Ramaphosa bekragtig nuwe minimum loon

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Wet op die Minimum Loon Vrydag onderteken nadat dit jare lank gesloer het.

Die presidensie het nog nie ʼn amptelike verklaring in dié verband uitgereik nie maar Ramaphosa se ondertekening van dié wet is uit talle oorde bevestig, insluitend vakbonde. Die nasionale minimum loon sal van 1 Januarie 2019 af geld.

Die wetsontwerp oor die minimum loon is in November verlede jaar in die parlement ter tafel gelê en is in Mei vanjaar deur die Nasionale Vergadering goedgekeur waarna dit na die Nasionale Raad van Provinsies verwys is. Die raad het dit in Augustus goedgekeur waarna dit vir ondertekening na Ramaphosa gestuur is.

Die nuwe minimum loon is R20 per uur of R3 500 per maand vir iemand wat vyf dae per week agt uur per dag werk. Uitsonderings is egter gemaak vir huiswerkers, plaaswerkers, mense wat deel van die regering se openbare werke‑program uitmaak en interns.

Werkgewers van plaaswerkers en huishulpe sal ʼn periode van twee jaar kry om die werkers se salarisse in ooreenstemming met die styging na R20 per uur te bring.

Volgens die nuwe minimum loon moet plaaswerkers minstens R18 per uur (90% van die minimum loon) kry terwyl huiswerkers R15 per uur (75% van die minimum loon) moet kry.

Werknemers wat deel van die uitgebreide openbare werke‑program uitmaak, moet minstens R11 per uur kry terwyl die minimum loon vir vakleerlinge en interns nog nie bekend is nie aangesien dit afsonderlik gereguleer gaan word.

Die regering het gesê die doel van die nuwe wet is om ʼn nasionale minimum loon daar te stel ten einde ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid te bevorder deur die lone van die laags betaalde werkers te verhoog en werkers te beskerm teen onredelike lae lone.

Die vakverbond Cosatu het die ondertekening van dié wet verwelkom. Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, het in ’n verklaring gesê die nuwe wet sal die lone van sowat die helfte van die bestaande arbeidsmag, of sowat 6,4 miljoen werkers, verhoog. Volgens Parks sal dit ’n kontantinspuiting in werkers se sak wees en ’n stimulus vir die ekonomie beteken.

Ondernemings sal ook aansoek om vrystelling van die minimum loon kan doen indien hulle dit nie kan bekostig nie.

Ramaphosa het glo ook die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

leser ·

augustus aan “stir-all” gestuur en hy teken dit nou eers
dit werk uit dat hy 3 maande agter is met sy “werk”
hy steek sy neus te veel in ander se sake en kom nie by sy eie werk uit nie
in plaas van by die huis bly en ophou rondrits op ons belasting betalers se geld

Geeltrui ·

Dis inderdaad goeie nuus. Nou kan ek my huiswerker en tuinwerker se salaris drasties verminder. Hulle kan dit vat of loop.

Nomza ·

Dis n gawe idee. Myne kry ook meer as dit per uur. Dan MOET ek nog hulle vervoerkoste betaal ook wn hulle kos gee.

Oorbetaler ·

Ironies – baie huiswerkers en tuiniers kry reeds meer as die minimum voorgeskrewe loon vir dié tipe werk en sommige kry ook selfs meer as die nuwe R20 per uur minimum loon. Beteken dit dan dat vir die volgende paar jaar, hierdie werkgewers hulle werkers nie jaarlikse verhogings hoef te gee nie aangesien hulle reeds oorbetaal is?

Willie ·

Sosialisme is maar Afrika se manier. Dis hoekom hulle sit waar hulle sit.

Lara ·

Alle bejaardes, jong mense wat probeer voete vind, stuur julle werkers na ZAR, die het geen idee dat daar BAIE mense is wat werk probeer skep maar self nie welaf is nie.

Koos ·

Dit is te min. Ons moet mense meer betaal dat hulle kan oorleef en ‘n toekoms bou. Baie mense werk baie hard vir so min geld. Van die mense vir wie hulle werk het reeds te veel en wil nog meer he, tewyl die mense wat vir hulle werk sukkel. Dis ‘n skande en sonde.

