Ramaphosa: ANC sal uitkoms van konferensie aanvaar

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die takke van die ANC sal die uitkoms van dié party se verkiesingskonferensie volgende maand aanvaar.

Dié uitlatings is Donderdag deur adjunkpres. Cyril Ramaphosa aan verslaggewers gemaak in die parlement.

Hy het wel toegegee dat die ANC meer verdeeld is voor die konferensie as voor die voriges, maar bygevoeg die party se grondwet sal uiteindelik die wenner wees.

“Die ANC het sy eie skok-absorbeerders. Dié absorbeerders is ons grondwet. Sal lede die uitkoms aanvaar? Ja, ek glo lede van die ANC sal die uitkoms op ʼn baie gedissiplineerde manier aanvaar,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het melding gemaak van pres. Zuma se ete saam met hom en die ses ander kandidate wat om die posisie van ANC-president meeding.

Hy het verwys na mediaberigte waarin dié ete as die “laaste Avondmaal” beskryf is. Hy het volgehou daar is geen Judas Iskariot nie en dat almal mekaar omhels het.

“Hierdie keer weet ek nie wie Judas Iskariot sal wees nie; niemand het ʼn dolk in hul sak gehad nie .”

Die hoopvolle presidensiële kandidate is Ramaphosa; Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-unie; Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings; Zweli Mkhize, die tesourier-generaal van die ANC; Jeff Radebe, minister in die presidensie; Baleka Mbete, speaker in die nasionale vergadering en Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC.

“Jy sal sien, aan die einde gaan die verdelings nie so erg wees nie. Sodra die afgevaardigdes besluit het op die leierskapsstruktuur van die ANC, sal hulle laer trek soos altyd en soos een organisme vorentoe beweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Die enigste eenheid in die ANC is wat en wie om volgende of te verwoes of leeg te dra. ANC LEGACY: ANARGIE eerder as mag oor gee.

Riette ·

ORGANISME???
Rêrig, is daar nie ‘n beter beskrywende naamwoord as dit nie? Dit klink of hulle soos in scifi movies gekweek word,saambondel en voorentoe boender?

Eish ·

Ek hoop maar die hogeres het kontak verloor met mense op grondvlak en is in vir die verrassing van n leeftyd.

Leahim ·

Ek verstaan nie hoekom daar aangeneem word dat hy presedent gaan word nie wat as die DA koalisie die verkiesing wen dan sal die vraag wees gaan hy die mag oorgee of soos Mugabe n diktator word.

Johann Marx ·

Dit bly nogal teleurstellend hoe die stemgeregtigdes van Suid Afrika nie kan insien nie hoe die ANC soos ‘n politieke party optree as dit hulle pas, en soos die regering as dit hulle pas. Is dit omdat die stemgeregtigdes oningelig is, of bloot net dom?

John ·

Watter siek en sondige konnotasie met die Laaste Avondmaal… en Afrika beveel: ‘God bless Africa.’ G’n wonder Afrika lyk soos hy lyk nie. Die hele ANC-debakel is gruwelik! Ons Christelike godsdiens word links en regs vertrap! AOp Sondae word eerder politieke vergaderings en -jolle gehou en sluwe planne vir die ondergang van die medemens uitgestippel. Atoomkrag-op-‘n-oortrokke-rekening kry meer aandag as gratis-Hemelse-Krag. Rowwe dae en bloedige ellende le voor vir hierdie bankkrot-volkie wat so verwaand die toekoms wil in…

Hendrik ·

Konferensie…watter konferensie? Hoofdief gasn sorg dat daar geen konferensie is nie! As hy by dit n noodtoestand afkondig dan kan hy n Moeg ape word!

Lynette ·

Leahim, hulle praat nie van die verkiesing in 2019 wanneer n nuwe SA president aanngestel sal word nie, maar slegs van die ANC se nuwe party president wat nou gekies moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.