Ramaphosa besing swart boere se lof

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) geloof dat hulle die “vooropgestelde idees teenoor swart boere uitdaag en die samelewing se houding verander”.

Ramaphosa het gaste by ʼn gala-ete en toekenningsgeleentheid in Kempton Park aan die Oos-Rand toegespreek. Die president het gesê sedert Afasa sewe jaar terug ontstaan het, skyn die vereniging die lig op die historiese uitdagings wat swart boere in die gesig staar aangesien hulle weens die kleur van hul vel sistemies gemarginaliseer is in die landboubedryf.

“Afasa daag die vooropgesette idees oor swart boere uit en verander houdings dwarsdeur die samelewing. Hulle bewys dat swart Suid-Afrikaners grond suksesvol kan besit en bestuur en dat hulle in staat is om suksesvol te boer om voedselsekuriteit en ʼn volhoubare lewensbestaan te verseker,” het Ramaphosa gesê.

“Afasa herdefinieer wat daar in Suid-Afrika met die woord ‘boer’ bedoel word. En tog word die vermoë van swart boere om die grond suksesvol te bewerk beperk deur die opgehoopte nadele van eeue van onteiening en ontneming. Dít bo en behalwe die uitdagings wat hulle in die gesig staar wanneer die magte van die natuur en die magte van die markte saamsweer om produksie te beperk en winsgewendheid te ondermyn.”

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, en Vuyokazi Mahlati, president van Afasa, was onder die gaste wat die geleentheid bygewoon het.

Ramaphosa het beklemtoon dat grond in Suid-Afrika gedeel moet word en dat sy regering boere sal ondersteun. “Hierdie land se grond moet verdeel word onder diegene wat dit graag wil bewerk en die mense wat dit wil bewerk moet die nodige ondersteuning en aanmoediging gegee word om suksesvol te wees. Dit is noodsaaklik om sodoende die onregte van die verlede reg te stel. Dit is ook nodig om ʼn regverdige en voorspoedige toekoms vir almal te verseker,” het hy gesê.

“Ons het begin met ʼn program van versnelde grondhervorming wat daarop gemik is om meer grond teen ʼn vinniger pas onder swart Suid-Afrikaners te verdeel; dit sal sekerheid gee vir dié wat onseker is en dit sal die skeefgetrekte patrone van ontwikkeling, beide in ons stede en landelike gebiede, regstel.”

Die president het gesê die huidige vurige debat rondom grondonteiening sonder vergoeding word verwelkom. “Deur grondhervorming te versnel, en met die nodige ondersteuning van die staat, sal meer en meer swart boere na vore kom en die ekonomiese potensiaal van ons land en sy mense ontsluit. Ons moet as ʼn nasie saamwerk om ons grondhervormingsprogram ʼn sukses te maak. Dit is tyd vir Suid-Afrikaners om mekaar te vind en nie met mekaar te baklei nie,” het Ramaphosa gesê.

“Swart en wit boere moet saam, en in samewerking met die regering, ʼn beter toekoms vir die landbou-ekonomie en die samelewing in geheel bou. Ons is oortuig dat die billike verdeling van grond die hart is van ʼn verenigde en hegte nasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Schalk ·

CR jy het die toets gedruip by menige Suid Afrikaner oor die grense van ras en geslag heen. Jy is behep met jou eie ek wat populistiese idees nastreef. Jammer jy kan nie so vining iets besing oor die huidige boere wat jou en die ANC voed nie.

Tiaan ·

Ramaphosa, jy bewys egter dat jy slegs die swart bevolking verteenwoordig in Suid Afrika. Die wit boere verdien ook lof.

Fortis ·

Dit maak nie saak wat Ramaparra sê nie, onteiening sonder vergoeding is en bly diefstal. Hierdie toespraak toon weer eens duidelik dat die ANC in ‘n Marxistiese wurggreep vasgevang is waaruit hulle nooit sal ontsnap nie. Gelykheid van armoede, met ‘n handjie vol ryk swart elite, is al wat hulle najaag. Dit is waarom Afrika in die toestand is waarin dié vasteland al dekades lank verkeer. En dan wil Ramaparra voorgee dinge gaan in Suid-Afrika anders wees. Die man praat snert!

White Rhino ·

Ons kyk vir wie hy sing oor ‘n jaar of twee – as hy nog in bewind is.

