Ramaphosa arriveer in Mahikeng

Die gebou van die Mmabana-stigting in Mahikeng is deur betogers aan die brand gesteek. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagmiddag in Mahikeng aangekom waar hy ʼn dringende vergadering met die ANC-strukture in Noordwes belê het in ʼn poging om ʼn oplossing te vind vir die voortslepende geweld in die gebied.

Ramaphosa het sy beleggingsveldtog in die Verenigde Koninkryk kortgeknip om dringend na Suid-Afrika terug te keer om aandag aan die situasie in Noordwes te gee.

Inwoners in die stad en omliggende nedersettings het Woensdag begin betoog om te eis dat premier Supra Mahumapelo bedank. Die betogings gaan gepaard met geweld, plundering en die vernietiging van eiendom en Mahikeng is heeltemal tot stilstand gedwing.

Plundering en die versperring van paaie het vandag ongehinderd voortgegaan ongeag die feit dat talle polisiebeamptes in die gebied ontplooi is.

Gewelddadige betogings woed in Mahikeng in Noordwes (19 April 2018). Foto: ANA

ʼn Groep inwoners het Vrydagmiddag buite die plek waar die vergadering met Ramaphosa sal plaasvind saamgedrom. Hulle wou weet of Ramaphosa sal verseker dat die ANC Mahumapelo gaan herroep.

“As Supra loop, gaan ek die hele Mahikeng koop,” het een man aan Ramaphosa se konvooi geskree toe dit by die vergaderingplek aankom.

Zeerust in die provinsie is ook Vrydag tot stilstand gedwing met winkels wat gesluit is en rommel wat in die strate gestrooi is. Verkeersbeamptes is langs die N4-snelweg net buite die dorp ontplooi om motoriste oor die situasie te waarsku.

ʼn Groep mense, waarvan die meeste in plaaslike winkels werk, het op straathoeke gestaan en wag vir taxi’s om hulle huis toe te neem. Taxi’s het ongeveer 2 km buite die dorp op die Mahikeng-pad vir pendelaars gewag.

Die betogings in Mahikeng het intussen ook oorgespoel na Wolmaransstad en Makwassie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sadie ·

What ‘n joke, Ramaphosa .. ek sien al klaar hulle skreeu #ramaphosa must fall .. jy gaan ook ‘n verrassing kry volgende jaar, nes die DA.

willie ·

Die anargie eskaleer eenvoudig terwyl die polisie te bang is op ferm op te tree na Marikana! Môre stem hierdie selfde wetteloses weer vir dieselfde leiers wat onbevoeg is!

marous ·

Wonder of hy ook gaan vergader met diegene wat die skade veroorsaak en aangehits het en hoe hulle gaan betaal daarvoor?

christa ·

wonder hoe hy voel hy dat sy eie mense so vernielsugtig is

geregtigheid ·

Dis duidelik dat Cyril panic. Dan noem mense hom ‘n sterk leier!

Adrian ·

Wonder of Zuma sy oorsee se besoek sou “kort geknip” het??

Natan ·

Siener van Rensburg het gesê dat die val van ons oorheersing sal kom met onrus vanuit die einste Noordwes (Wes Transvaal). Maar sien hoe dit eskaleer. Die Marikana slagting was ook in Noordwes. Hou maar sy woorde dop.

Willie ·

Nogal ironies. Prez in buiteland om vir beleggings te vra dan moet hy sy besoek kortknip om die chaos in SA uit te sorteer!! Watse boodskap stuur dit die wereld in. Hoop die Assie minister wat boere wil help laat van hom hoor na al die plaasaanvalle hierdie laaste week!! SA in TOTALE CHAOS!!!!!!!

humor ·

As die polisie nie die moed het om hd. wetteloosheid vas te vat nie is dit dit weer vir die ene malema n pluspunt CR sal dan moet tuisbly want hefaan le voor. Met die rookwolke en plundering het die vrae oorkant ook seker n bietjie warm geword.

Paul ·

Jy meen te sê dis die voornemende trijoene Rande se beleggings wat Cyril en sy span in die dae by die statebondskonferensie gewerf het, wat nou so in rook opgaan?

Rynhardt ·

Vanaand op SABC2 nuus wys hul dat die molesmakers alles by Mahikeng aan die brand steek ????terwyl Anc met premier onderhandel.Verder plunder en beroof hul uitlanders!Woede heers by albei groepe!??Verder eskaleer stakings met vervoer!DA wil Ramaphosa hof toevat oor spioenbaas.Ramaphosa se probleme eskaleer baie vinnig!SA word nou vinnig onstabiel met Anc wat nie sy mense kan beheer nie!???Onstabiliteit en geweld SA se voorland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.