Ramaphosa bekommerd oor munisipaliteite se geldsake

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

“Enige pogings om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter sal slegs slaag wanneer ons plaaslike regerings se uitdagings doeltreffend pak.”

Só sê pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste nuusbrief oor die stand van munisipaliteite se geldsake en hul vermoë om aan die behoeftes van gemeenskappe te voldoen.

Ramaphosa het onder meer verwys na ʼn tekort aan geld, wanbesteding van geld wat wél beskikbaar is en selfs die onderbesteding van toelae wat gemik is op dienslewering en sê dit dra by tot velerlei probleme op plaaslikeregeringsvlak.

Sy opmerkings volg op die ouditeur-generaal (OG) se jongste verslag oor hoe plaaslike munisipaliteite belastingbetalers se geld bestee.

Die verslag het gewys dat slegs 38 (15%) van die 257 munisipaliteite landwyd skoon, ongekwalifiseerde oudits ontvang het. Altesame 203 munisipaliteite het boonop ʼn onvoldoende begroting vir die onderhoud van infrastruktuur, en dit blyk dat basiese finansiële beheermaatreëls by die meeste munisipaliteite ontbreek.

Ramaphosa sê die probleme is Vrydag deur die presidensie se koördineringsraad bespreek. Dié raad beraadslaag met provinsiale en plaaslike regerings om die inwerkingstelling van regeringsprogramme te koördineer en te verbeter.

Volgens Ramaphosa gebruik verskeie munisipaliteite dikwels nie die toelae wat die nasionale regering aan hulle toewys nie. Dit ondanks die feit dat die meeste munisipaliteite in geldelike moeilikheid is.

Die afgelope jaar het sowat 88 munisipaliteite versuim om minstens 10% van hul munisipale infrastruktuurtoelae te gebruik. Dié toelaes is veronderstel om gebruik te word om enige infrastruktuuruitdagings te takel.

“Nog ʼn uitdaging is dat geld wat nie vir ʼn spesifieke doel bewillig word nie, dikwels verkwis word,” sê Ramaphosa.

Tog het talle munisipaliteite aangedui dat hulle nie genoeg geld het om die nodige projekte van stapel te stuur nie.

“Dit is dikwels waar omdat hulle uitdagings ondervind sover dit die invordering van inkomste vir water en elektrisiteit betref.”

Ramaphosa sê dit is van uiterste belang dat munisipaliteite geloofwaardige, volhoubare en goed bestuurde inkomste-invorderingsprogramme het. “Burgers moet ook hul rol speel deur vir dienste te betaal.”

Die raad het aanbeveel dat die nasionale tesourie en die departement van samewerkende regering maatreëls ontwikkel om munisipale inkomste-invorderingstelsels met dringendheid te ondersteun en te verbeter.

“Soos die ouditeur-generaal se verslag aangedui het, het munisipaliteite dikwels die skuld vir hul finansiële probleme toegeskryf aan swak skuldinvorderingspraktyke,” sê Ramaphosa.

Die raad het ook beraadslaag oor die dringendheid om die finansieringsmodel vir munisipaliteite te hersien om te verseker dat hulle genoeg geld het om hul werk te doen.

“In die lig van die behoeftes van ons burgers, die haglike omstandighede waarin miljoene mense leef, en voortdurende diensleweringsmislukkings, is die bevindings van die ouditeur-generaal ernstig en benodig dit ʼn gekoördineerde reaksie.

“Die mense van Suid-Afrika verwag en is geregtig op plaaslike regerings wat daar is om hulle te dien en om hul reg op waardigheid te handhaaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Gert ·

Ek glo hy was geweldig geskok toe hy uitvind dat munisipaliteite geldelike probleme het.

Papsak ·

Ag lag ek nou hahahaaaaaaa hy bekommerlik hy gee niks om vir die land nie hoekom nou worrie ag asb hy skrik laat wakker

Pietertjie ·

My maggies! En hoeveel jaar is hy al aan bewind? En hoeveel jaar voor dit was hy in die parlement? En hoeveel jaar voor dit was hy al lid van die ANC? Nóú eers raak hy “bekommerd”. Waaroor is hy nogal bekommerd? Dat die melkkoeie begin opdroog? Wat ‘n grap!

Amelia ·

die hele regering wanbestee geld noem vir ons onder wie val die munisipaliteite wat nie skoon oudits het nie se dan ook wie nie betaal vir dienste nie Glo nie dit word genoem nie

Suzette ·

Jy en die kabinet kan nie eens doeltreffend “regeer” nie – wat op aarde sal julle nou eintlik kan doen aan die munisipaliteite se uitdagings en toestand. JULLE is die oorsaak van die gemors wat in die land aan die gang is – hoe kan julle dit nie verstaan nie????????????????????????????