Been ·

Ek het gesluit en is op pad uit. Ou kosie, jy kan gerus SA se hordes welbekende “slim, fluks en produktiewe” werkers in diens neem. Ek is seker hulle sal jou oneindige gasvryheid waardeer en ek is seker julle verdien mekaar.

Petro ·

Dis omtrent tyd! Betaal mense ordentlik dat hulle kan leef…

Herman P ·

MAW binne 2 jaar gaan meeste huishulpe se dienste uitfasseer. Kan hulle elk geval nie meer voltyds bekostig nie

Wikus ·

Ek twyfel sterk of dit sal gebeur. Ons weet mos die meeste mense is te gemaksugtig om al hulle huiswerk self te doen.

C ·

Ek dink hierdie is ‘n goeie idee want dan gaan my huiswerker dalk nou tot tenminste 4 uur of 5 uur werk elke dag anders is dit “no work no pay” ek dink ek betaal my huiswerker dan die hele tyd te veel (heeldag se salaris al werk sy net tot so om en by 1 uur) Dankie Cyril. :)

lewies ·

Hoe gemaak met die werkers wat veronderstel is om 8 uur te werk, maar staan en gesels (sosialiseer) of kyk hoe die ander die werk doen. Hulle werk effektief nie 8 uur per dag nie maar 5 uur/dag. Hoeveel van die R20 per uur het hy dan verdien. Ek praat nie eers van die selfoonoproepe wat hulle ontvang nie. Binnekort sal mense net te bly wees om ‘n werk te he. As ek so na die kommentare kyk, dink ek dat die wet meer skade gaan aanrig as wat dit goed probeer doen.

Prakties ·

Lewies, produktiwiteit hang van toesig af. My huiswerker kry R27.50 per uur en werk van 8 uur tot 4uur, maar sy is produktief en daarom maak ek net 10 dae per maand van haar dienste gebruik. Sy doen stukwerk elders om haar salaris aan te vul. Sy kry dus nie ‘n ellendige loon nie, is produktief en ek kom reg sonder ‘n huishulp die res van die tyd. Daar is werkbare oplossings en mense wat van huishulpe en tuiniers gebruik maak, behoort al die moontlikhede te ondersoek.

LB ·

Ek wonder altyd oor gesonde mense met huiswerkers en tuinwerkers. Is julle werklik te lui om jul eie huis op te ruim, n hark te neem of om gou gras te sny i.p.v naweke in die malls rond te lê? Spaar geld, word fiks, wees veiliger, geniet jou huis en tuin en leer jul kinders van netheid en wat dit beteken om iets nuttigs te doen. Ons het ‘n gemaksugtige nasie geword.

Koos ·

As jy te lui is om self te werk, dan betaal die mense goed wat nie bang is om te werk nie. Ek sien baie lui mense hier.

Piet ·

Daar is mense se kommentaar wat pateties en skandalig is. Die blatante arrogansie om te sê R20 ‘n uur is te veel. Bedorwe, suinige mense wat nie ‘n idee het wat swaarkry is nie. Skaam julle en die wat julle opgevoed het.

Daan Erasmus ·

Piet. Dit is duidelik jy is ‘n werknemer en nie ‘n werkgewer nie. Ek as werkgewer kan nie my pryse net aanpas nie. Ek is ‘n prys nemer. Dit is duidelik dat die kommentaar van die werkers hier nie die realiteite van ‘n werk GEWER verstaan nie.
Die probleem met Sosialisme is dat ander mense se geld op ‘n tyd klaar raak.

Carisma ·

Ek stem saam dat mense wat dit maklik het nie besef dat met R3500 kan n mens nie mee uitkom nie. Jy kan nie eers n kamer huur vir daai geld nie. Dis nie reg nie.

