Ramaphosa: Covid-19 ‘nog ʼn jaar of langer’ met ons

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

“Namate die afsonderingstydperk geleidelik verlig word, sal die lewe stadig terugkeer. Maar dit sal nie die lewe wees wat ons voorheen geken het nie.”

Só voer pres. Cyril Ramaphosa aan in sy jongste nuusbrief. Volgens Ramaphosa is daar steeds baie onbekende aspekte rakende die pandemie, maar het kenners dit eens dat die virus nog lank wêreldwyd ʼn bedreiging vir openbare gesondheid sal bly.

“Ons moet dus voorbereid wees om vir nog ʼn jaar of langer met die koronavirus in ons midde te leef. Ons moet voorbereid wees vir ʼn nuwe werklikheid waar die stryd teen Covid-19 deel van ons daaglikse bestaan word.”

Ramaphosa het weereens benadruk dat die landwye afsonderingstydperk vir Suid-Afrika strategies tot voordeel was. “Dit het vir ons kosbare tyd gewen om ons gesondheidsorgstelsel voor te berei en beheermaatreëls in te stel. Dit het die oordrag vertraag en lewens gered.”

Volgens Ramaphosa is Suid-Afrikaners, net soos ander lande se burgers, onrustig en gefrustreerd met die inperking van persoonlike vryhede. “Sedert die landwye afsonderingstydperk begin het, het die meeste Suid-Afrikaners die regulasies, wat vir hul eie gesondheid en veiligheid ingestel is, nagekom. Hulle het ʼn ingeligte besluit geneem om dit te doen, en verstaan dat dit nodig is vir hul eie lewe en dié van almal rondom hulle.”

Die oorgang na die volgende fase van die reaksie op die Covid-19-pandemie, naamlik herstel, sal selfs moeiliker wees, skryf Ramaphosa. “Die risiko vir infeksies sal verhoog. Die druk op ons klinieke, hospitale en mediese personeel sal toeneem.”

Ramaphosa skryf gesondheidskenners van oor die wêreld waarsku van ʼn “tweede golf” infeksies, namate openbare lewe hervat word. “In ʼn aantal lande, waaronder Duitsland, Iran en China, is daar ʼn toename in nuwe infeksies sedert hulle sekere beperkings verslap het. Hier by ons sal dit nie anders wees nie. Ons kan en moet verwag dat infeksies sal styg namate meer mense weer werk toe gaan. Ons moet die werklikheid aanvaar, ons daarop voorberei en daarby aanpas.”

Die volgende fase van die nasionale reaksie handel volgens Ramaphosa ewe veel oor kontinuïteit as oor verandering of innovering. “Ons sal ons intensiewe siftings-, toets- en gevallebestuursprogram versterk. Ons sal nuwe maatreëls instel om kontakopsporing meer doeltreffend te maak. Ons sal die massa-ontsmetting van werkplekke, openbare vervoer en ander ruimtes moet toepas.”

Volgens Ramaphosa moet die verslapping van die afsonderingsregulasies nie tot onverskillige gedrag deur individue of roekelose praktyke deur ondernemings lei nie, net omdat hulle gretig is om hul bedrywighede te hervat ten koste van mense se gesondheid nie.

“Die koronavirus-krisis sal verbygaan. Maar solank dit ʼn bedreiging inhou vir menselewens moet ons waaksaam, ywerig en verantwoordelik bly. Nou meer as ooit word ons almal se lot bepaal deur die gedrag van elke individu.”

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die afsonderingstydperk is begin Mei tot vlak 4 aangepas wat beteken talle mense het weer begin werk met ondernemings in sekere sektore wat hul bedrywighede kon hervat.

“Die nasionale koronavirus-waarskuwingsvlak is nou op 4, wat beteken dat uiterste voorsorgmaatreëls steeds ingestel bly om gemeenskapsoordrag te beperk. Ons doel is om die waarskuwingsvlak konstant te verlaag deur die infeksiekoers te beperk en ons gesondheidstelsel gereed te maak vir die onvermydelike toename in gevalle.”

Ramaphosa meen die verandering wat mense in hul gedrag gaan maak, sal uiteindelik die land se sukses bepaal om die virus die hoof te bied.

“Selfs ná die afsonderingstydperk, veral ná die tydperk, sal ons steeds sosiale afstand moet handhaaf, gesigsmaskers moet dra, gereeld hande moet was en kontak met ander mense moet vermy. Ons gaan werkplekke, skole, universiteite, kolleges en ander openbare plekke moet herorganiseer ten einde oordrag te beperk.”