Callie ·

Die kamstige grondwet van die land is duidelik. Daar mag nie gediskrimeneer word teen ras,… Ens. Hoe kan die wittes dan openlik geteiken word sonder dat n haan kraai. Kan enige regskenner dalk help

Yolie ·

CR niemand het ‘n debat begin oor die kleur van die boer nie. Die probleem os omdat julle grond sonder vergoeding wil vat.

johan ·

weet hulle het die beste grond gekry in die tuislande en waar is al daai plase heen….se maar net

John ·

Verdeling is die hart van ‘n hegte nasie … soos ‘n egskeiding? En die natuur en magte van markte sweer saam om nuweling-swartboere te vernietig. Hoeveel volsinne kan ‘n man van staal nie darem in een aand uiter nie. Die nuwelinge het op plase begin wat na plase lyk en in enkele jare dit afgewentel na vervalle boskasies… maar daar is saamgesweer? Was dit ‘n toordokter se bevinding? As mens ‘n pruik opsit lyk jy nie regtig soos jouself nie en geldnote wat kunsmatig purgatief uitgeforseer word, verloor die werklike waarde… maar die toordokter sal beter weet…

Jerry ·

Daar is hoop vir alle redelike Suid Afrikaners wanneer wanhoop onder die onredelikes gedy!

Snowball ·

Daar is ook soos tans wanhoop onder die redelikes wanneer onredelikes vergesogte eise en populistiese onwaarhede links en regs rondslinger.

Hendrik ·

Ek dink die CR is net tydelik aangestel om hierdie grond te oneien. Daarna gaan Mabusa oorneem.

Willie ·

CR jy is maar net n pion, geen gesag en nog minder integriteit… jy betsuur SA vinniger in die afgrond in as jy dink!

Netso ·

Ek het persoonlik met jou mooi afrikaans gedink ek het respek vir jou gekry meneer die president! Wat ek dink van jou wat gister gehoor het dat sewe van my boere kolegas met een dokument net van hulle plaas moet af kan ek nie op hierdie blad sê nie! Ek slaan maar my oë op die berge.

Breytenbach ·

Dis ‘n ou truuk van hulle om Afrikaans te praat of saam te braai. Word wakker dit beteken niks. Jy word net om die bos gelei.

Marietjie ·

Ja nee mag God ingryp ek bid Sy Krag en Almagtige Regverdigheid en die duiwel se listige planne gestop sal word inJesus Naam Hy is in Beheer Amen

Noujatoe ·

Enige aanduiding van hoe hierdie ‘ingryping’ gaan/sal lyk?

Colleen ·

Besing hy die lof van die boere wat sy swart boere moet leiding gee en oplei? CR is nes die res van sy voorgangers. Dit gaan nie oor die land se mense nie. Dit gaan oor sekere mense in die land.

Spike ·

CR, wat ñ teleurstelling as pres. Jy doen niks vir rasseverhoudinge. Vertrou jou glad nie.

Francois vRvO ·

Sien is glo , hier kom ‘n ding , ‘n boer word gebore en die vaardighede word van geslag na geslag oorgedra.
Ek sien nog hoe plant hulle R10 note in die grond.

PJ ·

Toe cr die aankondiging gemaak het dat hulle plase sonder vergoeding gaan vat het die uwe roelf meyer gesè ons mense verstaan nie wat cr sè dit gaan nie net gevat word nie nou wat het cr dan nou eintlik gesè?

HPV ·

So val ons land van een regime na die ander, die land met die “beste” grondwet op aarde,,,

Annette ·

Ek wonder maar net, is die woord ‘boer’ nie ‘n skelnaam nie?

HPV ·

Annette as hulle werk soek en honger is, dan is dit nie ‘n skelnaam nie. As hulle egter betoog. brand en plunder dan is dit!

Nel ·

Ons voorouers was hoofsaaklik boere vandaar die naam Boere.
Die naam ‘Afrikaner’ het later, so om en by 1910 se kant ontstaan as ‘n groepnaam vir Boere en Afrikaanssprekende Kolonialers. As die EFF jou as ‘boer’ toesnou dan bedoel hulle dit as ‘n skeldnaam en is dit mynsinsiens rassisties.

