Ramaphosa: ‘Bespoedig dienslewering aan armes’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag sy regering gemaan om dienslewering aan die armes te bespoedig en sodoende die ruimtelike beplanning van die apartheidsera ongedaan te maak.

Die presidensie het gesê Ramaphosa het vergader met Zweli Mkhize en Andries Nel, die minister en adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), sowel as ander senior beamptes in die departement en het blykbaar beklemtoon dat dié departement aan die voorpunt moet wees en moet lei wanneer dit kom by die uitdagings in terme van die lewering van basiese dienste.

“Ons is hier om na die topbestuur te luister oor die uitdagings wat hulle ervaar en hoe ons kan saamwerk om aandag te gee aan daardie uitdagings om te verseker dat die regering effektief funksioneer,” lui ʼn verklaring van Ramaphosa se kantoor.

“Cogta is ʼn deel van die regering en dit is die gom tussen die mense en die regering. Protesoptogte wat in sommige dele van die land ervaar word, is na bewering as gevolg van ʼn tekort aan dienslewering. Dié departement speel ʼn sleutelrol om aandag te gee aan dié kwessies om te verseker dat munisipaliteite voldoende en kwaliteitdienste aan ons mense lewer.”

Hy het die departement verder gemaan om “die tog na geïntegreerde stedelike ontwikkeling te lei” en om “die nalatenskap van apartheid se ruimtelike beplanning af te breek”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

julius ·

En daar kry apartheid weer die skuld van alles. Julle sal niks regkry nie, die stakings is beplan en niks met dienslewering te doen nie. Word wakker cr.

Mra H ·

Hulle moet dienslewering vir Almal bespoedig, nie net vir ons arm disadvantaged wit mense nie! Hahahaha ANC se appartheid moet nou stop, aangesien hule so trots Demokraties is ne, of hoe?!

hendrik ·

Hier gebruik hy ook nou apartheid om stemme te werf. Ek het gedink hy’s n bietjie beter en slimmer as al die ander maar duidelik was ek verkeerd.

bgj van der westhuizen ·

ja dit is net te goed dat daar nou meer gekla word oor diens lewering in die nuwe suid afrika as voor heen wonder net dalk moet eerder gekyk word wie is n beheer van dit

Gemaskerde Sopbeen ·

Dienslewering Afrika Styl: “Vat by die rykes en gee vir die armes”…..want self kan ons niks tot stand bring nie. En maak gou, want daar’s volgende jaar ‘n verkiesing………..en ek kan nie nou my goue Rolex verloor nie. Werkskepping? O jaaaa…..dis maklik. Stel net NOG broers en susters aan by al wat ‘n staatsinstelling is….en betaal hulle goed…..die belastingbetalers sal die “rescue” doen. Ai, Afrika…..

Walter ·

Ruimtelike beplanning afbreek?? Gaan hulle nou dan alles brand en breek wat daar is?? Vir hulle se mense?? So wat van die res van die mense word hulle nou maar weg gegooi of wat? “Apartheidsera”

Andre ·

Dienslewering het gestaak in 1994.en selfverryking deur amptenare en hul meelopers het dit vervang.

Al ·

CR moet ophou apartheid skuld gee. Hierdie finansiële gemors van SA kan ruimtelik voor die deur gelê word van die ANC en Zuma.

willie ·

Was dit nie vir apartheid nie, was daar nou niks om af te brand nie! alles apartheid se skuld ja!

Spike ·

Ag mnr cyril. Julle probeer nou al 25 jaar en dit gaan by die dag meer totniet. Jou mense het nie die vermoëe en dit is te harde werk. Hulle wil eers weet wat is die pay en dit is ook nooit genoeg nie. Los maar. Julle het nou al kubane gehad en hulle het ook stil weggeraak. Alles het gewerk tot in 1994. Met julle daar sal dit in die lewe nooit regkom nie.

Nonsens ·

Ag as jy net EENKEER ‘n speech lewer sonder om APARTHEID Te noem sal ons jou dalk ernstig opneem. Jy is nog erger as Zuma. Na 24 jaar is alles nie meer apartheid se skuld nie, julle het nie genoeg huise en skole gebou en werk verskaf SOOS WAT JULLE BELOWE HET TOE DIE MASSAS ANC GESTEM HET nie, so hou op tjank oor apartheid en gaan doen julle werk.

marous ·

Dieselfde padda koor , oor en oor en oor …. kan ook nie meer as twee toonhoogtes nie

snoefie ·

agbare president, vertaal ARMES as SWARTES? self die arm blankes weet dienslewering kos geld en as jy nie daaevoor kan betaal nie, kan jy nie loop breek en brand om dir gratis te kry nie. jou armes moet maar van hulle grant geldjies gaan betaal vir diens. hoe gaan hulle vir die skade wat hulle willens en wetens aangerig het, betaal?

Johan ·

As hulle dan n beter lewe wil he dan moet hulle ook bereid wees om te betaal daarvoor en nie net alles op apartheid te blameer nie. Al is dit net r100 vir dienste gelewer per huishouding

jaco ·

Dis meer as 24 jaar na apartheid. Waarom wag tot nou toe om die ruimtelike beplanning te doen? Maar intussen was daar mos geld vir Nkandla, sokkerstadions, reusagtige salarisse vir politici en en en.

Dis hoe dit werk ·

RC wil weg doen met ruimte beplanning….hy bedoel die platteland sodat daar nie platteland munisipaliteite meer hoef te wees nie…………almal moet stede toe sodat alle belastinggeld daar gekonsentreer kan word…….polities bring dit ook mee dat jy in die stede onderhewig gaan wees aan die meerderheids ploitieke party se regulering en jy gaan basies geen seggenskap he oor enigiets wat om jou aangaan nie…..dit breek ook konserwatiewe riglyne en instansies af soos bv ware christenskap en christelike beginsels……….dieselfde is besig om te gebeur in lande soos Oostenryk, Oos Duitsland, Pole en sulke lande. Dit bring mee dat diversieteit van mense sover as moontlik afgebreek word om n ‘stereotipe’ burger te ‘skep’ wat gehoorsaam is aan die ‘opper gesag’ van die meerderheids party wat aan ‘bewind’ is.

leser ·

Ramaposa het gewys wat hy is – veral met de klerk wat hom so ondersteun.
Dit spreek boekdele met die dat de klerk hom ondersteun – wat seker al by kodesa in fynskrif gestel.
Finkel en Koljander – die een is soos die ander.

Oom Kalahari ·

CR kan geen gesprek voer sonder die verwysing na Apartheid. Na 24 jaar van veranderinge bly dit die ou vinger wys. Asb straf ons blankes dan met Apartheid. Daar is ook derduisende arm en sukkelende blankes en party is in hul posisies ge-forseer deur draai strategiee in 1994 tot AA/EE, BBEE, BEE en so gaan dit aan, maar hul verstaan hul posisies of moet dit net aanvaar en doen nie onbeplande aanwasse nie. Die ou padda pot kokery begin moeilik raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.