Die wyses waarop aanbidding, sosialisering, oefening en samekoms plaasvind, gaan verander moet word ten einde die geleentheid vir die virus om te versprei, te beperk. “Dit is ʼn werklikheid wat lande oor die wêreld in die gesig staar,” skryf Ramaphosa. “Selfs die lande wat hul afsonderingsregulasies begin verslap het, doen dit tentatief en met groot omsigtigheid.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Burgermeester ·

Hiert! Hoe loer Ramaphosa vir ons daar van agter sy masker, met geen idee wat rondom hom aangaan nie. Ek sal graag wil weet hoe die regering van plan is om werkplekke, skole, universiteite, kolleges en ander openbare plekke te herorganiseer om oordrag te beperk? As ‘n mens kyk na fotos wat op nuus en sosiale webwerwe verkyn, oor hoe mense saamdrom en vrylik beweeg tydens die inperkingstydperk, het ek geen vertroue in die regering om enige iets te bewerkstellig om werksplekke, skole, ens., te herorganiseer om oordrag te beperk nie.

Aries ·

ASSEBLIEF – MNR DIE PRESIDENT- ons is intelligente mens met wie jy te doen het- vertel ons n slag iets WAT ONS NIE WEET NIE

Snowball ·

Groot vraag: “Wanneer gaan ons na vlak 3 toe?” Sekere mense is alreeds op vlak 2 soos hulle aangaan, terwyl ander gehoorsaam wag vir die aankondiging van die Pres en sy Coronakabinet. Of moet ons eers wag vir dr Zol om die toespraak uit te rol?

Nico ·

Nooit! Die magsdronk idiote rol in die skyn van mag en beheer soos ‘n vark in modder. Julle Damaskus oomblik is op pad. Gee kans. Ek wag in spanning vir die oomblik wanneer julle agterkom julle is nie meer in ‘beheer ” nie.

Fedup ·

No Cyril. Stop with this covid nonsense. Why don’t you remind people what you have said about whites. We are done with your games and lies.
“In his brutal honesty, Ramaphosa told
Dr Oriani-Ambrosini the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.”

Jacobus ·

Nog nooit soveel propogandistiese retoriek deurspek van ‘n paar waarhede. Nog nooit het die byna kriminele verwaarlosing van die armes en gelyktydige verryking van die kaders ‘n regering so hard aan die hakskene gebyt. Voeg daarby lekkende grense waar mense vlug van skroeiende sosialisme na ‘n staat waar die
staat dit byna tot religie verhef het.
Mr Ramaposa wys jou staal en raak ontslae van die bagasie wat julle na net nog ‘n derde wêreld diktatuur laat lyk. Jou wetsgehoorsame burgers het reeds samewerking gegee net om in die tande geskop te word deur selfaangestelde en gekamofleerde soldaatjies.
Draai om.

Ou toppie ·

Ja, intussen leef die politici heel normale lewens. Vir die belastingbetalers draai die wiel. Ons is nou onder,as die wiel klaar gedraai het is ons weer onder. Wyse woorde deur my skoonseun!

Francois ·

Dis alles net n klug en magsvertoon spel. Ons weet almal gaan dit kry en soos bewys as jy dit eers gekry het kry jy dit nie weer so maak alles oop en laat die virus sy gang gaan

Joggie ·

Hoop nie jy en jou kammerade is nog ” ‘ n jaar of langer” aan bewind nie!

Misky ·

Aan die begin van die lockdown het ek baie respek vir die president gehad. In die afgelope paar weke, het ek alle respek verloor.

Van hero to zero!!!! Sorry Mr. President, jy is nie n man van jou woord nie

Francois ·

Ek stem. In die begin was hy vol bravade en wou graah praat maar nou kom hy glad nie eens op die kassie nie. Seker word hy belet deur Sissy Dlamini

Marisa W ·

Will the real president please stand up – stop talking to this puppet

Christo ·

Mnr Ramaphosa………kruip jy nou weg? Is jy te bang om te voorskyn te kom na jou tabak fiasko?

Emily ·

Ons word ore aangesit hier. Hoekom hou hy ons nie op hoogte nie. Hoeveel mense moet nog hul blyplek, werk en alles waarvoor hulle oor die jare gewerk het verloor.
Ons word net nie op hoogte gehou nie Verlede week toe se hulle hy praat weer vanaand oor lockdown, Wonder hoe waar is dit.
Jy kan niks glo wat die nuus se, of radio aankondig nie,
Ons was sleg gevang deur hulle leuens.

