Ramaphosa: Afsondering wys dieperliggende probleem in samelewing

Kospakkies wat aan taxibestuurders uitgedeel word (Foto: Amien Carelse/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief gesê Suid-Afrikaners het die afgelope drie weke ontstellende tonele gesien waar desperate mense probeer om kospakkies by verspreidingspunte te ontvang, terwyl daar op talle plekke teen voedseltekorte betoog is.

“Daar kan geen groter ongeregtigheid in ʼn samelewing wees as dat sommige in gemak en oorvloed lewe, terwyl ander sukkel om met min of niks te oorleef nie.

“Dit is die oorblyfsels van ʼn gebroke en ongelyke verlede, asook ʼn simptoom van ʼn fundamentele mislukking in ʼn post-apartheid-samelewing. Die landwye algehele afsondering in reaksie op die koronavirus het ʼn probleem wat lankal bestaan, net baie vererger,” het die president gesê.

Volgens Ramaphosa is bewerings dat sommige mense, van hulle glo staatsamptenare, kospakkies opgaar of dit na vriende en familielede stuur, skokkend. Hy sê indien daar waarheid in die gerugte steek, sal daar streng teen amptenare opgetree word.

Die president het gesê Suid-Afrika het nog nooit met ʼn gesondheidskrisis van dié omvang te doen gehad nie – blitsige optrede was nodig om lewens te red. Die regering het wel besluit om oorversigtig te wees en danksy die afsonderingstydperk is die ruimte geskep om die infeksiekoers te verstadig en voor te berei vir ʼn moontlike skielike styging in die komende weke of maande.

“Talle lande wêreldwyd het koronavirus-afsonderingstydperke ingestel om lewens te red. Ons het dieselfde gedoen, maar ons afsonderingstydperk het ʼn hartseer fout in ons samelewing blootgelê wat wys hoe armoede, ongelykheid en werkloosheid ons gemeenskappe uitmekaar skeur.”

Ramaphosa het gesê die uitwerking op ʼn reeds wankelrige ekonomie moes ook in gedagte gehou word.

“Ons moes oorweeg wat die afsonderingstydperk sou beteken vir diegene wat nie salarisse verdien nie, vir diegene wat werkloos is en werk soek, vir seisoen- en stukwerkers, vir diegene in die informele bedryf, vir die armes en die kwesbares.”

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Presidensie/Twitter)

Ramaphosa het gesê selfs wanneer die afsonderingstydperk opgehef word, gaan die uitwerking daarvan nog lank gevoel word.

Diegene wat gelukkig genoeg is om ʼn vaste inkomste te hê, kan na hul werk terugkeer, maar vir miljoene ander gaan dit ʼn verlore maand wees waarin hulle tydelike werk kon vind, sake in die informele bedryf kon doen, of geld gespaar het om hul gesinsverantwoordelikhede na te kom.”

Ramaphosa het gesê voedselhulp is ʼn korttermynoplossing en hy het die talle organisasies en gewone Suid-Afrikaners wat ingespring het om te help, hiervoor bedank.

“Om honger te verlig is nie ʼn welsynsdaad nie. Dit is deel van enige samelewing wat berus op respek vir menseregte.”

Die president het gesê die regering gaan vandeesweek sy ingrypingsplanne afhandel om kwesbare burgers teen hongersnood te beskerm. “Van die vele uitdagings wat ons mense in dié tyd in die gesig staar, behoort die gedagte aan waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom, nie een te wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Alida ·

Dit maak mens woedend dat CR weer die verlede inbring. Die ANC het 26 JAAR gehad om almal gelyk te maak maar intussen is jong vroue betaal om kinders te kry en is daar toegekyk hoe die land gestroop word en nienand kon die strooptog stopsit nie. Alles wat gewerk het is geplunder en daar nooit n beperking van 2 kinders ten aansien van toelaes ingestel nie. Wie moet geblameer word? Nou na 26 jaar is daar te veel mense en te min kos en die boere is uitgemoor.

Leeuwyfie ·

Ek stem saam met alles wat jy sê, maar die toelaag moet net aan een kind gaan. Twee is al te veel vir mense wat weet hulle kan dit nie bekostig nie.

Anoniem ·

Ja mnr die president jy maak reels en se almal moet in hul huise bly. Nou bly ek in my huis en my werkgewer betaal my nie. Nou kry ek nie kos nie want ek is te wit. Jou regering gee my ook nie geld nie want ek is te wit. Jou UIF stuur vir my n epos en se ek het nie die regte prosedure gevolg nie. Dit is van my geld van 46jaar se werk wat in daai fonds is en ek weet my vorms is reg maar nee ek is te wit. Nou vra ek jou as ek dan nou te wit is waarom moet ek my aan jou reels steur. Dan kan ek ook mos maar kom en gaan want jou reels geld nie vir jou eie mense nie want as jy kyk op tv hoe hulle staan teenmekaar tussen mekaar sonder maskers, sonder handskoene waar daar kos uitgedeel word dan waarvoor die lockdown. Lig die lockdown of ons nou van covid19 doodgaan of van honger doodgaan gaan ons doodgaan.

