Ramaphosa besoek familie van vermoorde Pta-taxibestuurder

Pres. Cyril Ramaphosa en ANC-leiers Jessie Duarte en Ace Magashule tydens ‘n besoek aan gemeenskappe in Pretoria. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa, vergesel deur ANC-ringkoppe Ace Magashule en Jesse Duarte, het Vrydag die familie van vermoorde taxibestuurder Jabulani Baloyi besoek. Baloyi is verlede maand in die Pretoriase middestad doodgeskiet is. ʼn Dwelmsmous het hom glo vermoor.

Baloyi se moord het gelei tot gewelddadige opstande deur taxibestuurders wat buitelanders, wat hulle glo vir die stad se dwelmprobleem verantwoordelik is, geteiken het.

Ramaphosa het Baloyi beskryf as ʼn simbool in die stryd teen dwelms.

“Hy het ʼn standpunt teen dwelms ingeneem en deur dít te doen het hy sy lewe opgeoffer. Hy is een van die mense in ons gemeenskappe wat geweld sterk gekant was teen die smous van dwelms in ons gemeenskap.”

(Argieffoto: Yusuf Abramjee/Twitter)

Ramaphosa het gesê die regering beoog ʼn enorme veldtog om te verseker sy meesterplan teen dwelms realiseer en dat dit dwelmmisbruik en -handel in gemeenskappe gaan stuit.

Die burgemeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, het ook die familie besoek en onderneem om R100 000 aan hulle te skenk.

Ramaphosa het hom ook uitgespreek teen die genadelose vlaag geweld teen vroue en het gesê die regering gaan sy verbintenis om te verseker dat die land dit in alle erns beveg versterk.

“Ons gaan in die komende week verskeie maatreëls aankondig oor ingrypings waarby ons glo die hele land betrokke moet wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pieter ·

Nou toe nou dit is te danke aan jou anc regering dat die land is waar hy is

Marinda ·

Baie bly die President maak tyd om gesinne wat deur geweldmisdaad geraak is, besoek. Hoop hy maak tyd om die gesinne wat deur plaasmoorde geraak word ook te besoek.

Gert van Wierdapark ·

Sal graag wil weet wat die a en see se Meesterplan teen dwelms is waarna die pres verwys het.?? Ek hoop van harte nie dit volg volg die trant teen die “groot stryd” teen rokers nie. Deel van die PLAN behoort te wees om een van die grootste dwels, naamlik drank en die gevolglike misbruik daarvan te takel. Begin asb met die “glamourised” TV Drank-ads!!!! Finish en Klaar!

Inge ·

Dit sal nooit gebeur nie. Ons is wit en dit maak nie saak hoe veel boere vermoor word nie. Ramaphosa het geen gevoel vir die mense wat die land van kos voorsien. Hy is die naam van president nie werd nie.

Jannie van Niekerk ·

Hy sal nooit plaasmoordslagoffers se families besoek nie want in sy hart stem hy saam met die plaasaanvallers. Hy ontken dan dat daar iets soos plaasmoorde is.

Dries ·

Stem koos die land is om van op te gooi dit is te danke aan die klomp terroriste dat die land is waar hy is hulle sit op n tyd bom los hulle

Johan ·

Het hy al ooit die begrafnis van n vermoorde Boer bygewoon?

Hanna Hoekom ·

Nog nooit! Boere en ander bleek velle tel mos nie as “our people” nie.

Brakkies ·

Hoeveel geld het die staat al geskenk aan die vermoorde boere se families wat nou sonder inkomste sit???

Jimmy ·

En toe gebruik hy die besoek om politiek te praat. Sê die massas in Pretoria moet volgende keer ANC stem om dinge reg te ruk.

Pottie ·

Klomp terries los hulle die bom gaan bars een van die dae mense is g….t voll

Ig ·

Riaan , so n bek kort jam! Brakkies, dit is teenstrydig met hulle beleid om wit boerefamilies te help.

Deloris ·

Ok nou weet ons war le sy prioriteite.
Nevermind die plaas boere wat kos voorsien vir ALMAL…. Tipies anc

Petrus Heigers ·

ramaphosa, jy is bekomerd oor een taxi bestuurder wat vermoor is. Daar word honderde plaasboere vermoor sonder dat jy dit eers wil noem, erken in parlement, of drastiese stappe neem om te stop.

Michael P ·

Riaan Korrek dit is so enige persoon wat anc stem ondersteun moord. kurupsie diefstal.ens.

Adrian ·

Stem Riaan die anc is Toksies als wat hul aan vat verval in diefstal en n totale gemors

Gert van Wierdapark ·

Sal graag wil weet wat die a en see se Meesterplan teen dwelms is waarna die pres verwys het.?? Ek hoop van harte nie dit volg volg die trant teen die “groot stryd” teen rokers nie. Deel van die PLAN behoort te wees om een van die grootste dwels, naamlik drank en die gevolglike misbruik daarvan te takel. Begin asb met die “glamourised” TV Drank-ads!!!! Finish en Klaar!

Pampoen ·

Ai tog mnr die Burgemeester as daar so baie geld is om as geskenke te gee hoekom word ons dan so swaar gestraf met die verhogings op krag en water. Ons moet altyd hoor hoe min geld die munisipaliteit het.

JohanR ·

Enige boere na ‘n plaasaanval onlangs besoek ou Cyril? Jy weet seker daar is ook swart boere, en swart werkers wat op plase sterf. Miskien soe in die besoek aan hulle, kan jy ‘n draai swaai by ‘n wit boer of twee ou Cyril!

Andre ·

Het die burgermeester die magte om die belastingbetalers se geld so te mors ?

Attie. ·

As jou kiesers 90 % van die sameleweing is sou jy, indien jy president was ook presies soos CR opgetree het. Ons moet besef dat ons by verre ‘n minderheid is en eintlik van geen belang is vir die toekoms van die ANC nie. Die ANC soek stemme, nie infrastruktuur soos paaie en n sterk geldeenheid nie. Hulle kan kos invoer uit Sjina wat vir hulle ook die geld sal leen om dit te doen. In Mosambiek het die Sjinese ‘n dam gebou waar die olifants- en die Sabieriviere bymekaarkom en die dam is GROOT en Mosambiek het nie die besproeiingsdam nodig nie. Die Sjinese sal die dam eendag gebruik om kos te produseer. Sjina dink vooruit maar ons Afrikaanses bly dink die ANC is ons vyande. Die ANC is te lig in die broek en hulle speel die bal reg in die hande van Sjina.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.