Ramaphosa ‘bedrieër wat SA lankal versaak het’ – DA

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die lewering van sy begrotingstoespraak Woensdag in die Nasionale Vergadering in Kaapstad. (Foto: Fikile Marakalla / GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa is ʼn “bedrieër wat lankal tou opgegooi het wat Suid-Afrika betref”, het DA-leier John Steenhuisen Woensdag in die Nasionale Vergadering in Kaapstad gesê.

Hy het dié stelling tydens die presidensie se begrotingsdebat gemaak.

Maroela Media het vroeër berig dat Ramaphosa in sy eie toespraak grootliks op die kragkrisis in die land gefokus het. Hy het onder meer die versekering gegee dat die land se kragplanne goed op dreef is en dat daar tans “meer as 100 projekte in verskillende stadiums van ontwikkeling is, wat meer as 10 000 MW se nuwe opwekkingskapasiteit en meer as R200 miljard se belegging verteenwoordig”.

Steenhuisen meen egter Ramaphosa het lankal sy geesdrif vir sy werk as president en ook vir die land verloor. Hy het Ramaphosa ook gekap oor beloftes wat hy oor die afgelope vier gemaak het, maar waarvan daar oënskynlik dadels van gekom het.

Inteendeel, sê Steenhuisen, het Ramaphosa gedurende sy ampstermyn toegelaat dat die Suid-Afrikaanse ekonomie tot op die rand van die afgrond gestoot word, terwyl maatskaplike probleme net aanhou toeneem.

Steenhuisen het spesifiek verwys na Ramaphosa se inhuldigingstoespraak toe hy byna vier jaar gelede as president verkies is. In dié toespraak het Ramaphosa onder meer gesê dat daar “binne ʼn generasie” gewerk sal word om armoede te beëindig, dat geen kind honger sal ly nie en dat elke skoolkind sal kan lees. Ramaphosa het ook gesê dat elkeen wat gewillig is om te werk, die geleentheid daarvoor sal hê, terwyl ʼn nie-rassige samelewing ook tot stand gaan kom.

“Vier jaar later het die president egter elkeen van die beloftes wat hy in sy inhuldigingstoespraak gemaak het, verbreek,” het Steenhuisen gesê.

“Trouens, dit lyk of hy die afgelope tyd skaars in die werk belangstel; soos iemand wat lankal stilletjies tou opgegooi het.”

Steenhuisen sê Suid-Afrikaners moet Ramaphosa se beloftes mooi onthou, en dan ook dink aan wat hy werklik gedoen het.

“Hy het belowe om armoede te beëindig. Wat hy gedoen het, was om dit drasties verhoog.

John Steenhuisen tydens ’n onlangse onderhoud met BBC. (Foto: Skermgreep)

“Hy het ʼn skoon en verantwoordbare regering belowe. Wat hy gedoen het, was om dollars in sy Phala Phala-bank te stop.

“Hy het belowe dat geen kind honger sal ly nie. Wat hy gedoen het, was om voedselverspreiding by skole tydens die [Covid 19-]inperking te verbied. Hy het hongersnood onder kinders met 50% laat toeneem, met een uit elke drie kinders wat nou honger gaan slaap.

“Hy Suid-Afrika in fase 6-beurtkrag gedompel, want korrupte kaders moet eet terwyl die res van die mense honger ly. Hy het veroorsaak dat ons geldeenheid meer as 40% van sy waarde teenoor die dollar verloor het sedert sy inhuldiging.

“Hy het belowe dat elke skoolkind sal kan lees, maar ongeletterdheid het verhoog tot die punt waar 81% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie.”

Steenhuisen het onder meer ook die vermorsing van miljoene rand aan belastinggeld deur die staat, die misdaadkrisis in die land, toenemende voorvalle van geslagsgebaseerde geweld, werkloosheid en armoede asook verhoogde rassespanning en -verdeeldheid voor Ramaphosa se deur gelê.

“Die waarheid is dat die lewe in Suid-Afrika vandag vir almal baie erger is, selfs as wat dit gedurende die Zuma-jare was.

“Die waarheid, meneer die president, is dat u die mense van Suid-Afrika geflous het om te glo dat u ons land na beter tye kan lei. Maar jy is geen leier nie. Wat jy is, is ’n vertrouenswendelaar.

“ʼn Politieke glyjakkals wat jou bande gemelk het om ’n miljardêr te word en Suid-Afrika dan in die stof agter te laat. Maar die horrelpypdans  is verby. Die sakelui wat eens jou lof besing het, kan nie vinnig genoeg van jou wegstap nie.

“Die Reserwebank wat ’n sug van verligting geslaak het toe jy verkies is, waarsku nou dat jou liefdesverhouding met ’n oorlogvoerder [Wladimir Poetin] binnekort tot sanksies kan lei.”

Die EFF se Floyd Shivambu het tydens sy spreekbeurt kritiek op Kgosientsho Ramokgopa, elektrisiteitsminister, gelewer en gesê dat hy hom tot “megawatts verbind het wat nooit bekom sal word nie”.

