Ramaphosa beantwoord vrae van virus tot doodstraf

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa is Woensdagaand gedurende die land se eerste virtuele presidensiële Imbizo spesifiek oor Covid-19 met vrae gepeper. Dié vrae van landsburgers was egter nie beperk tot die nuwe koronavirus nie en die president moes in ʼn bestek van een uur vrae oor die rookverbod en selfs die doodstraf beantwoord.

Maroela Media het vroeër berig die presidensiële Imbizo het ten doel om ’n platform te skep vir openbare deelname waar gemeenskappe direk met die regering kan kommunikeer oor uitdagings waarmee hulle worstel.

Verbod op tabakprodukte

Die president moes met die intrapslag van die virtuele gesprek verduidelik wanneer die verbod op tabakprodukte opgehef sal word. Ramaphosa se reaksie was egter waarskynlik nie wat menige rokers wou hoor nie.

“Ons sal nie vir ewig in afsondering leef nie en die verbod sal wel mettertyd opgehef word,” het hy geantwoord. Volgens Ramaphosa sal Suid-Afrikaners egter die verbod tot dán moet aanvaar.

Verbod op alkohol

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Ramaphosa is ook gedurende die presidensiële Imbizo uitgevra oor die regering se besluit om die verbod op alkohol op te hef. Die president het verduidelik dat die nasionale bevelraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus baie gepraat het oor die verbod op alkohol.

Die president het verduidelik dat ekonomiese aktiwiteite in ’n stadium moes terugkeer en dat die regering daarom besluit het om die verbod gedurende vlak 3 van die afsondering op te hef.

“Ons het egter die lelike kant van ons maatskaplike lewe gesien toe die verbod opgehef is. Alkoholmisbruik het gelei tot geslagsgebaseerde geweld, motorongelukke, mes- en skietvoorvalle,” het Ramaphosa verduidelik.

Die president het sy kommer rakende alkoholmisbruik uitgespreek.

Doodstraf

Ramaphosa is selfs gevra waarom die doodstraf nie weer in Suid-Afrika ingestel word te midde van die hoë misdaadsyfer nie. Die president het daarop gewys dat die Grondwet bepaal dat Suid-Afrikaners die basiese reg op lewe het.

As demokratiese land kan dié reg nie geskend word nie, het Ramaphosa verduidelik. “Ons is gebind deur die Grondwet.”

Ramaphosa het verduidelik dat daar ander maniere is om misdadigers te straf, soos lewenslange tronkstraf.

Waarom kan leerders terugkeer skool toe?

(Argieffoto: Unsplash)

’n Lid van die publiek het Ramaphosa gepols oor die regering se besluit om leerders terug te laat keer skool toe te midde van die Covid-19-pandemie indien Suid-Afrikaners dan die reg op lewe het.

Die president het verduidelik hoewel die reg op lewe uiters belangrik is, moet die lewensonderhoud van Suid-Afrikaners ook beskerm word.

“Dit is ’n berekende risiko om kinders skool toe te stuur sodat ons nie die akademiese jaar verloor nie, veral vir graad 7 en 12 omdat dit baie belangrike jare is. [Covid-19] is ’n virus waarmee ons sal moet leer om saam te leef,” het Ramaphosa geantwoord.

Ramaphosa het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul optrede te midde van die Covid-19-pandemie te verander. “Ons moet na onsself en ons geliefdes omsien.”

Die president het weereens benadruk dat Suid-Afrikaners hul hande gereeld moet was, gesigmaskers moet dra en sosiale afstand moet handhaaf.

“Kan ons die pandemie oorkom? Ja, ons kan. Hoe kan ons dit doen? Deur ons optrede te verander,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Die Wolf ·

n Graad 7 leerder sou beter gevaar het met antwoorde. Red nou n Nasie!

johan ·

So gedink, hy en Fikile ( Taxi verteenwoordiger) is van dieselfde formaat, hy kon maar net sowel by huis gesit het, praat in sirkels….

Magda ·

Dalk is HY een van die Taxi Eienaars – hoe sal ons nou weet!!!!!!

Magda ·

Dis hoekom EK nie geluister het nie – blalabllalalblalaalblalalal – praat baie maar se eintlik niks. Dan noem HY homself SA se “president” WHAT A SHAME

Snowball ·

We squint because the sun is bright.
We do the same when people are not.

Nico ·

As die president sê dat elkeen die reg het om te lewe, wat van die wat vermoor word. Misdadigers maak ‘n bespotting van alles wat orde en wetmatigheid voorstel, moord, roof, verkragting, vrees om soggens by die deur uit te gaan, oorvol tronke en gebrek aan geregtigheid is alles faktore wat die gewone wetsgehoorsame burger wanhopig maak. Doodstraf kan futiel wees in soverre dat dit geen effek kan hê nie. Slegs tussen 2% en 6% van alle misdadigers beland voor die regsbank. Genesis 9:6 sê, Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak. Genesis 28:1 sê, En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Elize ·

Ja maar nêrens is gesê dat een nasie die aarde moet vul nie!

