Ramaphosa: Apartheid wás misdaad teen die mensdom

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag gesê mense wat nie wil erken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was nie, is struikelblokke in die weg van versoening in Suid-Afrika.

Ramaphosa het repliek gelewer op die parlementêre debat oor sy begrotingspos.

In sy toespraak, waarin hy baie Afrikaans gepraat het, het Ramaphosa heelwat na versoening verwys. Hy het gesê al verskil Suid-Afrikaners ook hoeveel van mekaar word hulle saamgebind deur ʼn wil vir die land om te werk.

In hierdie verband het hy dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gelyk gegee dat alle Suid-Afrikaners die land moet bou.

Met duidelike verwysing na die Grondwet het Ramaphosa gesê gelyke geleenthede in die hede kan nie bereik word sonder om die onregverdighede van die verlede te erken nie.

Met spesifieke verwysing na die DA-leier, Mmusi Maimane, het Ramaphosa gesê die narratief van wit bevoorregting en swart armoede skets nie net die prentjie van die verlede nie, maar ook die werklikheid van die hede.

Hy het verskeie struikelblokke in die weg van versoening geïdentifiseer. Die eerste is Suid-Afrikaners wat dink dis in die haak om die eertydse landsvlag rond te swaai en die eertydse volkslied te sing.

“‘Die Stem’ en die ou landsvlag is nie Afrikaner-simbole nie. Dit is simbole van onderdrukking,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê verdere struikelblokke is mense wat ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was, en mense wat Suid-Afrikaners se waarde aan hul ras meet.

Die verwysing na mense wat nie wil erken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was nie, is wyd geïnterpreteer as kritiek op die burgerregtegroep AfriForum.

Kallie Kriel, hoofamptenaar van AfriForum, het in reaksie gesê die probleem met die hele debat is dat dit so ongenuanseerd is.

As ʼn mens nie apartheid wil gelyk stel met Nazisme nie, word jy as ʼn apologeet vir apartheid uitgekryt. AfriForum se standpunt is duidelik dat die implementering van apartheid menswaardigheid aangetas het. Ons erken dat apartheid sleg was.

“Waarvan ons verskil, is dat alles wat mense deur harde werk tydens die apartheidsera bymekaar gemaak het, die opbrengs van misdaad is. Ook wil ons aanvoer dat diegene wat plaasmoorde se erns nie wil erken nie, en diegene wat onteiening sonder vergoeding aanstig, struikelblokke in die pad van versoening is. Ons sal voortgaan om ʼn drukgroep teen onteiening te wees,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Attie ·

Onder die regeering sit die helfde sonder werk lewe in vrees en word een vir een uit gemoor en almal skree rassis as iets nie volgens hulle loop nie.

Cherokee ·

Ek dink jy bedoel ‘onder die regering is die helfte sonder werk’..
Ramaphosa verras almal deur heelwat Afrikaans te besig terwyl dit nie sy huistaal nie. Afrikaanssprekendes moet, as hulle vir behoud van taal wil veg, die taal respekteer.

Hendrik Jordaan ·

Hoekom sommige mense se, hulle is met Volksmoord besig. Raphael Lemkin se oor Volksmoord:
“Generally speaking, genocide does not necessarily mean the immediate destruction of a nation, except when accomplished by mass killings of all members of a nation. It is intended rather to signify a coordinated plan of different actions aiming at the destruction of essential foundations of the life of national groups, with the aim of annihilating the groups themselves. The objectives of such a plan would be disintegration of the political and social institutions, of culture, language, national feelings, religion, and the economic existence of national groups, and the destruction of the personal security, liberty, health, dignity, and even the lives of the individuals belonging to such groups. Genocide is directed against the national group as an entity, and the actions involved are directed against individuals, not in their individual capacity, but as members of the national group.”
https://archive.org/details/AxisRuleInOccupiedEuropeRaphaelLemkin

Spike ·

Mnr. Ramaphosa apartheid was verkeerd en moes nooit gewees het nie, maar ek verskil met jou populistiese uitspraak dat dit ñ misdaad was. Op daardie stadium het die mense gedink dit is die regte ding om te doen al was dit verkeerd. Solank julle met hierdie slagoffer mentaliteit rondloop sal ons nie voortgaan en veral met versoening. Hou op om die heel tyd energie te mors op hierdie populistiese uitsprake en begin werk skep en dienste lewer. Kyk wat se swak rapporte het die anc geleide munisipaliteite gekry. Doen iets hieraan, misdaad, werkloosheid ens. en alles sal stadigaan regkom. Ongelukkig kan julle dit nie agter julle sit nie

Ghoeroe ·

Ek sekondeer. In fact, hulle is met erger misdaad teen die mensdom (witmense) besig!!

