Ramaphosa by Mugabe-begrafnis uitgejou

Oudpres. Robert Mugabe se kis word by die stadion ingedra. (Foto: Themba Hadebe/AP)

Talle staatshoofde van Afrika-lande was Saterdag saam met duisende Zimbabwiërs by die staatsbegrafnis van oudpres. Robert Mugabe.

Die diens waartydens die lyk van Mugabe besigtig kon word is vir Mugabe, wat verlede week in die ouderdom van 95 Singapoer gesterf het, is in nasionale sportstadion in die hoofstad, Harare, gehou.  Dié diens volg op ʼn aankondiging deur Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa en die Mugabe-familie dat die oudpresident se begrafnis uitgestel gaan word totdat ʼn finale rusplek in die nasionale helde-akker vir hom voorberei kan word.

Dié aankondiging Vrydag was die jongste wending in ʼn dramatiese twis tussen die familie en Mnangagwa, eens ʼn vertroueling, maar later ook ʼn man wat hom help ontsetel het, oor waar Mugabe begrawe gaan word. Hy gaan waarskynlik eers oor 30 dae begrawe word.

Meer as tien Afrika-leiers en verskeie oudpresidente het Mugabe lof in die Chinees geboude stadion toegeswaai. Die stadium was nie naastenby vol nie en die meeste roubeklaers was ondersteuners van Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party.

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa is aanvanklik boonop uitgejou weens die onlangse vlaag geweld hier wat grootliks op buitelanders, ook Zimbabwiërs, gemik was.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy toespraak tydens die begrafnis. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi)

ʼn Amptenaar het by die skare gepleit om Ramaphosa ʼn spreekbeurt te gee. Die Suid-Afrikaanse president was klaarblyklik voorbereid daarop en het van sy toespraak afgewyk om die kwessie te bespreek.

“Ek staan voor julle as ʼn mede-Afrikaan om my spyt te kenne te gee oor wat in Suid-Afrika gebeur het.

“Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie. Ons verwelkom mense van ander lande en gaan hard werk om maatskaplike samehorigheid tussen almal, ook mense van ander dele van die vasteland, te bevorder.”

Hy het ook hulde aan Mugabe gebring.

Mnangagwa het die verrigtinge gelei, terwyl Mugabe se weduwee, Grace, in ʼn swart sluier toegekyk het.

In Harare se middestad het mense nie veel belangstelling getoon in die begrafnis, wat oop was vir die publiek, nie.

“Wat gaan ek doen as ek daar [by die begrafnis] kom? Wat gaan Mugabe nou vir my doen wanneer hy dood is, wat hy nie kon doen terwyl hy gelewe het nie,” het Amelia Tukande, ʼn straatsmous naby die stadion, gesê. “Dis ʼn mors van tyd. Ek moet werk sodat ek na my gesin kan omsien.”

Nóg ʼn inwoner het gesê hy gaan nie vervoergeld bestee om ʼn lyk te gaan groet nie. “Ek het nie van hom gehou nie, maar ek wou tog self gaan kyk dat hy regtig weg is,” het Amos Siduna gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jerry ·

Die onheil wat Mugabe se boosheid oor Zimbabwiers gebring het is nog lank nie verby nie. Daardie onheil het SA ook stilletjies ingesluip! Mense moet maar liefs sewe keer dink voordat hulle mense uit oorloggeteisterde afrika lande indiens neem, veral die boere!

Eunice ·

Hoe onbeskryfbaar TRAGIES…dat die mense sterf van die honger…maar daar is geld, vir massas blomme vir n diktatorale lyk…

Liewe Genade ·

Liewe Genade Tog…ás dit nou maar net n staatsleier wás,wat vir sy land en volk KON SORG sonder bloed aan sy hande, sou ék dié ophef,van hom kon verstaan!
Maar om hulde te bring aan n diktator wat se land verarm,verhonger,verwilderd en verwese is, is werklik ñ groot grap!
WIE DINK AFRIKA SE LEIERS BLUF HULLE,mnr ramaphosa inkluis???

Henk ·

DOEN iets omtrent die veiligheidsituasie in Suid-Afrika, en hou op om aan te kondig wat julle van plan is om te doen (maar nooit daarby uitkom om dit te doen nie).

G'n Wonder ·

Die ANC buzz word (luister na die toesprake), is ENSURE, we will ENSURE, we will make SURE….en so karring dit aan. Maar niks verander terwyl die regime so ENSURE nie. Selfs die Zimmers sien deur hulle..

MH ·

Henk, Jou sinvolle oproep gaan ongelukkig op dowe ore val. Hierdie GROOT MENERE kan baie planne maak en praat maar as dit by doen kom, dan rafel hulle heeltemal uit.

Gert van Wierdapark ·

Die man vir wie al die Afrika leiers versigtig (bang) was, omdat hy glo die sterkte mu-ti gehad het, het sy laaste lepel gebruik!!!

Swartwolf ·

Beter kon niemand dit se nie. Sal seker nou nou afhaal want dis die waarheid.

leser ·

wat ‘n mooi gebaar aan cr, ???? hoop hy weet hys nie welkom nie, nie eers in sy eie hoekie hier nie ????

Jack Klok ·

Die oordrewe lofbetuiginge is ooglopend vals en toon aan die hele wereld hoe belaglik Afrika se leiers is. As Mugabe so ‘n wonderlike persoon is waarom het die VN nou al jare lank sanksies teen hom en sy mede Zanu-PF kornuite ingestel? Die ANC en linkses is baie vinnig om die VN verklaring tov apartheid – dat dit kwansuis ‘n misdaad teen die mensdom was – voor ons blankes se koppe te gooi maar ignoreer VN sanksies teen eie geledere. Dan geld dit nie. Dubbele standaarde, bedenklike waardestelsels.

