels. Ek bly in n europeese land. Die SA-presedent kan rerig fake-trade.

Andre ·

Hy soek venootskappe in ander lande maar laat sy eie land se mense in die steek.

Elene ·

Hierdie verskillende stellings is so verwarrend! Dan skud RP hand met die EU. Dan sê hy weer hulle gn grond sonder vergoeding neem. Wie gn geld hier belê met soveel teestrydige uitsprake?

H.A. ·

Ek woon in S_id-A_r_ka. Jammer maar die ander letters is weggevreet deur die cANCer . Eindelik woon ek nou nêrens…

H.A. ·

Kommuniste ondersteunings is lewendig. Kommunisme wêreld wyd is besig om te herleef, net baie groter ! Is dit dalk die nuwe wêreld orde ?

Trol ·

Afrika kort eerbare leiers, leiers met integriteit, leiers met die wysheid en kennis om die land en al sy mense te dien nie hulle eie agendas en ras nie. Mense wat kan voort bou op wat reeds bestaan mense wat nie bloot gaan toekyk hoe alles uit hebsug en nyd vernietig word nie.

Sekerngrappie ·

Afrika se onbestendigheid floreer al dekades lank op die buiteland se skenkings, want hoekom moet Afrika nou presteer as die geld in elk geval invloei? Hoe lank kan julle nog die wêreld n rat voor die oe draai?

Francois le Cochon ·

Nee CR, Afrika kort opleiding, nie geld. Onhou, moenie net vis aandra vir iemand nie, leer eerder die persoon visvang

J. van Rensburg ·

Ek stem insoverre die belegings betref, MAAR – die regering moet ook besef dat hulle ook hulle buitensporige leefwyses moet afskaal – dink net hoeveel R-miljoene kan in die staatskas teruggeploeg word as politici se vetkatsalarisse met minstens 1/3 verminder word en hulle nie soos konings wil leef nie… wat dink ander lesers?

Erika Ochse ·

Mnr. Ramaphossa sal moet kies of hy beleggings gaan aanmoedig en of hy na die EFF se pype gaan dans.

Ryan ·

Verander jou houdinkie teenoor die minderheid en ek glo dinge sal beter gaan….

Watookal ·

Wie gaan in n land belê waar hulle jou goed kan vat sonder vergoeding??? In watse droomwereld leef hierdie mense?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.