Sean bowie ·

Waarom was daar apartheid in Suid afrika Is my eenjarige kind n rassis en moet gestraf word vir appartheid?

Sean bowie ·

Gaan appartheid elke dag voor my kind se lewe gegooi word tot sy haar oe toemaak?

pieter ·

Nou wanneer stop Ramaposa die diskriminerende wette teen wit mense as hy dan so opreg is oor versoening ?

Gert ·

Nie net wette nie, maar hul Struggle songs waar hulle wit moord aan jaag en vier. Dit se ou CR niks van nie!!

Ralph ·

Dit is 73 jaar na die 2de Wereldoorlog en die Duitsers het nog nie die die Nazi-kruis afgeskud nie. Lyk my dit is ons voorland.

Sdl ·

Die anc vlag. Die eff vlag. Die blf vlag en die nuwe sa vlag is simbole van……. ? Daar is meer rassisme, verdeeltheid en onderdrukking nou.

M'Lady ·

Nee CR, die totale aanslag van die ANC teen die blankes is n misdaad teen die mensdom.

Sdl ·

BEE is die misdaad teen vooruitgang, gesondheid, onderig, veiligheid ens.

Wessel ·

Die probleem is dat die anc nie wil erken dat die land meer as 20 jaar na apartheid
In n gemors ontaard het nie. Die verlede sal maar altyd as rede vir die gemors beskou word.

LR ·

Die vermoede is dat meer mense in die postapartheid era gesterf het as gedurende apartheid. As mens net kyk na die hoeveelheid mense wat tans agv onnatuurlike oorsake sterf kan bg stelling seker nie vêr van verkeerd wees nie.
Dit voel of ons land in die greep van wreedaardige kriminele (mens kan amper sê terroriste) is, daar word vermoed dat baie polisie hieby betrokke is.
Apartheid word natuurlik hiervoor en vir baie ander goed wat verkeerd is die skuld gegee. As hierdie denkwyse nie gaan verander nie gaan hierdie land blank ontvolk, ons ou volkie weet mos van trek.
Ons raak nou regtig moeg om aanhoudend uitgekryt te word vir alles wat sleg is, ons gaan beslis nie hierdie situasie vir ewig dult nie, miskien is die lank en die kort dat ons nie regtig in Afrika hoort nie.

Malva ·

Mnr Ramaphosa kan nie namens ander simbole bepaal… nie versoenend maar aanmatigend.

Gerda ·

“struikelblokke is …. mense wat Suid-Afrikaners se waarde aan hul ras meet”
Uhm….. Nou is ek verward. Wat noem jy dit as ‘n wit persoon nie ‘n werk mag kry nie oor sy ras?

Jannie ·

Watse misdaad het apartheid gepleeg, dit was volgens my ń orde reeling wat nodig was.

danie ·

Is dit hoekom hulle niks wil se oor plaasmoorde nie.nee eerder om apartheid die skuld te gee.daar is baie meer belangeriker dinge om op te fokus plaas van om tyt te mors met die verlede.

Christo ·

Minister as jy regverdig wou wees sou jy nie net wit mense aan vat oor die stem nie maar ook die EFF + BLF vir die sing van kill the Boer . Julle dryf die mense terug na die verlede

Cherokee ·

Die pad vir versoening is toegemaak. Apartheid was wel verkeerd maar nie eens naastenby vergelykbaar met nou, nie. Daar is ‘n te hewige verskil in waardes. Die afgedankte majoor vertel hoe hul koppe instinktief werk. Dit is rillingswekkend om te lees watter koelbloedigheid word geopenbaar tydens gebeure soos plaasaanvalle. Versoening? Die rivier is te breed. Ons moet teruggaan na die lande van ons voorvaders.

Poot ·

Cherokee.
Kry vir my plek in Duitsland of Rusland en ek trek onmiddelik. Anders bly EK NET HIER.
HIERDIE IS MY LAND OOK. Eks geen vlugteling nie.

