Ramaphosa ‘bang’ vir presidensiële debat, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê dit lyk of pres. Cyril Ramaphosa bang is, want hy weier om deel te neem aan die langverwagte presidensiële debatte wat regstreeks op die SAUK uitgesaai sou word in aanloop tot die algemene verkiesing op 8 Mei.

“Die presidensiële debatkoördineerder dr. Bheki Shongwe het alle deelnemers skriftelik in kennis gestel dat die debatte gekanselleer is. Shongwe het gesê die rede vir die kansellasie is dat ‘alles tans daarop wys dat die regerende party nie die uitnodiging aanvaar het om aan die debatte deel te neem nie’,” het Maimane in ʼn verklaring gesê.

Die DA daag gevolglik Ramaphosa en die ANC om nie weg te skram van die presidensiële debatte nie en die uitnodiging te aanvaar om deel te neem. Die debatte kan dan geherskeduleer word en voortgaan.

“Ramaphosa stel homself weer beskikbaar as president van Suid-Afrika. Die minste wat mens van hom kan verwag is om met mede-partyleiers te debatteer oor hul onderskeie planne hoe om die land se grootste kwessies aan te roer, onder moderatorskap van ʼn onafhanklike liggaam.”

Maimane het gesê dit is noodsaaklik om oor werklike oplossings te debatteer soos die Eskom-krisis, die ekonomie, korrupsie en die veiligheid van inwoners. “Dit is ʼn geleentheid om aan Suid-Afrikaners te wys wat die verskille is in die beleide van die DA en die ANC.”

Hy het bygevoeg Ramaphosa het onderneem om ʼn kultuur van aanspreeklikheid en deursigtigheid te skep en hierdie debatte bied die ideale geleentheid om weg te breek van die verlede en Suid-Afrikaners te wys dat hy anders is as sy voorganger, Jacob Zuma. “Ons vertrou dat Ramaphosa sy besluit om nie deel te neem nie, sal verander, tensy hy iets ernstig het wat hy van die mense van Suid-Afrika wil wegsteek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Felix ·

Presidensiele debat? Mmusi gaan lees gerus eers hoe tree ‘n president op, watter kwaliteite so ‘n persoon moet hê, ek het ook ‘n idee hy moet integriteit hê, al die mense van die land verstaan om in hul belange te kan optree. Jy raai as jy dink jy weet wat ‘n president is, soos Malema en die ander wat glo hulle is van daai stoffasie gemaak.

TN ·

Felix , kom sê jy vir ons wat jou idee van ‘n president was ? PW Botha of FW de Klerk ? Wie wat ons al gehad het ? Moenie net sê wie is nie __ sê vir ons ook wie in die huidige politieke arena jy beskou as presidensiële materiaal .

Felix ·

TN, heel maklik, jy sal weet as jy een raakloop. Ek het eendag in ‘n staatsman se oë gekyk, ons was toevallig saam by ‘n funksie, hy het sy hand uitgesteek en my blad geskud. Dit is nie wat hy gedoen het nie, maar hoe hy dit gedoen het, ‘n ferm vriendelike kyk met ‘n gepaardgaande bladskud. En daardie stem wat mens laat besef ons is in goeie hande. Dit sal tot vandag toe my bybly. Hy het net daardie persoonlikheid gehad.

Laat ek dit so stel, as jy Elvis of Michael Jackson op die verhoog sien, weet jy, jy het iemand enig in sy soort raakgeloop.

Jy sal self weet as jy ‘n direkteur van ‘n maatskappy ens ontmoed van watter stoffasie hy gemaak is. Nie een van Cyril, Mmusi en allermins Julius het sodanige kwaliteite nie.

Katryn ·

TN, eerwaarde Kenneth Meshoe van die ACDP is die beste presidentskanditaat. Selfs Maimane kan hom voorstel indien die ANC onder die 50% draai. Opposisie partye sal die voorstel steun.

