Ramaphosa beloof swaarder strawwe vir misdaad teen vroue

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het swaarder strawwe vir diegene wat geweldsmisdade teen vroue pleeg beloof toe hy die land Donderdagaand in ‘n nasionale televisie-uitsending oor aanvalle teen vroue, kinders, buitelanders en die gay gemeenskap toegespreek het.

Hy het gelowiges ook gevra om die naweek te bid vir ‘n einde aan geweldsmisdaad in die land, en om hulself persoonlik daartoe te verbind.

Die register van seksuele oortreders gaan openbaar gemaak word en strenger minimumvonnisse vir mans wat vroue of kinders aanrand, verkrag of vermoor gaan ingestel word.

Die staat sal voortaan borgtog en parool vir diegene wat van geweldsmisdaad teen vroue of kinders aangekla word of tronkstraf daarvoor uitdien, teenstaan, met dien verstande dat hulle hul volle straf uitdien – veral as dit lewenslank is.

Sterker noodspanne, meer spesialishowe vir seksuele misdaadsake en meer rehabilitasieprogramme vir seksuele misdadigers in tronke is deur Ramaphosa in die vooruitsig gestel.

Hy het ook belowe om die hele staatsmasjinerie in te span om ander kwesbare groepe, by name die gay gemeenskap, teen misdaad te laat beskerm.

Hy het die parlement gevra om verdere noodmaatreëls teen geweldsmisdade teenoor vroue in te stel, maar geen besonderhede oor wat hy daarmee bedoel, bekend gemaak nie.

Druk van sommige Kaapse samelewingsgroepe om die doodstraf te laat terugbring is reeds op hoë vlak deur die ANC verwerp toe die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gesê het: “Nee, nee, nee. Net God gee lewe, en net God besluit om dit te neem.”

Ramaphosa het gesê geweld teen vroue is nie ‘n vroueprobleem nie. Dit is ‘n mansprobleem. Dit is nie net ‘n nasionale krisis nie, maar ‘n misdaad teen menslikheid. “Dit maak nie saak wat ‘n vrou dra, doen, sê of waar sy loop nie, sy het die reg om veilig te wees,” het Ramaphosa gesê, en ordentlike mans lof toegeswaai.

Volgens die president laat die aanvalle op vroue mens twyfel aan die grondslae van ons demokrasie. Hy het die land gevra om saam te staan teen die euwel van geweldsmisdaad teen vroue.

Ramaphosa het die name van vroue wat die afgelope paar dae vermoor is, afgemete afgelees as huldeblyk. Hy het nie geskroom om te sê dit is mans wat hulle vermoor het nie.

Oor xenofobiese aanvalle op buitelanders het hy gesê die wrakstukke van xenofobiese geweld lê nog in Johannesburg, Pretoria, aan die Oos-Rand en in dele van KwaZulu-Natal. Tien mense is reeds dood en 423 in hegtenis geneem weens xenofobiese misdadigheid en ‘n verdere hoeveelheid is aangekeer weens onverwante vragmotorgeweld in KwaZulu-Natal.

Ramaphosa het mense gevra om op te hou om vals nuus, vals gerugte, vals video’s en ander stof op sosiale media te versprei want dit jaag spanning op, hits geweld aan en stel die land in ‘n swak lig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Outoppie ·

Ek stem saam. Maar strawwe moet vir alle moorde en aanrandings werk

Se maar net ·

he tog n bietjie geduld, alle goeie dinge kom met die tyd. alles sal regkom, ons weet net nie wanner nie, dalk eers oor 50 jaar maar dit kom, wees maar net geduldig

Ig ·

Minister Angie , word wakker , onskuldige mense sterf om jou, watse straf stel jy voor

Rina ·

Rehab ????? O my wordddddd hul doen dit weer en weer en wweeeer

Anoniem ·

Alweer ‘n leë belofte Mnr. Die President want wat het geword van die GEWELD by Marikana waarvan Jy presies weet en nou nog niks aan gedoen het nie !

DIT WAS NOG LEË BELOFTES AAN DIE VROUE EN KINDERS

Willem ·

Sover is daar so baie beloftes maar niks het nog verander nie

Andrea van Vuren ·

Cyril het in sy voorganger Zuma se skoene ingeklim. Hy gaan onuitwisbare modderspore nalaat. Intussen sterf ons land en eer Mugabe vir sy ‘goeie’ dade. Cyril het hom geloof vir sy goeie werk… ek kan nie verder skryf nie, woorde ontbreek!

Pottie ·

Net die slim mense wat al vyf en twintig jaar vir julle stem gaan jou glo mnr cr

Gert van Wierdapark ·

Bly om te sien “Rip van Winkel” het wakker geskrik!!!! He-he-he!

Realiteit ·

Minister Angie,

Jou stelling soos in die berig gekwoteer ” Net God gee lewe en besluit om lewe te neem” maak nie sin nie.

Wat anders as neem n lewe maak n moordenaar? Wie het besluit? God of die moordenaar. Verduidelik jouself asb.

Lizelda ·

Wat beteken lewenskank? 25 jaar en jy hoef net 1/3 vd vonnis uit te dien? So dt beteken die genors kan nogsteeds binne so 8 jaar uit wees terug id strate om WEER te moor.