Kerneels ·

Ons kan nie verlede verander nie. Hoelank gaan ons nog gestraf word vir dinge in die verlede wat ons niks aan kan doen nie

PLP ·

En toe die Zulus die Khosas en Sothos by die 100 duisende doodgemaak het was dit nie n misdaad teen julle eie mense nie. Moet nie vinger wys as jy nie eers jou eie land se geskiedenis ken nie

Hentie Smit ·

Wie dink CR is hy om vir my te besluit watter vlag ek moet respekteer en dat ek nie Die Stem moet sing nie. Hy moet dalk terug kom aarde toe.

isobell ·

ek is al so moeg vi apartheid se skuld. kry iets anders om oor te raas

Nel ·

Dis nogals snaaks dat die destydse veragtelike “apartheidstaat” die topppresteerder op die Afrika-kontinent geword het, dat duisende Afrikane nogsteeds hierheen stroom/vlug– weg van hulle eenpartyregerings en bankrot ekonomieë waar onmenslike omstandighede heers. En die snaakste van alles is dat in hierdie lande vanwaar gevlug word nooit ‘n beleid van “apartheid toegepas is nie, en waar die Afrikaner of Boer nooit regeer het nie! So meneer die pres. soek gerus ‘n ander sondebok wie jy kan blameer vir jou en jou regering se mislukkings.

Callie ·

Optrede teen wittes op die stadium is dalk erger. So is die nuwe apartheid nie n sonde teen die mensdom nie. Hy bly praat van sy mense. Duidelik is die wit Afrikaner nie deel daarvan. Ons redding sal wees in die Trumps wat erken hy is n Christen en daarvoor sal veg

HP ·

Versigtig nou ons president. Wat kan mens nou sê oor die nuwe regering, sy volkslied en vlag. Die koerante vertel die storie. Dis nou nie ‘n wen-wen onderwerp nie.

Thinus ·

Watter deel van die “Stem” gee aanstoot? Dit is vir my net so mooi en opreg as “Nkosi” en vervul my met liefde vir my mooi land. Ek behoort nie aan enige politieke party nie en voel opreg seergemaak deur die geagte president se standpunt. Vir my persoonlik is daar geen probleem met die speel of saamsing van enige van hierdie twee liedere nie. Ek is ‘n inwoner van Suid Afrika my geboorteland en ‘n Suid Afrikaner net soos u geagte president. Hoe kan u my vra om versoenend te wees en dan erge diskriminerende wetgewing teen my en my nageslag te bly najaag?

Gemaskerde Sopbeen ·

Die Stem en die ou Suid Afrika vlag is simbole van onderdrukking…………presies net soos wat die standbeelde van Mandela en die nuwe SA vlag simbole is van terrorisme, diskriminasie, ondrukking, volksmoord en korrupsie. Nou wat gaan ons nou maak?

Stefaans ·

Die Anglo-Boereoorlog was myns insiens ook ‘n misdaad teen die mensdom. Die verskil is, ons het aanbeweeg en ‘n toekoms gebou. Apartheid was sekerlik negatief, maar as dit dan so sleg was, hoekom moes ons die grense bewaak teen toestroming van mense van ons buurlande?

Jerry ·

Die struikelblokke in die pad van versoening en samewerking is die twee hoofnarre van die EFF en die van Afri-Forum.

peet van breda ·

Die grootste misdaad teen die Suid Afrikaanse volk is deur die anc regering gepleeg deur biljoene rande se diefstal……bedrog…..leuns…..rasse vervreemding…..drakoniese en onderdrukkende wetgewing teen blankes en kultuur vervreemding van blanke herkoms sowel as marganilasering van die blankes deur hul as tweede handse burgers te behandel in konteks met die grondwet ten opsigte van gelykheid,

Anoniem ·

Nee meneer die President, apartheid was nie ‘n misdaad teen die mensdom nie. Dit wat die regering vandag teen die blanke doen dit is wel ‘n misdaad teen die mensdom. Boere word op die mees wreedaardigste wyse vermoor, Afrikaans as taal word vernietig, Afrikaanse Universiteite en skole word aangevat omdat hulle dit durf waag om kinders in hulle moedertaal (Afrikaans) te onderrrig. Daar word hoeveel korrupsie deur die regering gepleeg. Wat van die beoogde grondhervorming sonder vergoeding. Blankes kry nie werk nie op grond van hulle velkleur en kan daardeur nie ‘n bydrae lewer tot die ekonomie van hierdie land nie. Daar is hoeveel geboue al afgebrand wanneer sekere mense nie hulle sin kry nie. Daar word nie meer behoorlike dienste aan die inwoners van Suid-Afrika gelewer nie. Om hierdie redes Meneer die President, kan ek nie die huidige Suid-Afrikaanse vlag aanvaar nie want dit simboliseer vir my as Blanke ALLES wat BOOS is.

Elsa ·

Kry apartheid nou uit die pad uit, anc het 24jr ” boggeroll” gedoen aan moorde, kapings, plundering, optogte, dienslewering, en vele meer, kom gefokus op nou…..