Botterblommetjie ·

Amen…!!! en so gaan dit aangaan…. ek ‘n idee dit gaan als nou op ons neerkom…

Drico ·

Goeie hemel!!! En in 26 jaar kon julle nie die agterstand inhaal nie. Dis belaglik om hierdie agterstand en verhongering nou nog op die ou bedeling te plaas. As al die presidente en ministers van 1994 tot op huidiglike datum nie so gierig was en nie soveel onnodige poste geskep het met buitensporige salarisse nie, dan was hierdie nie nou so n groot probleem nie. Hoekom kan julle ANC nie erken dat hierdie hele situasie JULLE skepping en probleem is nie? Dit het NIKS met die verlede te doen nie. Dis pateties.

Boerkind ·

CR, sê net vir Suid Afrika wie het vir die laaste 20 jaar onverpoosd die eens vooruitstrewende land geplunder tot rommelstatus… dit is al wat jy hoef te doen. Dan praat jy van in oorvloed lewe?? Jy van alle mense?? Het jy geen skaamte nie?? Jy verwys na Apartheid, maar hoe lyk jou kommunistiese bestel?? Apartheid lyk soos ‘n kinderpartjie man!

Burgermeester ·

Luister Ramaphosa ooit na homself as hy praat? Dit is tyd dat ANC die splinter uit hulle eie oog moet begin haal. Die dieperliggende probleme is die ANC se te doen danksy 25 jaar se plundery en kader ontplooing.

Maria ·

Die agbare president is nie goed met syfers nie en mens kan aanvoel hy voel skuldig . Ongelykhede het ontstaan agv korrupsie, die Brotherhood van kaders, RA en SEB. Dit is hoe hy so fabelagtig tyk geword het. Die wereld se armes sleep soos n skaduwee agter tegnologiese vordering en raak net al hoe meer agter. Dit is n gaping wat wereldwyd vergroot. As ek hy was het ek vorentoe gedink na hoe die Chinese sy verskonings en verdraaings gaan hanteer siende dat hulle feitlik alles sal besit hier

Amatambo ·

Maria, as my geheue my nie in die steek laat nie, het die squirrel hier omstreeks 1992 (kan nie presies onthou wanneer nie) aandelesertifikate – en korrigeer my as ek verkeerd is – met behulp van o.a. Roelf Meyer – sy groot gabba – ter waarde van baie, baie geld gratis ontvang… En ek wonder of hy ooit – na die dood van al daardie mynwerkers – hulle families kompensasie betaal het? Nee kyk, onder Mandela het dit nog redelik goed gegaan, maar sedertdien….

Marius ·

Ek kan nie glo dat na 26 jr hulle nie n ommeswaai kon maak nie. Hulle blameer steeds apartheid, want dit pas hulle so gerieflik. Die afrikaanse taal is nog nie 100jr oud nie en ons skole en universiteite was van die beste in die wereld, voordat die ANC oorgeneem het. Die afrikaanse taal het in minder as 100jr ontwikkel in n akedemiese taal, waar jy feitlik in enige rigting kan gaan studeer, waar daar afrikaanse handboeke geskryf is in amper alle studierigtings. Maar dis ook seker apartheid se skuld.

Michael 1 ·

Die anc sal altyd die apartheid verskoning gebruik om hulle tekortkominge weg te steek wat noem Ramaposa diskriminasie teen wit mense deur wetgewing soos bee kwotas,sy regering se diskriminerende beleid van rasgedrewe hulp pakette…
Apartheid een en dieselfde.

Fedup ·

Okay cyril. Let me see if i understand you correctly. First you blame apartheid again, and in the same breath your officials are the one’s using their positions to actuaully steal from the poor to give to their families. Now which one of the 2 is to blame here. When you made up your mind, let us know. Seems to me you don’t care who will have food as long as you and your little friends are sorted as you just babble and nothing happens at all. Please. Prove me wrong.

Adam Adriaan ·

Mr CR jy en die ANC ry ‘n “stage coach” waar van jy die teuels hou. Gelukkig het die perde al losgebreek en die coach so 10 meter van die afgrond is. Dit is net ‘n kwessie van tyd en die ANC met julle hele gespuis is die donker dieptes in. Jy en jou kamerade; luister vir ‘n slag vir mense wat weet wat hulle doen. en moet nie agter die NWO aan hardloop nie. Daar word vele deurdagte planne aan julle voorgelê maar nee. Julle volg ‘n totale mislukte beleid wat niks sal oplewer nie.” Hou die mense arm sodat die ANC kan regeer” , soos die kommuniste beleid wat julle aanhang. Jammer die mense wil dit nie glo wat julle besig is om te doen nie.