Daan Erasmus ·

As dit dan so ‘n blink idee is, en geld in die ekonomie gaan “inpomp”. Kom ons staan ‘n oomblik stil by die invloei / inpomp van geld. Hierdie skuif bloot geld. Geld moet by iemand weg gevat word om vir iemand anders te gee. Dit is gee. Selfde werker. Selfde produktiwiteit.
As dit regtig so ‘n puik idee is, maak die minimum loon R20 duisend per maand. Dan gaan dit mos met baie meer mense beter.

grotman ·

Die Bybel se n dagloner is sy lone werd. Ek sien baie het n negatiewe kommentare maar r20 x 8h is R160 per dag. Neem daai bedrag en gaan doen inkopies vir n gesin van 3 veral as jy enigste broodwinner is. Dan praat ons weer.

Jors ·

Grotman, dis reg maar wat dan van die mense wat van Sassa afhanklik is? Hoe kan hulle op ongeveer R1600 per maand koop, leef en oorleef?

Huiswerk ·

Huiswerker kry R25 n uur as sy voor 12 uur alles klaar . As sy na 12 uur nog werk val die rate na R20 per uur .Begin 8:00 uur

Oiuy ·

Hoe moet mense met R20 per uur oorleef? Dit gaan my verstand te bowe, dat daar mense is wat klae dat R20 per uur te veel is. Hoe bou ‘n mens ‘n samelewing op wat so I halig is? Ek daag elke persoon uit wat klae oor die R20 wat te veel is, om vir daai krimmels te gaan werk en te oorleef.

Wesley ·

Ek vind dit snaaks dat mense se dit buitensporig en praat ook van dat hul deure toemaak daaroor. Ja daar dis die wat sukkel wat hul eie salarisse sny en dan ook daai vakansie kanseleer om deure oop te hou, maar seker baie hier die eintstes wat 100duisende n maand verdien deur hul brandewyn en braai dubbele kennebakkies op n kantoorstoel deurbring terwyl hul seker hul werkers en huishulp nie eers n 100rand vir n dag se hardewerk wil betaal nie. Ek ken persoonlik baie sulke mense. Selfsugtig en maak my siek. Met my skamelike salaris kan ek net een dag n week n huishulp bekostig, en betaal hul met n glimlag op my gesig baie meer as wat die ou gov vir my voorse. Dit is nie verwaamd wees nie. Is die regte ding om te doen sodat die mense kan leef. Mense hier wil net arm mense wat desperaat is meer uitbuit. Hul vind dit lekker en brag seker nog ook daaroor.

Johann M van Heerden ·

Ek het nie ‘n probleem met die omvang van die bedrag nie, maar met die beginsel. Mens skryf nie sulke goed voor in die wet in ‘n kapitalistiese demokrasie nie. Laasgenoemde soort demokrasie lok beleggings en skep werk. Dit is ook bloot skelm politiekery as jy hand om die blaas is met bv die Chinese, wat hongerlone betaal en jou eie werkgewers wat met hulle moet kompeteer so penaliseer. Laat mense werk waarvoor hulle bereid is en skep werk. Dan werk meer mense al is dit vir min. Die werker moet sy arbeid aan die hoogste bieder verkoop. Die ANC kos ons beleggings en groei EN werkgeleenthede. Nou gaan krap hulle ook nog waar dit nie jeuk nie. Hulle verstaan of wil nie verstaan nie en koop stemme by vakbonde wat bevoorreg is om werk te he. ‘n Werk is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie. Alleen die kompetering vir werk is ‘n reg.

Marts ·

Wat van ou mense se pensioene? Hoekom kan dit nie verhoog word nie?

Sarah ·

Ek skaam my vir van my eie mense se kommentaar. Ek woon al amper 3 jaar oorsee. Hier betaal mens ‘n huiswerker $25 PER UUR! Ek kan iemand 2 ure per week bekostig. Ons woon in ‘n lieflike samelewing hier waar almal se kinders dieselfde kwaliteit opleiding geniet. Strate is veilig. Dit is bevrydend om jou eie huiswerk te doen. Mens leer respek en waardering aan vir die persoon wat dit jare lank vir jou “verniet” gedoen het. Hoe moet iemand oorleef met R20 per uur? Ek skaam my morsdood as ek dit betaal vir sulke harde werk. En moet asb nie weer vir my antwoord “bly waar jy is, ons land het jou nie meer nodig nie”. Glo my, ek wil verseker nie ooit weer in so “entitled” samelewing saamleef nie.

