Ramaphosa bring hoop, sê Madonsela

Thuli Madonsela (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het gesê Cyril Ramaphosa se presidensie het hoop gebring vir Suid-Afrikaners.

“Sy verkiesing het die hele land op ʼn voetstuk van hoop geplaas, maar ʼn voetstuk van hoop is net ʼn voetstuk. Dit gee vir ons ʼn hoër grond van waar ons na ʼn volgende fase kan spring. Dit is nie die spits nie,” het Madonsela gesê toe sy haar stigting in Johannesburg van stapel gestuur het. “Ons moet almal handevat met die president en politieke partye om die Suid-Afrika van ons drome te bou. Ons kan nie van die regering verwag om alles te doen nie.”

Sy het bygevoeg sy verwelkom oudpresident Jacob Zuma se bedanking verlede week ná druk van die ANC dat hy sy amp moet verlaat. “Ek verwelkom Zuma se bedanking en die waardigheid waarmee hy die land toegespreek het. As kaptein van die skip moet mense jou volg – of jy goed of sleg vaar. Maar as jy op ʼn punt kom waar die mense hoop verloor het of nie meer deur jou aangespoor word nie, dan moet jy uittree.”

Madonsela is nou die voorsitter van Universiteit Stellenbosch se afdeling sosiale geregtigheid van die Fakulteit Regsgeleerdheid. Sy het die Thuli Madonsela-stigting bekend gemaak op die Verenigde Nasies se internasionale dag van sosiale geregtigheid. Haar organisasie sal fokus op werk met gemeenskappe.

Sy het gesê almal moet ʼn rol vervul om ʼn medeburger op te hef, veral jongmense. “Ons is gelukkig dat ons nog nie voorvalle van terrorisme beleef nie. En om seker te maak dat dit nie gebeur nie, moet ons seker maak dat jongmense nie agtergelaat word nie. Dit verg nie veel om iemand anders op te hef nie. Maar só daad kan ʼn groot verskil beteken.”

Sy het bygevoeg sy oorweeg nie ʼn ander rol in die regering nie, maar sal fokus op haar akademiese werk en gemeenskapsaktivisme deur haar stigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

dr. Sakkie van der Merwe ·

Ek verstaan nie hoe Zuma met waardigheid kan uittree nie. Die grootste skandvlek op die land se geskiedenis en hy word geloof deur instansies vir sy “werk” wat hy verrig het.

Johann Marx ·

Dr. Sakkie………….as die standaarde laag genoeg is, kan enige iets met “waardigheid” gedoen word. Een man se waardigheid is ‘n ander man se skande….

Jerry ·

Wat n ongelooflike mens met insig. Haar boodskap is duidellik, hef n medeburger op. Afri-Forum moet versoenend optree en sommer vandag al so n inisiatief loods. Komaan Callie dit is n lekker uitdaging en ons weet jy kan dit inisieer, want waar daar n wil is, is n weg, of hoe se ek nou!

Ramap ·

Ramaposa bring net hoop vir sekere groepe in S A – defnitief nie vir almal nie.
Kry die feite reg asb.
Hy het dit tog duidelik gese.

JZ ·

Almal dink Ramaposa is so goed,maar om JZ te klop verg nie veel nie.Ramap: wat jy daar se kan nie meer waar gestel word nie.

Juanita Steyn ·

Ramaposa se net die regte woorde wat hy met die heuning kwas smeer. Nuwe besems vee skoon. Het hy nie lank terug voor hy verkies is gese hy sal ook die plase afvat en vir sy mense gee nie?? Ek stem saam dat hy net hoop bring vir sekere uit gesoekte mense.

Raai Raai ·

Mooi nou moet Ramaphosa net vir Thuli Madonsela in Adv Shaun Abrahams se pos kry.

jz ·

N uitsteekende idee gee haar daardie werk en wys jy is erenstig met Ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.