ALR ·

Ek se al vir jare dat die register vir seksuele oortreders openbaar moet word! As dit gedoen word sal mens kan sien hoeveel siek mense om ons woon EN werk!

Pottie ·

Nee hy sal nie want ons is blank hierdie blankes gaan nog sy land tot stilstand bring as ons net wil wakker skrik mense wat gaan aan met ons blankes het ons regtig so sleg geword as ons net een week almal by die huis kan bly wil ek sien wat gaan die anc maak mense ons moet wakker skrik ek dink nie die situasie wat ons blankes in is is n grap nie dit is baie ernstig

Anoniem ·

Alweer ‘n leë belofte Mnr. Die President want wat het geword van die GEWELD by Marikana waarvan Jy presies weet en nou nog niks aan gedoen het nie !

DIT WAS NOG LEË BELOFTES AAN DIE VROUE EN KINDERS

Ruiklont ·

SR het bewys dat hy nie ‘n man van ootrede is nie maar opserweer en praat. Vroue veg reg deur die wêreld oo op alle vlakke gelyk gestel te word aan mans, dus moet strawwe vir almal gelykvormig wees

Tinus Coetzee ·

Te min te laat. En daar is niks gesê oor aanvalle op blankes nie, is ek verkeerd as ek dan sê dat dit Ramaphosa se goedkeuring wegdra?

John ·

CR speel vir die buitelandse paviljoen en tjoeftjaf-teenreaksie in ‘n siek samelewing. Een mens een soldaat (sonder mag) is skynbaar die plan. Geen etiese standaarde en geen aktiewe godsdienstige gemeenskap wat goeie gedrag verkondig of aanmoedig nie, is die millieu: human rights is nou die baas, onthou. Die Bybel is uit skole verban om een oom te plesier. Landswette was eens gebou op Bybelwette, deesdae op ‘n potpourri van a, e, i, o, u, oemf, boems en ouch!

Arno Scheepers ·

cyril belowe, cyril belowe, cyril belowe bla bla bla bla…..cyril doen NIKS.

Abe ·

Die regte dinge word aangeraak in die toespraak. As dinge soos swaarder strawwe vir seksoortredings en geslagsgebaseerde oortredings, sowel as ernstige misdaad, soos moord, verkragting, plundery (alle soorte) konsekwent en ongenadiglik toegepas kan word, sal ons n ver pad gevorder het.
So moet n leier praat! Nou vir die suksesvolle toepassing van alles wat in die toespraak voorsien word!

Natuur liefheber ·

En daar is nog n lee belofte, wat van die plaas moorde is dit in orde dat dit mag plaas vind, dat ons gemartel en dood gemaak word. ASB ONS HEMELSE VADER ONS SMEEK U BLOED OOR ONS VIR VEILIGHEID IN SUIS AFRIKA

Suzie ·

Ja, want julle is sommer net mans. Vra landroste in die kinderhof hulle sit dit so uiteen vir ons wat nie verstaan nie “she made her she will look after her” ongeag wat “mamma” aan haar kind en man gedoen het.

Bekommerd ·

Whaha…..glo nie n woord wat hy sê nie. Ek kyk hom op tv en met geen uitdrukking op sy gesig. Ek glo regtig dat daar niks van sal kom nie

Andrea van Vuren ·

Hy en sy minister van polisie (die een met die hoed) lag al die pad vir ons!

chrisjan ·

Net nog ‘n belofte bo op honderde ander waarvan dadels gekom het!Sy beloftes is niks seggend.

Frieda ·

Lee beloftes weereens en hy is voorgese om dit te doen meen niks!!!!
Waar was jy toe Ace uitlatings gemaak het oor wit mense aan te val net soos die buitelanders? As wit mense so n uitlating maak sit jy in die tronk ace en malema mag dit doen dis verregaande!

Willie ·

Rehab het beslis nie op Robbin Eiland gewerk nie.. Kyk hoe is die staat gekaap, ents…

pieter ·

Maar die boere word uitgesluit uit hierdie toespraak.Dis ma net wee n teken dat die regering nie n duit omgee oor die boer in die land nie.PATETIES!!!!!

Abe ·

pieter,
Die toespraak was nie oor die boere nie. Die onderwerp was geweld en misdaad teen vroue en kinders.

Eddie ·

Swaarder strawwe beteken net langer gratis verblyf in die Staats hotelle sonder dat enige werk gedoen word ! Verander alle tronke in produserende entiteie

NET EK ·

Ramaphosa put your money where your mouth is. Seeing is believing!!!!

Mossie ·

Eksodus 20:13
“Jy mag nie moord pleeg nie.”
Eksodes 21:12
“Wie iemand doodslaan, moet doodgemaak word.”
Eksodes 21:14
“Wanneer iemand egter n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.”
Dis n uitdruklike en duidelike bevel uit die Bybel van God.

Corrien ·

Geweld teen vroue ja, wat van die emotionele teistering van vrouens teenoor manne? Vooral na egskeidins en as kinders betrokke is.

Realis Thailand ·

Soos alles wat hy praat is dit n klomp snert van n uiters onbekwame man.
Hy het genoeg wagte wat sty familie oppas hy gee nie om oor julle families nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.