Daan ·

Felix, die kwaliteit van die meeste maatskapy direkteure deesdae is aan die swakkerige kant, uitvoerend en nie-uitvoerend. Gaan kyk maar net in Stellenbosch. Hulle stel net in geld en aandele belang, met zero simpatie vir gewone werkers en aandeelhouers, insluitend pensioenfondse. Hulle beskerm mekaar en gee kapitalisme ‘n vrot smaak wat ons almal gaan byt.

Felix ·

TN, ek was in my twintiger jare toe ek met daardie mense geskakel het, reeds op ‘n jong ouderdom blootgestel, en vandag dink ek terug aan hoe normaal dit vir my gevoel het. Vra jy my of ek weer op so ‘n jong ouderdom my sal laat blootstel, dan is my antwoord, dit hang net van jou ingestelheid oor die lewe af en of jy die vaardigheid het om mense te bestuur en hulle positief saam die toekoms in te vat. Maar natuurlik moet mens wyd belese wees en ook die kundigheid hê om mense te bestuur, kennis oor die vak/departemente, mens kan mos nou waaragtag nie als self doen nie.

TN ·

Ek het dit verwag ; jy het gladnie geantwoord nie __ ek het gevra wie beskikbaar OP DIE OOMBLIK , beskou jy as presidensiële materiaal ?

Felix ·

Hallo Daan, ek stry nie, ek weet waarvan jy praat, dit lyk my jy kom nog uit die ou ‘skool’ soos ek, miskien moet ek sê, ‘vergete’ skool. TN, dis mos nou maklik, sal ek weer sê, as jy nie iemand raakgeloop het of van weet nie, beteken dit nie dat daar nie is nie, jy moet maar gaan soek. Wat is die kwaliteite wat julle aan sodanige persoon heg? TN, jy is baie wys en sien neer op ander soos ek onderaan in jou kommentare lees. Dit daar gelaat. Mooi dag verder vir julle.

Hendrik UAE ·

HEHEHE ek sal Laaik as julle wil debatter met Dr. Muller of Ernst Roux of Kallie Kriel of sommer Steve Hoffmeyer,of kies enige kandidaat van VF of Afriforum .Maar ek glo nie julle het die (amper se ek dit) vermoe daartoe nie.HEHEHE.(Man tot Man 1tot1)

TN ·

Die mannetjies wat jy opnoem eet ek in enige debat oor die ekonomie , godsdiens en landspolitiek voor ontbyt , enige dag van die week .

Adam ·

TN, ek glo jou. Die politieke aanbod lyk beroerd en die nuwe regses laat Maimane eintlik goed lyk, al is hy ook maar ‘n politieke dwergie. Die debatte sal in elk geval van geen waarde wees nie omrede die ANC hul opponente ignoreeer op dieselfde wyse wat hulle die Grondwet ignoreer.

Boesman ·

Maimane, die borge het onttrek toe hulle hoor jy neem ook deel.

willem Botha ·

CR is n BEE oportunis en was en sal nooit n presedent kan wees nie hy,zuma en de de klerk is almal in dieselfde klas sorg eers vir hulself .

Trol ·

Seker bang Terror Lekota laat weer n ouwaarheidgranaatjie val.

Jerry ·

CR kan nie bekostig om aan debat deel te neem wat homself en die ANC se korrupsie, duistere motiewe en geheime verder sal ontbloot nie en nie net aan Suid Afrikaners nie, maar aan die buiteland van wie die ANC nog baie investering verwag! Sou die buiteland begin besef dat die ANC hulle mislei gaan dinge nog meer interresant raak! n Ontblote ANC sal n desperate en gevaarlike kalant raak wie nie sal skroom om die appelkar met klippe te gooi en aan die brand te steek nie en dan behoort SA te tel onder een van die sogenaamde “african countries” na wie Trump al verwys het! CR besef dit en hy besef ook dat die ANC elite en revolusionere strukture nog nie genoegsame rykdom verseker het om nou al daardie pad te stap nie!

Kerneels ·

Maimane het iemand van die Gauteng wetgewer gestuur toe die leiers van Vf+ en ACDP en Cope op Toekomsvonk ‘n debat gehad het. Was hy ook bang.

