Ramaphosa binnekort weer voor Zondo

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ’n vorige verskyning voor die Zondo-kommissie. (Foto: Themba Hadebe/POOL/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa sal op 11 en 12 Augustus weer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Die kommissie het dié datums Maandag in ’n verklaring bekendgemaak.

“Ramaphosa sal eers getuienis lewer wat verband hou met die tydperk toe hy die land se adjunkpresident was en sal daarna in sy hoedanigheid as huidige president ondervra word.”

Ramaphosa het vroeër, op 28 en 29 April, in sy hoedanigheid as president van die ANC voor dié kommissie getuig.

Tydens dié geleentheid het hy onder meer die ANC se kaderontplooiing verdedig.

Hy het voorts getuig dat sekere “kwale” in die ANC reggestel moet word en ook toegegee dat die ANC te lank gesloer het om op te tree teen staatskaping ondanks etlike aantygings en later ook bewyse.

Ramaphosa sou op 31 Mei en 1 Junie weer voor die kommissie verskyn het, maar dit is weens onbekende redes uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pietertjie ·

Hy klink soos ‘n desperate man wie se “job” aan ‘n dun draadjie hang.

Thom ·

Hy klink vir my soos ‘n man wie die ANC-binnegeveg , oortuigend en gelukkig vir ons , gewen het . Die alternatiewe is te skrikwekkend om aan te dink .

Cherokee ·

Van wanneer af is kwaliteit ‘n faktor by die massas? Die feit dat zuma soveel aanhangers het, behoort vir jou iets te sê. Feite tel niks by hulle nie.

Thom ·

Doen oplossings aan die hand en hou op om NET af te breek . Die land se enigste behoud sal wees wanneer die DA in ‘n posisie kom waarin die ANC in ‘n koalisie-regering gedwing kan word .

Pieter ·

Ag asb om wat te doen hy sit daar en jok soos sy ander anc broers.

Thom ·

Gaan doen sy werk onder die omstandighede soos dit is ___ ek wil baie graag sien hoe JY sal vaar ! Hy het ons reeds gered van Zuma , Mabuza en Magashule ___ sou JY dit kon doen ?

KB ·

Gaan hy weer ‘n toespraak lewer? Of gaan hy begin vrae beantwoord?

Frederik C ·

Hy het die ANC se kaderontplooiing verdedig. Maw hy’s heel tevrede dat die land ten gronde gaan.

Deon ·

Die tweede laaste paragraaf se baie!!! Is daar nie wette wat ons verplig om ongeruimdhede aan te meld as ons bewus is daarvan nie?

SjN ·

As adjunk moes hy geweet het van die ongeruimthede en is dan mede pligtig daaraan. Hoekom nie as fluitjie blaser opgetree nie?

Jack ·

Die anc het nog altyd gesloer met alle besluite behalwe die wat tot hul eie voordeel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.