Ramaphosa betaal self vir vakansievlug

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en sy gesin het met ’n kommersiële vlug na Kuba gevlieg vir ʼn gesinsvakansie en het self daarvoor betaal, het City Press berig.

Ramaphosa reis glo ook sonder sy veiligheidspersoneel. ʼn Regeringsbeampte het aan die koerant gesê dat Ramaphosa “ryk” is en “nie staatsgeld sal gebruik nie”, selfs al is hy geregtig op die gebruik van ʼn amptelike vliegtuig.

Regeringsleiers is gemagtig om een keer per jaar vir hul jaarlikse verlof ʼn vliegtuig van die weermag of ʼn huurvlug te gebruik weens “veiligheidsredes”.

Dit is onduidelik watter lugdiens Ramaphosa gebruik het, maar Air France en British Airways is die gewildste keuses vir reis tussen Suid-Afrika en Kuba.

Volgens die berig sal Ramaphosa nie by amptelike vergaderings betrokke wees tydens sy besoek aan die land nie al word daar beweer dat die Suid-Afrikaanse regering betrokke was by die fasilitering van gesprekke tussen Kuba en die VSA om hul verhouding te normaliseer.

Ramaphosa se beskeie reisplanne is in kontras met ander regeringsleiers soos president Jacob Zuma en voormalige adjunkpresident Kgalema Motlanthe. Volgens die koerant het die departement van verdediging verlede jaar in die parlement bekend gemaak dat Zuma se vakansie in Mosambiek en Motlanthe se vakansie in die Seychelle altesame R2,6 miljoen gekos het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Victor adendorff ·

Foei tog, met sy eie geld! Hy het klaar biljoene rande verniet gekry vir aandele in oud gevestigde myngroepe. Gee vir my ook asseblief verniet biljoene en biljoene rande se aandele net oor ek wit is en ek belowe, ek betaal vir ‘n duisend families verniet vlugte en verblyf Kuba toe., elke jaar. Julle het my epos adres. Ek wag vir nou angstig aanbiedinge vir die verniet aandele.

Jannie Moller ·

Waarom sal Maroela dit as nuus publiseer? Is daar niks beter wat ons ksn lees nie?

Cathy Kotze ·

Waarom is dit nuus? Ons almal betaal vir one eie vakansies en niemand het al ooit daaroor met my ‘n onderhoud gevoer nie.

Ek is doodseker PW het self vanaf Kaapstad na sy huis in die Wildernis toe gery. Gits, ek het hom by Sedgefield se Saterdag mark gesien waar hy sy vrou se groentemandjie dra! En as daar enige sekuriteit naby was, was hulle heeltemal onsigbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.