Jerry ·

Kerneels ek sal glo maimane sou bang wees, selfs ek ook, want Vonk de Ridder was seker een van die 200 entoesiastiese ondersteuners wat toekomsvonk se vinkel en koljander bogpraatjies bygewoon het.

Jf ·

Linda snert geen rede om bang te wees nie DA is ons enigste hoop om onder ANC regeerings uit te kom moenie Dom wees nie kry eers weer oor 5 jaar so n kans. Gebruik dit

Aggie ·

Ek stem saam met JF, as almal net vir die DA sou stem om teen die ANC in te gaan sou ons dalk n verandering kry en is daar hoop vir verbetering vir SA. Moenie eers eeen oomblik twyfel nie

Wonder ·

Ek hou baie van Mmusi, maar nie seker of die DA my stem gaan kry nie. VF+ definitief ook nie – kan nie myself met hulle assosieer nie. Dalk Cope? Wonder nog…

Johan ·

Maimane sal die vloer vee met Ramaphosa…miskien kan hul net n plaat aansit in Ramaphosa se plek wat vashaak met ‘I’m shocked’ en ‘I knew nothing’. Dis tog al wat hy ooit sê

Gert ·

Die DA en ANC is lankal in alliansie my vriend… selfde skelms met n ander ID…. Nee wat . Wat gaan aan in ons mooie kaap korrupsie moord mense wat instroom by die duisend p/dag werkloosheid ens ens .. en wie is in die staatsdepartemente te sien .. Wit / bruin mense nee…… Die onderdrukte minderbevooregte afgekraakte uitgestote mishandelde … van Afrika . Maar as jy in Clifton bly sal dit jou sekerlik nie raak want u made it… for now though.

Andreas ·

TN, ons het sulke mense soos Felix hier bo van gepraat het, maar nie onder die voorste drie partye nie.

Sarie ·

Ek weet nie hoekom die “groot DA” party so ‘n obsessie met die klein partytjies het nie. Om elke draai word hulle in die media verkleineer.

Alida ·

Dit is maklik. Enige mens met gesonde verstand weet dat as al die klein partytjies hulle by die DA skaar ons n baie goeie kans staan om van die korrupte ANC ontslae te raak. Al stem mens nie altyd saan met die DA nie stem net hierdie eenkeer reg om verlos te word van die skelms. ASB.

Sarel ·

Jammer maar Maimane is te lig in die broek vir Ramaphosa. Daar is op hierdie stadium in S A geen beskikbaar ” Staatsman ” met moed inttegriteit of Leierskap nie.

TN ·

Mmusi sal met CR mors ___ onthou dat CR se hele politieke repertoire op vier pilare rus ; leuens , bedrog , nepotisme en ontkenning ; nie moeilik om dit uitmekaar te trek nie . Die waarheid is ‘n lastige opponent , dit bly opstaan om BAIE lastig te wees .

ES ·

Woorde is wind. Geen debat gaan enigsins verandering bring nie. Aksies is wat ons nodig het. Daar is nie EEN politieke party wat ‘n goeie presidensiele kandidaat het nie. Want as daar was, sou daardie individu ‘n merkbare verskil gemaak het en almal sou dit kon sien. Ek stem maar vir die “lesser evil” gedurende hierdie verkiesing sodat die ANC, wat net so vrot van die bedrog is soos elke ander pery, nie sterker kan word nie.

corne ·

Merk my woorde.Die DA gaan n vragdom stemme verloor en dan se dit was gekook.Mmusi het die val van die DA gebring.DA kan vergeet om my stem weer te kry hulle pateties

Siener van Melbourme ·

Felix,
Ek ruil jou, jou eerbare politikus vir my hoender tande.

Felix ·

My hond staan nou hier langs my en lees saam wat jy skryf, hy is al oud en ek sien sy bek water sommer toe jy van tanne praat.

John ·

Die DA soos die VF+ teer op die swakhede en misdrywe van die ANC vir skreeuregte in die parlement. Die grootste gros kiesers verkies ‘n party wat hul giere en geite troetel. Glo Mmusi dat hy ‘n volmaakte party aan bewind kan plaas as die krake en klankies reeds vertoon? Sonder ‘n toom aan Mmusi sal die wilde waarheid sy kiesers tref.