Koos ·

Dankie dat jy nie meer in my land bly nie. Want jy weet ook seker nie wat dit is om te werk nie. Ek is so dankbaar dat mense die land verlaat en dit vir ons los wat ‘n verskil wil maak.

Carol Van Niekerk ·

Om sarkasties te wees bring jou nerens dokter. Tel jou seenjnge en wees dankbaar . Jy weet nie wat hier aangaan nie. En jy Dr het jou land en sy mense gefaal ons wat agterbly maak die beste van n slegte saak. Waar jy bly en ons bly verskil soos dag en nag. So hou maar jou opinie vir jouself!

Marius ·

Daar is genoeg werknemers wat nie meer bereid is om SA se ‘werkers’ in diens te neem nie, en nou nóg minder. Wag maar en sien die resultaat.

Koos ·

Dis hoekom soveel besighede vou. Want jy kry waarvoor jy betaal. So aan al die mense wat wergewers is en kommentaar lewer dat dit te veel is: dis hoekom julle altyd sal sukkel in die lewe en in besigheid. Gelukkig is daar genoeg van julle wat so dom is en vir my laat geld maak terwyl julle sukkel. En my mense is gelukkig.

Sarah ·

Groot plesier ek bly nie meer in “jou” land nie. Ek werk wel, ek is ‘n dokter. Ek hoop “jou” land doen genoeg om die bietjie dokters wat oor is daar te wil hou. Enige land het dokters nodig of hoe? Nee wag, ek het gelees 3 dokters is onlangs geskiet in “jou” land. Veilig slaap. ✌?

Michael ·

Ek skaam my dood as ek my mense R20.00 n uur moet betaal.regtig waar.

Michiel ·

‘n Mens kry verskillende tipe werkers. Daar is bevoegde werkers met kwalifikasies en ondervinding wat vanselfsprekend op ‘n hoër inkomste skaal is. Dan kry mens die gewone lae-inkomste werkers – hulle is nie gekwalifiseerd of bevoeg vir alle werk nie – hulle is die (ongeskoolde) lae inkomste loners wat gewoonlik roetine/repeterende werk verrig soos in vervaardiging, landbou, ens. Daar is heelwat werkgewers wat lae-loon werkers vir produksie moet gebruik wat eenvoudig nie die minimumloon sal kan bekostig nie (weens produksie koste), en daardie loners gaan heelwaarskynlik hulle werk verloor, en hulle is baie. Dít is die realiteit. Daar is verder heelwat mense wat reeds SASSA toelae, ens, ontvang. En moenie vergeet nie – daar is soveel goed-gekwalifiseerde mense in SA (met selfs twee grade) wat sukkel om werk te kry – net omdat hulle wit is!!

Alida ·

Ek het 1x per week op n Saterdag n hulp. Ek betaal haar R150. Sy begin 7 uur en soms is sy 11uur kkaar. Dit is net n woonstel. Sy kry ontbyt en ander kos en as ek n nuwe ding koop kry sy die oue. Het al 2 TV’s en n sitkamerstel hier weg. Praat nie van die sakke klere, linne en komberse nie. Is dit nou onregverdig?

Anoniem ·

Ek betaal niemand niks !!!. Doen al my werk self en is sterk oppad 60tig toe dis waar baie van die aanvalke kom .

Alida ·

Geluk Anoniem jy werk seker nie nog op 77 voltyds nie en kan dit doen. Dit wat ek vir my huishulp doen doen ek met liefde. Ek koop selfs haar kind se skoolklere. Sy het net 1 kind. Naweke rus ek.

Andrea ·

Stem saam met jou, dis beslis baie keer die huishulp en/of tuinwerker wat deel het aan die moorde. Maar ongelukkig kan nie almal self die huiswerk, wasgoed en tuinwerk alleen behartig nie. Ek wil graag afskaal en klein huis met klein tuin huur (nie weer koop in hierdie politieke klimaat nie), maar my man weier. Ek kan nie alles behartig met n voldag werk, kinders en studies nie.