Amelia ·

As ek die nuwe vlag of dai onverstaanbare volkslied hoor, dan sien ek simbole van plaasmoorde. Hoe ons vrouens verkrag word en onskuldige mense net gemoor word. Hoe my geld wat ek dmv belasting betaal net gevat word en luukse huise gebou word ens ens ens….

VERKEERD ·

PLAASMOORDE IS ‘N MISDAAD TEEN DIE MENSDOM. Daar is in al die jare van apartheid nie so baie mense vermoor soos NA apartheid nie. So word wakker en stap nou van apartheid af. Wat se misdaad was dit? Is BEE ‘n misdaad? Is KWOTAS ‘n misdaad? Is EE en AA ‘n misdaad? Is KADEontplooiing ‘n misdaad? Wel as dit nie is nie was apartheid ook nie ‘n misdaad nie, want die ANC het nou sy eie APARTHEID en nou beskou niemand dit as apartheid nie maar as regstelling .neewat julle doen niks beter as die apartheidsregering nie, inteendeel die boere word op strepe vermoor wat darem nie in apartheid plaasgevind het nie.

Jaco ·

Bid jou aan: Daar was nie apartheid nie en die land is deur dansende Zoeloe impi’s ‘ontwikkel’. Daar sou GEEN ontwikkelde land Suid Afrika gewees het nie.

Spike ·

Die plaasaanvalle, moorde op veral bejaardes wat soos diere geslag word. Patetiese anc president, ministers, kaders wat die munisipaliteite vernietig het en mense nog in vandag se tyd nie sanitasie geriewe, water, werk het nie. Dit is MISDAAD teen die mensdom.

Spike ·

Die plaasaanvalle, moorde op veral bejaardes wat soos diere geslag word. Patetiese gewese anc president, ministers, kaders wat die munisipaliteite vernietig het en mense nog in vandag se tyd nie sanitasie geriewe, water, werk het nie. Dit is MISDAAD teen die mensdom.

Anoniem ·

Mnr Ramaphosa, weet jy wat is ‘n misdaad teen die mensdom? Dit is wanneer blankes verhoed word om ‘n werk te kry (al is hulle die beste kandidaat). Dit, mnr Ramaphosa is ‘n misdaad teen die mensdom.

JC ·

Mnr Padda;- ek het GROOT NUUS vir jou- iets is nie NET bloot die waarheid omdat dit jou verwronge ideologiese siening pas nie, EN OMDAT JY SO SE NIE.

WIE op aarde dink jy, is jy, om vir my te kom se my pragtige erfenis is HAATSPRAAK?

Wat is jou gronde daarvoor??

Moenie dink jou poging om ons te laat skaam kry vir ONS TROTSE, TROTSE erfenis, gaan werk nie, en dat jou toertjies vis-a-vis selfontkenning, oikofobie, GEPOOGDE INDOKTRINASIE en ‘n verwerping van dit wat daagliks meer-en-meer AL IS WAT MENS NOG VREDE, TROTS EN HOOP VIR DIE TOEKOMS KAN GEE [Afrikaners se erfenis IS GOUD, en is ‘n steunpilaar en baken van hoop vir die toekoms] , ons gaan plaas in ‘n staat van selfontkenning en-verwyt nie.

Ons pragtige ou Unievlag en “Die Stem” = GOUD.

Nog nuus: Verwyte, propaganda, dwang en innuendo werk nie meer nie, gaan vertel dit wat jy te se gehad het oor ons vlag en lied aan die alfabet nuusagentskappe (ABC, CNN, NBC, MSNBC, CBC ens.) Ons is nou wakker hoor! Die rewolusie is oppad!

Cyril, gaan blaas asb. jou “New World Order”, Soros- gesteunde (ook bekend as Haat- en- verfoei- die- blanke- man, sy prestasies en alles waarop hy trots is) toertjies en Sosiale marxisme (ingenieurswese) op ‘n ander plek, ons Boere stel nie belang nie.

Weet jy wat: ek is TROTS op MY vlag en MY Lied; en sal dit speel en waai, NET SOOS EK WIL! Sela !!

Casper Labuschagne ·

As dit so was, dan moet hulle my vervolg en toesluit vir my aandeel en ondersteuning aan die Apartheidstaat vanaf 1960 tot 1994. Soos dit is, is ek nie regtig entoesiasties vir hierdie reënboognasie wat Apartheid vervang het nie, en ek het nog minder vertroue in die toekoms.

Reguit ·

Apartheid is natuurlik ‘n groteske “misdaad teen die mensdom” (sic!) – behalwe natuurlik wanneer dit ge- “re-label” word en dan subtiel en stelselmatig teen die witmense ingespan word, nê – soos natuurlik gebeur in die wonderlike Azanië. Dan is alles mos reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.