John ·

Die DA teer op die swakhede en misdrywe van die ANC vir skreeuregte in die parlement. Die grootste gros kiesers verkies ‘n party wat hul giere en geite troetel. Glo Mmusi dat hy ‘n volmaakte party aan bewind kan plaas as die krake en klankies reeds vertoon? Sonder ‘n toom aan Mmusi sal die wilde waarheid sy kiesers tref.

Tom ·

Moesie is keen om te debatteer want dit is al wat hy kan doen -PRAAT!
Van dade is daar weinig te bespeur!

Andre ·

Mmusi, het nog nooit rerig sy grond gestaan nie. Hy blaf maar hy byt nie, na die verkiesing sal hy ook maar vergaan. Die ANC en Ramaphoser sal nooit `n debat toe staan nie, hulle weet hulle sal sleg op hulle neuse kyk.

hannes ·

Word asb wakker. Die DA is ook n klein party. Nie eers 25 persent.

Hendrik ·

Na die volgende verkiesing is die DA onder 15%. Die mense is moeg vir groot swaar partye en daar gaan al hoe meer kleiner partye in koalisies die stede beheer. Die enigste grootste probleem is dat die meerderheid nog aan die ANC kleef en dit is die landse grootste gevaar. Mag is geld wat na die sakke vloei.

Alida ·

Hendrik nou gooi jy sommer handdoek in. Die stem vir die DA is beter as geen stem. Mmusi sal hom bewys. Hy is slim en sy hande is skoon. CR hou die aandag van homself af hoekom? Hy is bang die jamblik wurms word groter en hy is daarbinne.

TN ·

Alida , jy kan nie iets goed oor Mmusi wil sê nie , die regses sal jou stenig . Hulle bly vaskleef aan wit baasskap , hulle wil niks hoor van samewerking wat kan werk nie !

TN ·

Ons droom lekker voort in die enigste provinsie wat naastenby goed bestuur wrod __ selfs die ANC se miljoene wat vanaf die Oos-Kaap aangery word kry nie die DA se puik werk in die Wes-kaap ongedaan gemaak nie ! Ons werk , en bereik resultate vir almal in die Wes-Kaap terwyl die Pietertjies vir die regses lieg en beloftes maak wat beperk gaan bly tot hulle drie-minute inset per jaar om hulle salarisse te probeer regverdig ! En soos een van ons advertensies tereg uitwys ___ hoeveel van die swendelaars wat onder JZ vergaar het , is al in die tronk ? Is dit dan nie wat CR belowe het nie ?

VanAfrika ·

Dis nie goed om die gesindheid aan te neem om vir die DA te stem om onder die ANC uit te kom nie. Dit was my opinie ook en het ons nêrens gebring nie. Het my respek totaal vir Miamani verloor, hy kry nie weer my stem nie, my ogies het oopgegaan. My stem gaan vir die VF. Ek het nou die dag n insetsel gekyk waar Groenewald vir Rhamaposa direk in sy gesig aangevat het, soveel meer dat “madam speaker” vir hom gesê om die huis te adreseer en nie vir Rhamaposa nie. Ons het n leier in Groenewald en moet ophou ons blindstaar dat hy nie vir sy mense staan nie. Inteendeel, ons moet vir VF stem sodat ons stemme weg hou van DA en ANC. Hulle altwee beteken die val van die Afrikaner. Maak julle oë oop want ons stem eers oor 4 jaar weer en ons moet begin wyke weg vat van die ANC en DA sodat ons, ons hospitale en skole kan beveilig (Driehoek)en dat ons kinders veilig grootword en terrorisme uitroei waar ons weer beheer kan neem. So sal ons stemme weer sterker word as ons verraaiers sien dat die manier van hoe ons dit doen n suksesvolle manier is. Dit het in die verlede gewerk, dit kan weer werk. Gee n boer n graaf en hy oes vir n nasie.

