Ramaphosa, Biden gesels oor Rusland

(Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag telefonies met die Amerikaanse president Joe Biden gesels, ʼn dag ná Suid-Afrika buite stemming gebly het tydens ʼn resolusie om Rusland uit ʼn Verenigde Nasies-regteliggaam te skors weens dié land se aggressie in Oekraïne.

Ramaphosa se regering word gekritiseer omdat hy weier om Moskou se inval te veroordeel. Hy het die vorige dag die VN se veiligheidsraad beskryf as “oudmodies” en gesê dit moet “dringend opgeknap word”.

Suid-Afrika was ure later een van 58 lande wat buite stemming gebly het tydens ʼn resolusie deur die VN se algemene vergadering om Rusland uit die VN-menseregteraad te skop as ʼn straf omdat hy Oekraïne binnegeval het.

Dit is die derde keer wat Suid-Afrika buite stemming gebly het oor resolusies rondom die oorlog.

Ramaphosa het Vrydag op Twitter gesê hy het ʼn “produktiewe” telefoongesprek met Biden gehad. “Ons het menings gedeel oor die konflik in Oekraïne en saamgestem oor die behoefte aan ʼn skietstilstand en dialoog tussen Oekraïne en Rusland,” het Ramaphosa geskryf.

Die Withuis het gesê Biden het tydens die oproep “die krag van bilaterale vennootskap benadruk, asook wêreldwye uitdagings wat veroorsaak word deur Rusland se verdere inval van Oekraïne”.

Die Amerikaanse leier het ook die “behoefte aan ʼn duidelike, verenigde internasionale reaksie op Rusland se aggressie in Oekraïne” benadruk.

Volgens plaaslike media het Biden die gesprek aan die gang gesit.

  • Carte Blanche fokus Sondag 10 April op die konflik in die Oekraïne. Ná twee weke op die pad in Oos-Europa wat ʼn gevaarlike kruising na Oekraïne insluit, vertel Carte Blanche-vervaardiger Anina Peens en kameraman Pierre le Roux, die stories van die mense wat hulle langs die pad ontmoet het. Deur die span se lens kan hulle die stories vertel van burgerlikes se lewe in die oorlog waarvan die uitwerking reg oor die wêreld weerklink het. Onthou om in te skakel vir Carte Blanche op DStv kanaal 101 of die DStv-app elke Sondag om 19:00. Volledige episodes is ook op Catch-up beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

As Biden maar net Cyril ook kon geluk wens om ‘n grootkop witregter in SA an te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.