Ramaphosa ‘bring nie hoop weer terug’

President Cyril Ramaphosa lewer die Staatsrede vir 2023
(Foto: ESA ALEXANDER / POOL / AFP)

André Duvenhage, ʼn politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê pres. Cyril Ramaphosa se jongste staatsrede was “een van sy swakker staatsredes” en het kwalik hoop te midde van die land se voortslepende energiekrisis geskep.

“Die president het probeer hoop skep, maar ek het nie juis ná sy toespraak hoopvol gevoel nie. Sy toespraak was vaag en sleg verpak. Ek kan ook nie sien dat sy planne gaan werk nie. Ek sien eerder iemand wat ʼn verkiesing met ʼn ramptoestand probeer wen.”

Duvenhage gee daarom vir Ramaphosa vier, hoogstens vyf uit tien vir sy 2023-staatsrede.

“Hy het vir my by tye onseker voorgekom. Hy was nie vir my die stabiele, sterk persoon wat leiding in ʼn krisistyd kan neem nie.”

Isaah Mhlanga, ʼn ekonoom, is effens meer positief oor vanjaar se staatrede. “Ek is hoopvol en voel die regte goed word hierdie jaar geprioritiseer. Ons het nie weer van slimstede gehoor nie, maar eerder oor die brandende kwessies.

“Ons is ʼn bietjie meer gefokus hierdie jaar, maar dit sê nie alles gaan nou goed nie,” stel Mhlanga dit duidelik. Hy gee daarom vir Ramaphosa ses uit tien vir vanjaar se staatsrede.

Is nóg ʼn minister nodig?  

Mhlanga is veral opgewonde oor Ramaphosa se aankondiging van ʼn nuwe minister in die presidensie wat uitsluitlik sal fokus op die hantering van die elektrisiteitskrisis en die toepassing van die regering se aksieplan vir Eskom.

“Ek dink dit is ʼn goeie skuif. Dit bevorder aanspreeklikheid en verwyder die ideologiese verskille tussen departemente wat vir energie verantwoordelik is. Dit maak sin.”

(Argieffoto: Du Preez de Villiers)

Duvenhage is egter glad nie ten gunste van ʼn nuwe minister nie.

“Hoeveel ministers is daar nou al betrokke? Die minister van openbare ondernemings, die minister van energie, ʼn minister in die presidensie en ʼn krisiskomitee? Genade, wat wil hulle nou nóg verder beheer? Hoe meer hulle beheer, hoe groter is die gemors.”

Duvenhage sê hy bemerk ʼn tendens van parallelle strukture ongeag die koste daaraan verbonde. En dit is uiters problematies gegewe die feit dat die aanstelling van nóg ʼn minister die regering (óf eerder die belastingbetaler) R37 miljoen per jaar sal kos, aldus die DA.

Nog Duvenhage nog Mhlanga wou hulle Vrydag uitlaat oor wie moontlik dié posisie sal beklee. Albei voorspel egter nóg ʼn politieke aanstelling.

Maar is daar geld?

Oor die moontlike oorneem van Eskom se R400 miljard skuldlas en hulp met die aanskaf van sonpanele, sê Mhlanga: Dit is belangrike ontwikkelings en beslis uitvoerbaar.

Duvenhage glo egter nie dit is moontlik nie. “Die kort en lank is dat hulle gewoon nie die geld uit die bestaande belastingbasis gaan kry om dit te doen nie. Daar is ʼn poging om die rykes te belas, maar al meer [mense] met geld gee pad uit die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mnr De Beer ·

Cyril “Ramp” Ramaphosa bring net ramp oor die land.

Genis ·

Nee wat hy is so uit gevoel wat in SA aan die gang is.. Dan ook beinvloed deur Biden met steenkool vry… Dit was n grap, om die minste te se…

Genis ·

Verduidelik die afgesiggie… Die ANC is die nationale ramp, en “Ramp”maposa aan die leierskap

domheks ·

Rama te besig om ‘n hofsaak oor Phala Phala te ontduik – nie regtig op die land en sy probleme ingestel nie. En ou zupta is ook nog op sy nek…

Groen Ghoen ·

Sjoe. Die toespraak is in Kaapstad se Stadsaal gehou. Die parlement is mos afgebrand. Die simboliek is alreeds onverbeterlik. Die hoogtepunt van die aand se vermaak (ongelukkig betaal deur die goedgelowige mnr., me., en mev. belastingbetaler) is die EFF se vertoning. Wat tussen gisteraand se komedie en volgende jaar se episode gaan gebeur, dit weet ons tog. Al wat nog oorbly om die moedelose bevolking te kalmeer is ‘n algemene staatstoelae. Wag in spanning……

Snowball ·

Al hoe meer geld in ‘n donker put – toelaag op toelaag om stemme te hou, terwyl die belastingbetalers se potjie krimp en krimp. Binnekort sal dit soos Eskom wees – eenvoudig te veel wat gebruik en te min wat alles moet betaal. Die vloek van sosialisme – some or other time you run out of other people’s money…en dan moet ons maar sien wat hier oorbly as die papaja die pavement tref.

Jaco ·

Die krag-noodtoestand gaan seker as volg lyk:
1. Eskom en munisipaliteite mag net krag koop by 100% BEE kragbesighede wat krag verkoop teen tariewe wat 10 maal meer is as nie-BEE-kragbesighede se krag.
2. Net BEE-besighede word van beurtkrag vrygestel en/of kry geld uit ‘n noodfonds van die regering. Die ander besighede met eienaars van die “verkeerde” velkleur moet maar sukkel, toemaak en bankrot speel.

Harley Davidson ·

Ramaposa is nie gepla oor sa nie hy het miljoene gemaak met sy seb wette ,dit sal dwaas wees om te hoop hy kan help ons moet onself help en die beste sal wees om die weskaap n onafhanklike land te maak in Afrika.

Pietertjie ·

Dis klassiek dat die regering homself tot ramp verklaar.

Heinrich ·

Botswana se President het glo gisteraand aangekondig dat hy nou ‘n Minister van Hawens gaan aanstel*. Toe ‘n verslaggewer uitvra oor watse hawens Botswana het, het hy die verslaggewer daarop gewys dat Suid Afrika ‘n Minister van Wet en Orde het en ook nou ‘n Minister van Elektrisiteit.

JohanR ·

Al gesien dat Squirrel nie ‘n besluit op sy eie kan maak nie. Hy moet altyd iemand aanstel, of nog ‘n kommitee op die been bring. Hoop darem daar is nie iemand wat moet besluit waaneer hy toilet toe moet gaan nie, of miskien daar ook stel hy ‘n kommitee aan?

Heinrich ·

Ek sien nou wat gaan hier gebeur. Net soos die regering staatshospitale so te sê vernietig het en nou kom met die nuwe nasionale gesondheidsplan, het hulle nou reeds dieselfde gedoen met Eskom, en nou kom die nuwe Eskom 2.0 uit die noodtoestand gebore.

Chris dupreez ·

Kom Rhamaphala phala, maak André de Ruyter die minister.

Strandloper ·

Nee wat gaan pas maar eerder jou beeste op en tel die geld in jou meubels dan doen jy darem iets…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.