PJ ·

Toe cr aangekondig het hy gaan plase sonder vergoeding vat het die uwe roelf meyer gesè cr gaan nie net plase vat nie ons verstaan hom verkeer nou gehoor hulle 7 plase in die Randfontein omgewing onteien wat het ons nou nie weer verstaan dink amper rm en sy medelopers het die onderhandelinge verkeerd verstaan wigte en teenwigte ok in hulle dinges in

Paul ·

Om die blankes, boere en Afrikaans te vertrap, ook om daardie geskiedenis as boos te bly verkondig is die enigste manier wat CR ken om swart mense (boere) op te hef, maar dan wonder ek waar kom hy aan die idee dat daar mense is wat glo dat hulle nie kan boer nie? Ek sien ook daar is mense wat glo hulle kan nie regeer nie, kan ook nie munisipaliteite bestuur nie, nie die omgewing nie, die Wildtuin wat ‘n pretpark geword het. Theo Venter sê verlede week by die VS se lanboukongres, hulle kan nie eens ‘n vis-en-tjips-winkel bestuur nie. Nou wil ek vir CR vra, hoe motiveer jy ‘n mens, hoe aktiveer jy hom, deur ‘n ander een af te kraak en in die grond te vertrap, in ontkenning van die realiteite soos ons dit daagliks beleef.

Rynhardt ·

Paul gaan doen n studie oor kommunisme dat jy n beter begrip van dinge kan kry in SA!Vir 24 jaar onder Anc bewind kan SA nie eens 10%ekonomiese groei behaal nie, en mag blankes vir 24jaar nie n toekoms he nie!Paul word blankes nie vertrap vir 24 jaar in SA nie???Dan praat ek ook nog nie eens van die moorde op blankes nie!

Paul ·

Rynhardt, jy is 100% korrek, lees my laaste sin, ek dink jy het egter my boodskap voor dit mis gelees.

Petro ·

PPP hulle sal nie aan sy plase raak nie hulle moet sommer shacks gaan opslaan by die huis wat daar by die see gebou word dan kyk ons of hy so gelukkig sal voel en as ek die boere is sal ek wragtig nie my kennis deel nie waar gaan hulle al die implemente kry of gaan due regering weer hand outs gee baie van die wit boere het maar self gesukkel om hulle implemente te kry die regering het nie vir hulle hand outs gegee nie net soos hulle wil he die regering moet nou hulle huise regmaak ek moet maar assuransie uitneem dat as ek skade kry dan kan ek eis

Hennie ·

CR se agenda strek slegs oor die kort termyn naamlik om “sy mense” heuning om die mond te smeer vir volgende jaar se verkiesing. Hy sing oor grond onteiening terwyl tot die buiteland alreeds teen hom besluit het.

jan ·

jy droom Hennie die buiteland insluitend al die blanke lande ondersteun vir ramapokker en die Chinese betaal hom.geen land ter wereld het die zim boere gehelp nie en geen land ter wereld gaan ons boere help nie. google ‘illuminati” dan sal jy verstaan

Stuiwer ·

Die vermoë van swart boere om die grond suksesvol te bewerk, het niks met die verlede te doen nie. Skrik wakker SR en erken dat hulle nie kan nie, omdat hulle dink alles gebeur vanself. Daar moet GEWERK word en OPGEOFFER word. Alle boere het te make met die natuur en die markte. Hoe kan dit saamsweer? Is die natuur en die markte ook nou rassisties. Rassisme raak nou afgesaag! Ek hoop SR is bewus daarvan dat swart mense wat definitief NIE boere is nie, besig is om grond te beset. Miskien moet mense ingelig word dat dit net vir swart boere gaan wees. Of laat hy dit gerieflikheidshalwe weg?

Paul ·

As onse president net een maal in hierdie land van mense wil praat, alle mense, ewehandig, sonder om technicolour by te sleep, sal dit ook help. Mens verstaan dat swart mense ‘n agterstand het, vergelyke met blankes, dit is soos Afrika en Europa, Amerika, maar blankes word elke keer eers as die vark in die verhaal opgestel, en dan word na die tyd beduie ons moet saam werk. Ek wonder hoe het hy gevorder tot daar waar hy vandag is.