Cor ·

Ek het lankal nie meer n tuinwerker nie. Aangesien ek sy werk moet doen het ek dit net geriefliker vir my gemaak. Die gekd wat en hom moes betaal het rk bele in “Ride on “ grassnyer, n blaas en opsuig masjien en sprinkel bedproeing. So na ongeveer 2ure op n Saterdag kan ek terug sit of in die Malk gaan rondhang want ek het nou meer “spending money “

Johan ·

Sal nou koorsagtig aan soortgelyke wette werk om te implimenteer,dis verkiesingstyd,grond onteienig Sonder vergoeding,minimum loon,vuurwapen wet verander,ens ens…alles wat die massas wil hoor….

Professor ·

Volgens sekere ‘kommin-tators’ hierbo (wat blykbaar hope geld het om op minimum lone uit te strooi) moet hoog-gekwalifiseerde mense soos ek glo ook vir die minimum loon werk. Ek sal nie vir die minimum loon werk nie en nog minder sal ek verder in SA werk. Volgende jaar werk ek permanent oorsee en dan gaan al my belasting gelukkig na ‘n beskaafde land. Hoera!

Lollie ·

Party kla en ander is tevrede met die minimum loon. Net soos die werknemers kan die werkgewers nie onder dieselfde kam geskeer word nie. Almal kry nie dieselfde inkomste nie. Party kan dit bekostig en ander nie. Hoe kan pensionarisse daardie lone bekostig? Net soos dit van besighede verskil so moes dit van mens tot mens verskil. Jy gee jou prys en hy besluit of hy daarvoor wil werk of nie.
Party reken hulle kan nie met so min lewe nie maar hulle betaal nie erfbelasting nie, betaal net R20 by die kliniek, het nie huis of kar skuld nie ens. Albei kante toe verstaan ek daarom moet elke sy eie offer aan werknemer maak.
Ons sal nooit R3 500 van my man se salaris kan betaal nie. Gelukkig werk ek al 32 jaar self in die huis en tuinjong kom 1 keer per week.
Daar sal altyd mense wees vir dit en ander teen dit. Elke persoon se omstandighede verskil ook.

Rob ·

Iemand met verstand hoor, hoor Lollie .Jy kry altyd die mense wat shine wil vang .

Diewe ·

Met die regering se onreelmatige uitgawes van R51 miljard vir die 2018 boekjaar kan hulle 120,000 mense per jaar werk gee teen R3,500 per maand.

Johann Holtzhausen ·

Dis eenvoudig: pas die loon streng toe volgens werklike ure gewerk en betaal daarvoor.
Verder sal dit goed wees indien die regering die minimum loon van R3500 pm ook kan gee vir SASSA pensioenarisse.

rassie ·

In die kapitalistiese stelsel gaan dit hoofsaaklik om vraag en aanbod.

Een persoon wil iemand in diens neem om iets te doen en die ander kan dit doen en is bereid om dit te doen. Dan kom hulle ooreen op die betaling. Die voorwaarde is dat indien die werkgewer dit nie kan bekostig nie het die werknemer ook geen inkomste nie.

Maar indien die betaling so min is dat die werknemer nie daarop kan bestaan nie, maak dit ook nie juis sin nie. Dit is wanneer die kapitalistiese stelsel as uitbuiting gesien word en uit eie inhirente dinamika sigself in die voet skiet. En dis bloot menslik om uitgebuit te voel. Alternatiewe sisteme gebruik bloot hierdie gevoel om hul eie idees as beter voor te stel en slaag maklik daarin.

Ek aanvaar egter dat die meeste kommentatore dit verstaan en aanvaar aangesien hul inkomste ook minder as R20 per uur is of dan R160 per dag of so ongeveer 3200 per maand, maar besef en aanvaar dat dit is soos kapitalisme werk en daarmee vrede het.

Rob ·

Iemand met verstand hoor, hoor Lollie .Jy kry altyd die mense wat shine wil vang .