Andries ·

Nou toe nou. Na amper 5 jaar het di pennie geval! Maar di -99.99957% opbrengs wat staat uit ‘belegging’ van R233.6 miljard oor laaste 5 jaar, aan SBE’s gemaak het, pla niemand ni…

Sobymykoolkop ·

En hier kom natuurlik ń komissie van ondersoek deur ñ afgetrede regter en 2 of 3 helpers.

Strandloper ·

Saint mandela se promise land backfire lekkerrrrrr ne! Maak soos die res van die wereld…werk n slag voor jy eet! Dalk, net dalk moet mens vir dienste betaal…

Hannes ·

Begin by jouself en jou regering. Die ANC moet bitter vinnig die trekpas kry.

Johann ·

Ja RamaNocio. Jy en jou drog wêreld waar jy konstant veras is oor die gevolge van jou en jou magsmak ANC se vergrype. In your FACE rugraatlose pleaser.

domheks ·

Ja, ne? Verbaas/Geskok soos gewoonlik! Na 30 jaar se wanbesteding van fondse! Stel nog ‘n kommissie van ondersoek aan – ook soos gewoonlik.
Dit is net ONBEVOEGDE mense wat cANCer in poste INDRUK!

Koos 100 ·

Al wat jy kan doen is geskok wees en kommissies aanstel. Dis vir my ‘n wonder hoe jy kan asem haal met jou kop so diep in die sand geplant!

Sean ·

anc burgermeester is onbevoegd Onthou net alles wat nou uit die anc se monde kom is om stemme te werf Daars minder as n jaar oor Ons gaan nou baie mooi praatjies hoor

Jeanette ·

JA EN KYK MAAR MOOI SO BY EINDE VAN DIE JAAR EN VROEG VOLGENDE JAAR GEEN MAAR GEEN LOADSHEDING NIE EN HOEKOM NOU WIL HULLE WEER WYS ONS KAN KRAG AAN ALMAL VOORSIEN, EN DIE ARME SKAPE STEM MAAR WEER VIR HULLE. MAAR AL STEM NET 3 MENSE VIR DIE ANC HULLE SAL ALTYD WEN WANT DIS’N GEKOOK MET DIE STEMME

JohanR ·

Is al weer Maandag en pres. Ramaphosa strooi weer sy gewoonlike strooi oor die land!

Porseleintjie ·

En almal is bekommerd met jou aan die stuur van Suid-Afrika se sake.

Vrystaat2109 ·

Rip van Winkel het met een groot bang wakker geskrik, en wat gaan hy nou doen? Dit is wat inwoners wil weet, gee vir ons jou plan met tyd skedules.

Euodia ·

Hy is die naam president nie waardig nie!! Hy het nie ‘n clue wat in die land aangaan nie en omdat hy nie weet nie stel hy kommissies aan wat die land klomp ekstra geld kos.Sy ministers en munisipiteite doen nie hul werk is nie te vertrou nie en is hul salarisse nie werd nie. Maar hy is te bang om hulle af te dank want hulle sal hom volgende jaar laat wen.
Patetiese klomp????????

Pieter9 ·

Verstommend dat hy presies weet wat die probleme is; tipies sy manier van dinge projekteer. By wat hy gaan doen en wanneer, kom hy nie by uit nie. Hy wag dat iemand van ons se wat moet gedoen word dan kan hy se, om politieke punte te kry, ons is nie meer ‘n apartheid-staat nie.
En dan gaan alles maar net weer aan soos voorheen.

Jr ·

I am so surprised and shocked to hear about this. I was not aware. I want a commision of enquiry and apologise for the inconvenience. Heh heh he

annie ·

Geld en nog meer geld. Dit is die oorsaak van al die probleme in die land. Cyril is deesdae onsigbaar ook weens sy geldbeheptheid. Sal dit in die toekoms beter kan gaan in ons land? Niemand het ooit genoeg daarvan gehad nie en misdrywe word as al oplossing gesien. Dit wil dan eerder voorkom of nog erger dae vir ons voorlê.

Feite ·

Ag my hemel! Was die man alweer ‘SHOCKED and AMAZED”?????? Hy werk net vir homself en die select few multibiljoeners. Europe koop ons kool ten duurste aan om hulle krag aan die gang te hou en SA moet 3 biljoen n maand aan diesel spandeer om die ligte aan the hou….. FFS

Chris ·

Hoekom stuur hy nie vir elke munisipaliteit net een van sy rusbanke vol dollars, met komplimente van Bill Gates nie!!;-)

Annatjie ·

Het hy wakker geskrik en die feite ontdek. Hy leef in ‘n “bubble”

Yvonne ·

Shame hy het seker nie n oog toegemaak nie……snaaks hy vind dit nou eers uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.