“Dit is misleidend teenoor die nasie en gaan rampspoedig wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

JvR ·

Elke “verkose” president sal land versaak. Want dan is hulle op n ander payroll. Maak nie saak watse beloftes hul gemaak het nie

JohanR ·

Mens kan sien met al die goed wat die ou op die been gebring het dat hy al in 1994 die idees gehad het en kon nie wag om president te word om hulle in werking te sit. Ja Misky ons eie Mugabe! Dink nie een van ons sou Jacob Zuma vertrou, maar dan dink ek Jacob Zuma het ook nie die ou vertrou. Dis hoekom hy hom nooit in die Gupta “inner circle” in gebring het nie.

Koos 100 ·

Zuma is/was skelm, maar was darem openlik. Hierdie ou is skelm en geslepe!

Papsak ·

Ramaphosa het lankal hierdie land se belange weg gegooi hy stel niks meer belang nie onder hom en anc het SA dood gegaan armoede werkloosheid hongersnood alles neem by die uur toe wat maak hy nog op die stoel sit en verwoes land net verder regtig hulle moet uit gehaal word hy lieg met alles vir die land lee beloftes

Jessey ·

Ek wil net weet of die Miljoen huise wat hy belowe het in Alex gebou gaan word nou al fondasies het? Dit is darem al 4 jaar later

Harley Davidson ·

Hy praat die waarheid ramaposa het begin saam met sy boesemvriend fw by kodesa om die land te versaak, veraai of wat ook al jy dit wil noem.

Di ·

Wys my EEN Afrika land wat is sukses is??? GEEN want hulle het nog nooit iets opgebou of in stand gehou nie.

Susan ·

My Boetie ken Ramaphosa persoonlik agv sy werk in die apartheids jare. Al hierdie goed het hy reeds gesê/voorspel toe hy President geword het.

gpsa ·

Sy laaste prestasie om vir die wereld te wys dat ons saam met Rusland, is gaan ons nog duur te staan kom, dalk meer as enige van sy vorige prestasies.

Martie Smartie ·

KORRUPSIE = ANC REGERING AL 30 JAAR LANK, SAL NIE VERANDER NIE

Papsak ·

Wel Ramaphosa en sy korrupte regering anc moet vinnig pa staan vir hierdie krag krisis ons wag gaan nie aanvaar alles gaan net so vou nie hulle staan in die pad met hulle gestelery

Hendrik ·

John Steenhuisen ek hou van die wyse om onomslagtig en kaalkop onbevrees die waarheid aan die orde te stel. Ramaphosa verdien lankal geen respek meer nie. Hou daarmee vol!!!
En VFrond ons hoor nie eens die piep van n muis nie. Om hierdie kommunistiese anc met sagte handskoentjies te hanteer sal jul niks bereik nie! Hul verstaan nie die taal nie.

Watsenaam ·

Dankie vader, die VF regeer nie. Hulle verdien nie die ondersteuning wat hulle ge kry het nie. Kamstig n afrikaner party, se ” dinges” . Ons is almal teleur gesteld in hulle en ons sal in die toekoms ook nie weer vir hulle stem nie. Liewe hemel solidariteit is nie eers in die parlement nie en hulle doen meer vir die blankes as die FV. … sies Ga.

Gert ·

Vandat Barnabas verkies was kon nog geen land daarna n werlike goeie leier oplewer nie.

Catherina ·

All that these presidents and cabinets have accomplished is…..A FAILED STATE

domheks ·

Wonder hoe die anc in die geskiedenis boeke die presidente se prestasies/mislukkings sal beskryf?
Failed, failed, failed, failed …

Watsenaam ·

My Moeder is al amper 50 jaar terug oorlede. Sy het altyd gesê,”my kind, dit is net mense met groot seksueele drange en lae IK’s wat baie kinders het. Hulle sal lieg en bedrieg om hulle doel te bereik en te kry wat hulle wil hê. Jy nie moet nooit met hulle assosieer nie.Ek lees nou die dag op Maroela, iemand sê die gemiddelde IK van”our people” is so om en by 69-70. So my ma was toe nooit verkeerd nie.

annie ·

John moet asb verduidelik wat die DA tot dusvervself reggekry het om dienland op te hef. Sou Steenhuisen president word sal hy ook nie veel vermag met die byna 70 milj inwoners nie want elkeen neig in ‘n ander rigting en die uitdaging is groot in Afrika. Hy kan gerus na die Oekraïene verhuis. Sy hulp is dringend nodig daar.

Chris ·

Dit is skokkend om te lees dat wit Suid-Afrikaners mekaar en leiers wat iets probeer doen om ons pragtige land te red afkraak en slegmaak. Jullle wat so slim is, stig jou eie oarty en staanop vir jou regte en die land waa r jy gebore is. Om die president kaalvuis so aan te vat sit nie in elke ou se broek nie. Ek skaam my vanmore oor wit mense se gedrag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.