Ramaphosa bedank uit maatskappyrade

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het oor die afgelope 17 maande as raadslid van ’n aantal maatskappye bedank ten einde op sy “verantwoordelikhede in die regering te fokus”.

Ramaphosa het gister ‘n transaksie aangekondig wat sy “totale disinvestering” in die Shaduka-groep tot gevolg sal hê. “Shanduka se meerderheid aandeelhouers het ’n ooreenkoms aangegaan wat onder meer tot my totale disinvestering in die groep sal lei,” het Ramaphosa in ’n verklaring gesê.

“Intussen sal my familie se belange in ’n blinde trust gehou word.” Ramaphosa, die stigter van die Shanduka-groep, sê die transaksie sal hom in staat stel om “sy sakebelange in Shanduka te verlaat en op sy verantwoordelikhede in die regering te fokus”.

Ramaphosa het in Januarie verlede jaar, nadat hy tot adjunkpresident van die ANC verkies is, aangekondig dat hy gaan bedank uit sy posisies by Lonmin en Mondi. Ramaphosa was ‘n nie-uitvoerende raadslid by Lonmin en ‘n gesamentlike voorsitter by Mondi.

“In die volgende paar weke sal ek enige verdere praktiese stappe neem wat nodig is om te verseker dat ek voldoen aan die vereistes van die uitvoerende etiekkode en die handhawing van die integriteit van my kantoor,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.