Ek lees vanoggend ‘n Afrikaanssprekende student aan ‘n universiteit was baie verontwaardig in die klas toe die lektor vra wie van hulle het op skool in hul moedertaal onderrig ontvang. Toe sy en ‘n paar ander hul hand opsteek, het die res na hul asem gesnak, sy het toe besef hoe bevoorreg sy is. Ek sou dit anders uitgedruk het en dit is dat mens dan besef hoe die ANC regering met sy taalbeleid die ander benadeel het, dit is nou buite vir diegene wie se moedertaal Engels is.

Louis le Roux ·

“New dawn” Ramaphosa jy lewe in jou eie gekkeparadys. Wakker word, jou koffie is lankal koud.

Judge Dredd ·

Die eeue wat grond ontneem is van swart mense? – natuurlik sal squirrel nie se’ dat dit swart “chiefs” is wat bepaal het wie watter grond mag besit. Netso sal hy nie se dat die apartheidsregering Transkei/Ciskei aan swart mense gegee het om te bestuur en hul klaaglik misluk het.

Janine du Plessis ·

Maroela, Ons het vanmôre twee stemposboodskappe op ons selfone ontvang waarin gesê word dat 7 plase in Randfontein summier onteien is. Die eienaars is nie toegelaat om soveel as ‘n kopspeld te vat nie. Waar of fopnuus? Ons ken die mense nie persoonlik nie.

Grassie ·

MM – ek sal maar weer probeer. Volgens CR het die witmense sy “our people” van hul boerderyvernuf ontneem deur onderdrukking. Verwys hy nou na die tradisie waar die vrouens met skoffelpikke saad plant en die kinders vee oppas? Dit was die boerderypraktyke toentertyd.

Paul ·

Grassie, lees gerus vanoggend Herman Toerien se rubriek oor staatskaping, daar haal hy vir Die Kwêvoël aan betreffende eiebelang wat harder as staatskaping roep. Lees daardie hele aanhaling.

Miemie van Straaten ·

Veelsgeluk dan Mnr Cyril met wat jy sover vermag het maar onthou dit is die WIT BOERE wat S.A. opgebou het en sover nadat ANC aan bewind gekom het het die nuwe S.Afrikaners net kon afbreek en moor. Kom ons vra dat jy eers STAATSGROND moet beskikbaar stel vir die opkomende SWART BOERE dan van julle grond ook deels moet afstaan om sodoende ‘n gelykmatige oordrag te gee.

Rynhardt ·

Malema het dit reeds duidelik gestel dat hy en die EFF die fluitjie blaas terwyl Cyril en die Anc hul volg met grondonteiening!

Wondermaarnet ·

En ons agbare staatspresident is ook mos ‘n boer. Hoeveel werk geleenthede het hy geskep?

Willem ·

Hy is mos net ‘n direkteur in daardie plase en slagpale, so dis ander se werk. Sy werk, lyk my, is nou, omdat hy die grondding begin het, om hulle te vertel dat hulle eintlik boere is, want ander antwoord het hy nie, nou brobeer hy hulle daarin praat, ongeag of hulle eerder grond teenaan dorpe en stede soek waar hulle kan gaan bly.

Cornelia ·

Nou ja toe nou. Net aAfrika sal met so ‘n skouspel van die mees onmenslike dade teenoor ‘n mens se erfbesit, sy land, mens en dier se lewensbloed kan dobbel en wegkom daarmee! Ramaphosa en ongelukkig élke swart sogenaamde leier wat sy wortels in die anc doodskis geanker het, sal niks meer en niks minder voortbring as om die swart “rewolusie” te dryf nie. Ek dink Dingaan het ook vir Piet Retief en ons voorgeslagte gesê: “ons moenie met mekaar baklei nie.” Die anc bly ‘n sluwe en riskante “politikus.” Net jammer dat te veel hierdie waarheid oor die hoof wou sien. Marietjie, jou geloof dat God sal ingryp op gebede van geloof net soos tydens Israel se noodgebede deur rigters te stuur wat met so min moontlik in so ‘n veldtog, God se Almag en Geregtigheid weer onder die mensdom se aandag bring, sodat Hy as God verheerlik word, is ‘n werkikheid. Dit was ook Sigbaar en Waar by die Regverdige Uitkoms van die Slag van Bloedrivier. Ons voorgeslagte het geveg en oorwin in gebed, geloof en oorgaan tot die daad in geloof. ‘n Struikelblok vir die anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.