Moeg vir Moddergooiers ·

Ek lees weer soos voorheen op MM hoe mense waarde oordele uitspreek oor ander wat huishulpe of tuiniers het, hoe hulle lui of gemaksugtig is! Dikwels werk albei ouers vandag vanweë ekonomiese druk en is daar eenvoudig nie tyd om alles rondom ‘n huishouding self te doen nie. Vir julle wat dink dis lui mense wat huishulpe het, julle het seker almal beroepe wat òf halfdag ure het, òf julle weet nie hoe lyk druk in die korporatiewe wêreld nie. Hou op om mense te oordeel, as jy gesond en in staat is om jou pot sonder huishulp te krap, 10 uit 10 vir jou, as ander dit nie kan doen nie, is dit hulle sake, wie is jy om te besluit dis oor luiheid of gemaksug? Jy openbaar eintlik net dat jy kortsigtig en selfvoldaan is!

Elbie Naude ·

My man het nie voltydse werkers in diens nie en maak gebruik van die horde werksoekers wat daagliks by sekere plekke saamdrom. Die tipe werk vereis nie ‘n voldag se werk nie en in die meeste gevalle neem dit minder as twee uur se werk om ‘n voertuig af te laai. Daarvoor vergoed hy hulle meer as dubbel die minimum lone soos deur die wet bepaal. Die werkers het nie ‘n saak met “minimum lone” wat per uur betaalbaar is nie en vereis vergoeding vir die tipe werk wat gedoen moes word. In die meeste gevalle eis van die werkers tot R180 vir ‘n uur se werk. Teen agt uur per dag en 40 ure per week, vereis die ongeskoolde arbeider wat ongeskoolde werk verrig, dus ‘n salaris van R28,800 per maand! Geen wonder daar is so baie wat nie elke dag ‘n los werkie kry nie. Die staats en semi-staat instellings het mos al bewys hoe jy jouself kan ryk werk met die salaris wat jy verdien sonder veel inspanning en met geen of min vorige ondervinding. Die gevolg is my man laai die paar goedjies nou maar self af en bespaar die geld wat die werklose sukkelaar nie wou gehad het nie.

jan ·

Johan Holtzausen nou praat jy,miskie kan ons Pensioenarese dan ook ons huishulp meer betaal,want party van ons kan nie meer in die tuin +in die huis werk nie,is net eenfoudig te swak.

Antoinette ·

Mnr Ramaphosa ek hoop van harte jy het genoeg integriteit om die pension wat ons ou mensies kry tenminste ook te verhoog na R3500.

Piet parys ·

Vraag . Hoekom is daar arm mense en ryk mense.? Sommige werk hard en ander nie. Sommige onderbetaal hulle werkers . Sommige van ons sal nooit genoeg he nie.Watter een is jy ? ?

RG ·

Vraag en Aanbod bepaal prys so mens kan nie SA met ander lande vergelyk nie. Die wat so aangaan oor R20 pu kwansuis te min is vir huiswerk/tuinier neem in ag:
1. Dat elke liewe huishulp en tuinier ‘n SASSA kaart het en vir elke kind ‘n sosiale toelaag eis al is hulle voltyds in diens.
2. Dat meeste aandele verniet ontvang wat dividende betaal van mpye soos MultiChoice, Discovery, ea.
3. Dat meeste ook elke maand die werkloosheids fonds nader vir betaling al is hulle voltyds in diens.
4. Dat elke item wat mens koop van Woolworths ea, ‘n bedrag vir liefdadigheid insluit. Waar dink julle gaan dit heen?
Nee wat, hulle “werk” die sisteem en ons belasting betalers dok op. Daar is bitter min van hulle wat minder as R5,000.00 huis toe neem, sou ek se. Kyk maar hoe “gesond” lyk hulle. As ek my hele inkomste op kos spandeer elke maand kan ek myself nie in ‘n jaar so eet nie. Verduidelik dit dokter?

RG ·

O ja, en dan betaal ons nog hul munisipale dienste ook.

Maak oop julle oë en begin eerder iets doen vir jul eie mense wat besig is om te verarm.

Char ·

I work a full day, have 2 children to see to, and do my own chores. That includes garden & house maintenance. In general, compared to Europe, Africans are lazy.

ZET ·

Ek werk ook voltyds. Ek en my man doen ons huis en tuinwerk self. Baie minder probleme.
En niks in my huis raak weg of word gebreek. Voel ook veiliger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.