Willem ·

Ek sien by foto staan daar: kospakkies wat aan taxi bestuurders uitgedeel word. Nou wat van my wat nie salaris kry nie. Taxi maak nog geld

Amatambo ·

Willem, maar hoe dan nou? Per slot van rekening moet die arme taxibestuurders iewers langs die pad – terwyl hulle werk en geld verdien – ook ‘n Kentucky hoenderstukkie verorber sodat hulle nie van honger agter die stuur inmekaarsak nie…

Sobymykoolkop ·

Jip. Niks anders verwag as dat die DOOIE apartheid perd vir nog ń draai opgesaal sal word nie. Die prez is mos ń dollar miljardêr, wat keer hom om in te gryp om “our piepol” by te staan. Gebruik wette om die minderheid te probeer arm maak. Dis mos net sy ” people” wat arm is.

Hester ·

Nogal ontstellend om in hierdie tyd steeds die blaam op “apartheid” te plaas.

Jan ·

Ons het op 31 Mei 1961 onafhanklik gewoord. Vir 33 jaar het ons die land opgebou en in 26 jaar het die Anc dit afgebreuk . Hulle eie mense bly in plakkerskampe want hulle het die geld geroof . Waar is JZ en sy maatjies nou. Ek sien swaar kry vir ons wit mense. Hoefeel van die skenkings geld gaan nou weer verdwyn . Jy hoor en sien elke dag die narre op tv . Wanneer hulle praat dan klink dit soos n graad 3 kind wat nie sy resitasie geleer het nie, Hulle weet dat die inperking die land gaan onderkry maar hoekom moet hulle worry . Hulle kry elke maand hulle geld of hy nou aanjaag of nie.

Bets ·

Ja dit is net hartseer om altyd te hoor apartheid kry die skuld ASB apartheid is lankal iets van die verlede dit is hierdie wonderlike regering wat one nou het wat nie kan dink of hierdie land regeer nie daarom gaan dit nou so met ons daar word net na sekere mense gekyk en omgegee die ander moet maar sien en aan gaan stop hierdie virus liewers en hou op apartheid die skuld te gee baie sit nie meet werk nie geld of kos kom se my wat nou

Deon ·

So nou erken jy al julle draai ratte voor die publiek se oee. Hulle het geen verskoning, voor die lockdown episode was daar menigmale vir ons in die media gese dat hulle reg is vir die krisis wat op pad is… As hulle reg was soos hulle beweer het, nie in die apartheid jare nie maar n klein bietjie meer as n maand terug deur die regering van die dag. Dan was daar nie n probleem nie.

Daizee ·

Mnr. Ramaphoza, ek stel voor jy doen jou navorsing oor werkloosheid en armoede deegliker. Dis nie net Afrika nie, daar is nie ‘n samelewing op hierdie planeet waar die nood onder die haweloses met hierdie virus NIE deeglik uitgelig word nie. Dit alles het sweet funny all met Apartheid te doen.

Willem ·

So gedink, rerig gedink Cyril is nie soos ANC gemors nie. Nou na soveel jaar kom hy agter daar is fout

Willie ·

Die ANC se nalatenskap nou, is dieselfde as die Engelse se nalatenskap Na die Anglo Boereoorlog, Swart verskroeide aarde. Die ANC is nie en sal nooit bevoeg wees nie om te regeer nie want, dit gaan vir hulle net om selfverreiking.

Elsa ·

Mr the President, shame on you. Shame on you!

Julle wat glo aan voorvaders, het jy al gedink dat Verwoerd en Kie deur die Uniegebou se gange loop…. Hulle kyk, kry skaam vir die regering se optree. Ja hul staan langs jou as toesprake maak. As jy besluit maak, is hul daar. Ek wonder of jy nie bang word vir die gevolg van jul dade en woorde.

Ek sal beslis nie gerus slaap……

Die Wolf ·

Idien dit waar is van die kospakkies, is dit maar weereens n bewys dat hulle niks vir hulle eie voel nie. Die wittes is mos daar om te help.

Die Wolf ·

Ek is nie bereid om na sy vlak te daal nie. Sal maar nie my gedagtes uitspreek nie. Ignoreer maar want alles word gedoen om stemme te hou. So moet nie jou bloeddruk met kaf opjaag nie. Gelukkig is die mense nie meer so naief om dit vir soetkoek op te eet nie. So chill en laat hom maar n gek van homself maak. Die buitewereld lag vir hom.