Renee ·

Grootste klomp nonsens in n’ kort tydjie ek kon nie deurkom na hulle gesprek nie want al wat ek hom wil vra. Hy se die land sit met 2 epidemies (covid 19 en gender violence)maar ek wou hom net reg help en te se daar is eintlik 3 nommer 1 plaasmoorde 2 covid 19 3 gender violence. asook dat hulle te papbroekig is om die taxis kort te vat, hulle regeer mos die land. Wat doen hulle omtrent die taxis wat 110% oorlaai word .Hoe wil hulle met die reels die epidemie red?

Elize ·

Wie is hierdie man? Geen president se dinges werd want word deur sy boeties en sussies voorgeskryf en is net die puppet in die hele verhoogstuk

Fedup ·

Oh please cyril, you haven’t answered one of these questions at all.
Did headscarf sit before you with that evil stare?
Anyhoo, you really do not know your brain from your toes, do you?

Dries ·

Wat n grap hy praat goed wat hy self nie weet waarvan hy praat nie of eers verstaan nie

Nette ·

Die Grondwet kan verander word vir oneiening sonder vergoeding maar nie vir die doodstraf nie…ek wonder hoekom?

Eltan ·

So dit is belangrik om nie aan die grondwet te karring rakende die doodstraf nie (want die arme misdadigers moet mos beskerm word te alle omkoste)…maar dit is reg om aan die grondwet te karring om grond te gryp…wat n grap..

Jan ·

Hoe langer Cyril aan bewind is, hoe duideliker word dit dat die Nasionaliste nie eens met ‘n pampoen kon onderhandel nie.

Hoffie ·

Ek is jammer maar die pres het my hoegenaamd nie beindruk met sy vertoning. Vaag onsamehanged langdradig met ‘n groot omvang van niksseggende woorde…..

Riaan ·

Is daar iewers ‘n kursus wat verpligtend is vir enige persoon wat die politiek betree wat jou leer om baie te praat maar niks te sê nie ?

Chivago ·

“Berekende riskio” hahahaha….julle kan nie eers die volume van ‘n koppie tee bereken nie.

johan ·

wonder wat dink die buiteland as hul die snert hoor………

Paul ·

Ek kan nie glo SA word gestraf met so ‘n swak president nie!! ????

Frank ·

Maar die Grondwet mag maar verander word om grond onregmatig te onteien????

ES ·

Jip… die Grondwet wat julle opgestel het. Kriminele is nie bang om tronk toe te gaan nie want kos, blyplek en gratis onderwys word verskaf.

Almal “veroordeel” geslagsgebaseerde geweld, maar niemand doen iets daaromtrent nie.

Pieter ·

anc het lekker gekies watter vrae hulle wil beantwoord en wat hul agenda pas, en iemand het mooi antwoorde vooraf vir cyril getik om voor te lees. Laat luisteraars inbel en hom dan direk beantwoord op “live radio”, dan sal ons sien hoe anc rondploeter.

Thea ·

“Die president het daarop gewys dat die Grondwet bepaal dat Suid-Afrikaners die basiese reg op lewe het”…. Hoe pateties en belaglik! Wat van boere se basiese reg op lewe!

Danie ·

Ons is gebind deur die grondwet.
Groot grap!
Ons verander hom wanneer dit ons pas soos byv met ewc.
Is daar nog iemand wat hierdie man kan glo?

Gerhard ·

Die Grondwet geld ook net as dit julle cANCer-kaders pas…

Jack ·

Die mense raak nou slim want die woord mettertyd het nie n tyds bepaling nie dit is dieselfde as eendag. Ek dink die anc maak geld met die smokkel van onwettige sigarette.

Renee ·

Lees bls 14 in vandag se Beeld onwetigge handel in SA se sigarette Almal skep en skep hulle verkoop ons eie maatskappye se sigarette wat uitgevoer moet word aan ons onduik belasting en maak groot wins. Hoekom elke keer as daar na die rook verbod verwys word verander die onderwerp en se dit sal kom , minder geld vir belasting en meer vir hulle sakke

TO ·

Ek wil net vandag vir jou mnr die president saam met die ANC vra, waar is die reg van enige ander burger as jy sê die grondwet beskerm moordenaars se regte. Ja die grondwet beskerm net die krimineel ek moes my kind op 24 begrawe omdat julle verdomde grondwet die skelms van hierdie land beskerm. Nee okkie my grondwet nie want ek loop die reguit pad en is nie ‘n skelm. Ek wil jou en die ANC net se vandag, bid dat julle nie nodig het om julle kinders te begrawe nie. But on the contrary die wet sal vir julle sorg as jy kyk na hoe vinnig word mense opgespoor wat sekeres vermoor maar as jy nie eens boere se families besoek wat vermoor word nie, en ook ontken dat boere op strepie vermoor word, wie is ek ‘n normale citizen om enige geregtigheid te verwag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.