Anoniem ·

Vir wie flous hulle, get real, mense is dood as gevolg van hom en gaan moontlik dood van die honger ook as gevolg van hom ! Ai tog HOE BLIND !

Rubber ·

Suip seker net Moët champagne terwyl die burgers vrek van die dors.

Dorie ·

Gedurende sy heerskappy het hulle gesukkel om van hom ontslae te raak, nou sukkel hulle om hom te begrawe, hoe ironies.

Rubber ·

Suip seker net Moët sjampanje terwyl die res dood van vrot water.

wilma ·

en so apologise cr vi xenofobie en die onnosel massas cheer hom. dis net in afrika wa die onnosel massas n verskoning aanvaar vir erge dade. LMGA. ou mugabe het sy land totniet maar hys n hero. Arme dom volgelinge

ZeldA ·

Janee SA is nie xenofobies nie en hier ook nie plaasmoorde nie. ???? Lieg hy alweer

Klip inni Bos ·

CR was dan net Vrydag by die vermoorde taxi drywer Baloyi aan huis waaruit die xenofobiese geweld voort gespruit het en gese hy staan saam met hom om die dwelmsmouse aan te keer. Nou se hy SORRY vir die onluste. Man speak with forked tongue!

Christa ·

Hyt Soos koning geleef terwyl Sy land se mense Moes ander heenkom Moes soek Om aan die lewe te Bly. Dan bring mense nog Hilde aan hom. Hoef nie te wonder Waar Hy Sy oë oop gemaak het nie.

Hans ·

Hul moet hom nie begrawe nie maar liewer verbrand….. Hy moet nie nog plek in Afrika mors nie. Hy het die voorspoed wat die kolonialiste vir hom gegee het vermors. Malema is reg…. Son of the soil…. Bleddie dryfsand…. Veraderlik

Israel ·

Wat opvallend is , in Amerika sê hy daar is geen plaas aanvalle of moorde nie in Zim erken hy daar is aanvalle op buitelanders, hoeveel keer het die plaasmoorde gebeur en hoeveel keer is sogenaamde buitelanders aangeval?

Kolskoot ·

Wat die diktarors en die septer swaaiers in Afrika nie besef nie die aarde is maar net n tydelike wooning vir die mens en wat jy hier doen sal jy eendag verandwoording moet aanvaar vir jou dade en daar sal n geween en n gekners van tande wees en niemand is te magtig om dit vry te spring nie

Julie Jansen van Rensburg ·

Bo en behalwe Mugabe, kan ek aan ‘n klompie ANDER Afrikaleiers dink wat behoorlik uitgeboe moet word terwyl hulle nog hard werk om hulle lande soveel moontlik kaal te stroop en hulle mense van ellende te laat krepeer… hier by ons sien mens die perfekte voorbeeld… laat ek maar liewer verder stilbly…

John ·

Vir man wat in die kerk se arms opgegroei het, maar homself groter as Christus stel en soos ‘n tiran regeer en sy klompie volgelinge hul laaste 1 000 zim dollar uithaal vir ‘n grootse praalgraf en maandlange begrafnis is soos om ‘n ou dooie perd te bly slaan in die hoop dat dit in ‘n gevleuelde Pegasus sal verander… en Cyril staan sowaar op sy knieè voor parassiete wat vir 3 dekades al ons land leeg suig.

humor ·

Jack Klok, baie waar hierdie klugspel dra beslis n duidelike boodskap na die internasionale wereld uit en dit is nie positief nie. Hul verwronge lewensbeskouing en gebrek aan integriteit word duidelik hiermee ten toon gestel. Berokken hulself almeer skade.

Hel ·

Wel, volgens my Bybel doen hy nou verantwoording, en dit gaan n lang vergadering wees want hy het baie gedood en verwoes. Ons dank U Vader vir U oordeel. Amen.

Sandra Kleinhans ·

Wat n skande om op 2 kanale Mugabe se diens uit te saai en net n gedeelte van 1 kanaal sonder klank Chester Williams se diens uit te saai ons eie legende.

Foxi ·

Hoe ironies. N tirran word vereer. N bose mens en sy volgelinge wat onskuldige boere vermoor het, diere dood gemaak het. Wat vir hulle land van kos voorsien het ensv. Die ergste van alles was en nog is, is die kinder arbeid. Nou gaan ons President nog en sê hy is jammer oor wat in ons eie land gebeur. Maar wat hy nie besef nie, is dat die terreur erger is hier in sy eie land, waar boere vermoor word, wat kos voorsien aan sy eie mense. Hoekom staan die President nie op en vra omverskoning aan ons eie mense wat hier uitvermoor word nie. Wat is belangriker, jou eie land of n ander dooie land? Maar tog glo ek dat onse HEER SY HOËR HAND oor ons land het en dat die tyd besig is om ryp te word vir die verandering wat aan die kom is, vir onse eie land.

Jr ·

SYRYPY CYRIL – MOENIE DURF OM TE SÊ SUID AFRIKANERS STUUR MEEGEVOELE VIR DAAI TYRAN. WANT EK EN DUISENDE DOEN DIT BESLIS NIE

Manie van Worcester ·

en toe lieg hy maar weer en almal is gelukkig. siestog

Leon S ·

Die humor oor die sosiale lei , satan/duiwel wil pad gee met die koms van mugabe…
mugabe gaan dit vir hulle moelik maak

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.