Althes ·

Die ongelykheid mnr. Die president, is wat jul ANC kaders self aan onse mense gebring het met kaderontplooiing, korrupsie, wanbestuur, regstellende aksie ens, ens.
Ons het regtig gedink jy sal bo Zuma uitstyg, maar jou deuntjie is baie soos syne.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dankie mnr Ramaphosa. Eindelik erken die President en by implikasie die regerende party dat die ANC regering aangejaag het in die post-apartheid era . U noem dit by die naam en ek haal aan “ʼn simptoom van ʼn fundamentele mislukking in ʼn post-apartheid-samelewing.”
Korrupsie en die tipe van gedrag waaraan staatsamptenare hulle na bewering skuldig maak is verseker nie nuut of tot Suid-Afrika beperk nie. Dis net dat dit hier tot ‘n lewenswyse en aanbaarbare praktyk ontwikkel is. Dit natuurlik ook gesien teen die agtergrond van die enorme salarisse en voordele wat veral meer senior amptenare verdien.

Objektief ·

Dit word net weer bevestig dat die ANC nog nooit verder kon dink as wat hulle neuse lank is nie. In die sestigs en sewentigs is vrouens wat probeer geboorte beperking toepas het aangerand of nog erger; die gevolg is vandag se oorbevolking. n Florerende ekonomie is doelbewus afgetakel en vandag sit ons met oorbevolking en massiewe werkloosheid. n Gevorderede wapenbedryf is doelbewus tot niet gemaak om mer geleentheid vir korrupsie te skep.

In die 26 jaar wat hulle aan bewind is het net SARS verbeter. Skoolstelsel in sy maai, opleiding in sy maai, gesondheidsorg in sy maai, werkloosheid hemelshoog, misdaad hemelshoog.

As die beperkings eendag opgehef word sit ons met n ekonomie wat nog verder in sy maai is en geen sosiaale of ekonomiese plan om die situasie te verbeter nie; en binne twee maande het 60% van die bevolking in eleke geval die virus.

Sokrates ·

Die siening oor armoede en ongelykheid verklap steeds die oorvereenvoudigde en uitgediende denke van die marxistiese model……..een waarin daar n sondebok is wat eintlik mos maar vir al die pyn en lyding verantwoordelik is….. Hierdie herhalende retoriek wat saadjies bly plant in mense se onderbewussyn is gevaarlik, des te meer iin onstabiele tye soos nou……..moet dit nie onderskat nie

Sonneblomkind ·

Moeg vir die verlece skuld gee 26 jaar het hulle ons land en dit het net agteruit gegaan. Dis sad se ek jou en om n hoe pos te he en nie te weet van armoede in die land nie….dis terrible

Lorna ·

Genade ramapoker
Plaas n verbod OP mammas wat proefkonyne is staat moet vir 2 kinders per gesin betaal Dan sal jy our people sien oorleef OP dit wat hul kry maar neeeeeeee daar is nie brieke nie
Nog geen wit plakkerskampe gesien wat kos kry nie
Kom oor julself

Martie Smartie ·

Geagte mnr Ramaposa, onthou jy jou voorganger se 8 jaar termyn van ongebreidelde korrupsie en plundery soos blootgelê voor die Zondo kommissie? Of verkies jy om selektief met die waarheid om te gaan? Jou staatsdien is korrup en dis al oor en oor bewys maar jy hardllop terug na apartheid. Vra maar jou mense, meeste het beter gelewe voor 1994. As jy mnr en jou regering ophou miljarde rande uitmors op die SAL, Eskom ens ens ens sal daar mos baie geld wees om mense op te hef. Wat jou regering ook nie verstaan nie, is dat werkskepping lei tot ‘n beter sosiale orde, nie gewettigde diefstal van diegene wat hard gewerk het vir wat hulle het nie. Jou kommunistiese onderrok hang ver uit. Jy mnr en jou regering heul openlik met China (wie hierdie hele situasie veroorsaak het), maar terselfdertyd hou jul die bakhand uit na Trump. Julle sit op te veel stoele en moet die oorsaak van hierdie land se gemors voor jul eie deur gaan soek mnr. Hoogagtend, die gewone burger

Nell ·

Ja mnr Ramaphosa om nou alweer ‘’the blame game’’ te speel is mos baie makliker as om pa te staan vir julle eie onbevoegdheid en mislukkings van die afgelope 26 jaar. Hou tog in hemels naam op om altyd by die venster uit te kyk en kyk eerder ‘n slag in die spieël en vra jouself af hoe ek hierdie land vorentoe en uit die huidige gemorstoestand kan lei/regeer.

Yvonne ·

Uiterste geval van n verrotte samelewing..Our people….dit is walglik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.