Ramaphosa antwoord op bewerings oor wanbesteding

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het Vrydag bevestig hulle het pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op bewerings van die misbruik van openbare fondse vir partypolitieke doeleindes, ontvang.

Skoor het Ramaphosa einde Januarie formeel versoek om binne tien werksdae op bogenoemde bewerings te reageer. Gedetailleerde vrae oor die bewerings is aan Ramaphosa gestuur.

Die bewerings kom ná ʼn klankgreep uitgelek het waarin Ramaphosa glo erken dat hy bewus was daarvan dat die ANC openbare geld vir partydoeleindes gebruik het.

Volgens Faith Ndenze, woordvoerder van die komitee, het Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van die komitee, reeds Ramaphosa se brief bestudeer. Hy gaan dit nou na die parlementêre regsdienste verwys om die komitee leiding te gee oor sekere aspekte van Ramaphosa se reaksie.

“Die komiteeprogram is dienooreenkomstig aangepas en die president se reaksie, tesame met die regsadvies, sal volgende Woensdag tydens ʼn komiteevergadering voor die komitee ter tafel gelê word,” sê Ndenze.

“Die komitee sal dan daarna met die departement van indiensneming en arbeid en sy entiteite konsulteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Althes ·

Staatskasgeld vir eie gewin. Dis ñ skande.
OUR PEOPLE se grant geld en ons ander drommels se belastingeld.

annie ·

Woordspel… Daarmee is die ANC goed. Cyril sal dalk sê dat hy bloot verwys het na die opmerkings wat buitestaanders gemaak het dat dit sou gebeur het; hy nie gesê het dit is so nie… Dit was net ‘n waarskuwing.

Magda ·

Hulle die anc moet VERWYDER word as regerende party asook eff as POLITIEKE party, dis SA SE enigste oplossing.

Willempie ·

….”die president se reaksie, tesame met die regsadvies, sal volgende Woensdag tydens ʼn komiteevergadering ONDER DIE TAFEL INGEVEE WORD …?

SjN ·

Hy was adjunk en ook geweet van Z Se dinge en daar gebeur niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.