Frik Lotz ·

Die DA en ANC steun albei regstellende aksie en SEB. Hoe kan mens dan DA stem as hul dieselfde as ANC is? Enigste party wat veg vir minderhede se regte en gekant is teen regstellende aksie en SEB is die VF Plus. Netso is Dr. Pieter Groenewald vd VF Plus n sterk leier met integriteit en ruggraat!

bolla ·

VF+ erken nie die geweldige negatiewe invloed wat apartheid op 90% van die bevolking gehad het nie daarom ondersteun hulle nie die beginsel van regstellende aksie nie. Hulle lede ly aan ontkenningsindroom en dis juis hoekom ek NIE vir hulle sal stem nie. Ook hopeloos te veel wit rassiste in die VF+ ek wil my nie met so ‘n party assosieer nie.

Merie Perd ·

Op 31 Mei 1966, by die vyfjarige herdenking van die nuwe Republiek, beklemtoon die beste afrikaanse leier in Suid Afrika die volgende: ”…ons Staat is gebou op opoffering. Die bloed van dappere manne, dappere vroue het ons aardbodem benat. Sulke opofferings brand in ‘n nasie se lewe soos vuur, ‘n vuur wat nooit uitgedoof kan word nie. Dit vlam weer op wanneer die moeilikhede kom, selfs al sak dit intussen weg. Díe vuur wat die harte van mense staal, sal ons in stand hou. Ons sal ons met hart en hand bly toewy aan ons volk en ons vaderland…Aan hierdie Republiek van Suid-Afrika wy ons ons lewens en ons krag.” Die tyd vir bollie praat is verby Afrikaner. Wys my waar daar nou nog so n man is wat ons so kan vertrou. Word wakker doem profete

tom ·

@TN

Jy begin bietjie soos CancER klink. Enige negatiewe kommentaar teen die anc word afgemaak as rasisme en enige negatiewe kommentaar teen maimane of die DA word uitgekruit as “regse” kommentaar? I sjulle so bang vir die “regses” en “klein” partye dat julle aan niks anders kan dink nie?

In elk geval vir samewerking om te slaag moet alle partye iets bydrae of na die tafel bring en die DA het tans NIKS wat hulle aantreklik maak vir die blanke Afrikaner nie!

bolla ·

Nou wat maak die “wit Afrikaner” nou kamma so spesiaal? Mense wat in ‘n verenigde SA vir alle mense glo, sal nooit VF+ stem nie. Die Afrikaner het mos al voorheen op daai stink mishoop van selfwaan en uitsondering/eksklusiwiteit gesit. Het julle dan niks uit Apartheid geleer nie, kom by man.

TN ·

Bolla , dankie man __ daar is nie salf aan hierdie mense te smere nie !

Frik Lotz ·

Uitslae in Mogale City se tussenverkiesing wys DA is besig om baie steun te verloor en VF Plus is besig om geweldig te groei. VF Plus is die party om voor te stem!

@bolla ·

Snaaks genoeg glo die DA nie in ‘n verenigde SA vir almal en dit is hoekom hulle die anc se klein skoot hondjie is wat AA, BEE ens. ten koste van blankes steun. Reversed apartheid!
Interesant dat julle so vinnig na apartheid verwys as julle nie meer ‘ geldige argument het nie ( net soos anc). Ek het nie apartheid genoem nie!

Attie. ·

Ek het ‘n paar jaar stemondervinding agter my naam en lek wil ‘n beroep doen op almal om te gaan stem. Stem egter vir enige klein party want een van die grotes gaan jou stem nodig he in ‘n koalisie. Daar is blykbaar net twee partye wat teen Aborsie op Aanvraag is en die is die VF Plus en die ACDP. Ek stem vir een van hulle en my stem regeer dmv ‘n koalisie op ‘n paar plekke in die land. indien jy niks van blankes hou nie dan stem jy eenvoudig ACDP. Hou jy van die idee van aborsies dan stem jy Cope of vir enige v.d. kleiner partye. Die DA gaan nooit in SA wen sonder koalisievennote nie. Wees ‘n wenner en stem klein, moenie later huil nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.