Renee ·

Dr Zol sal seker praat vanaand maar Mnr Ramaphosa nie. Geen een weet waar ons staan met die vlakke nie, Party plekke het geen vlak nie ander wat die wet gehoorsaam moet swaarkry op vlak 4 Ek wens net hulle wil ophou met hulle leuns

Lizanda ·

Mnr, die President, asb ons is nie almal piesang vretende idiote nie, dit wat jy uitbasuin asof dit wereld nuus is weet ons al geruim tyd.
Kry nou jou spannetjie bymekaar en doen iets – ons moet terug werk toe en glo dit of nie ons kinders wil graag teruggaan skool toe!
Verder meer ons is nie almal in die gelukkige posisie om bakhand te staan vir die regering se geldtjies wat hulle so muldelik aan seker bevolingsgroepe uitdeel nie.
Groot asseblief word wakker!

PH ·

“net omdat hulle gretig is om hul bedrywighede te hervat ten koste van mense se gesondheid ”
Is dit wat jy dink van die werkgewers , Huh?

Sharnelle ·

Duidelik weet Ramaphosa meer as ons deur te sê dat die lewe hierna nie weer gaan wees soos ons dit eers geken het nie, wonder wat steek hy weg as hy dit noem. Hulle wil mag en beheer toepas en ons soos kinders behandel. Hou by die reëls, jy mag nie dit doen en dat doen nie, sekere tye mag ons oefen en jy mag nie na 20:00 op die pad wees nie, jy moet in jou huis bly…..Regtig nou? Ek is al keelvol vir hierdie magsbeheer, en cANCer kon nog nooit hul woord gehou het nie.

Dit wat tans gebeur is maar net n toets om te kan sien of ons gehoorsaam is aan die reëls vorentoe. Hulle is besig om te onderhandel en reëls neer te lê, terwyl ons almal in die duister gehou word vir wat nog gaan kom. Dis nie lank nie dan is die mikrochip hier in SA.

Gaan youtube asb Loving Life, daar kom meer waarheid uit oor wat werklik aangaan.

Anoniem ·

Ja Sharnelle, ek begin al hoe meer wonder WAT IS DIE WAARHEID?

katerinadiekat ·

Ja Loving Life is n briljante kanaal, Scott is n ware held.

Sharnelle ·

Wil baie graag sy goed share sodat mense kan besef wat werklik aangaan. Hy doen baie researching en niks is fake nie

Jan ·

Dis ‘n dubbelsinnige verwysing na die radikale ekonomiese hervorming. Die Zimbabwe model

Boortor ·

Wat my boos maak is die volgende: Nog voor die inperkings afgekondig is het hierdie lot ons op elke openbare forum vertel hoe ” reg en gereed” hulle was om die virus die hoof te bied. Toe kom die inperking( absoluut drakonies) sodat hulle kan ” voorberei” vir die virus se piek. Wat ek nou wonder of dan weet is dat hulle van die begin af openlik vir ons gelieg het. Hulle was nooit ” reg” vir dit nie. Hulle sal dit nie kan hanteer nie asgv te veel lieg en konkelry. Nou glo ek aan NIKS wat hierdie lot kwytraak nie so hy kan maar sy toesprake en nuusbriewe gebruik waarvoor dit goed is en dit geniet!!

Objektief ·

As die nagevolge nie so ernstig was nie kon jy se dat die hele spul n grap is, maar dit word net meer duidelik dat ons ANC regeringl nie die vaagste benul het wat hulle doen nie.

Lees die Ander Verwoerd se rubriek op NEWS24 dan kan jy sien waar die sigaret debakel se oorsprong is; Lees die professor se rubriek op Daily Maverick dan kan jy sien dat die regtering nie besef wat die langer termyn gevolge van hulle aksies is nie.

Die verspreiding gaan eksponentieel toeneem want die ANC het die hele saak verkeerd benader. Die feit is dat die meederheid van die bevolking die virus gaan kry; die vraag is oor n tydperk van oor n tydperk van 6 maande of 18 maande, Dit is duidelik dat die ANC se medisyne meer verwoesting saai as die siekte.

Dirk Mostert ·

“die verspreiding gaan eksponensieel toeneem” Volgens die statistieke wat opgedis word. Skaars 200 covid-sterftes sover teenoor gemiddelde jaarlikse sterftes van 20,000 weens griep/longontsteking en 30,000 weens TB (Rapport, 3 Mei). Covid-sterftes mag meer wees as van slangbyt en weerlig, maar is veel minder as moord en padsterftes. Waarom was daar in vorige jare nie landswye huisarres vir gewone griep nie. Internet-navorsing wys dat covid-statistieke verdag is, so ook die toetsproses. M.i. is hier geen pandemie nie. Mensgemaakte Aardverwarming was die afgelope 40 jaar die grootste pseudo-wetenskaplike bedrog in die geskiedenis.

JJ ·

Geen idee nie. Daar bestaan nie ding soos nuwe werklikheid nie. Die werklikheid is deur jou en jou geheime Raad geskep. Kom ons begin reguit antwoorde kry op vrae. Waar het Covid-19 onstaan? Is die virus ‘n mensgemaakte produk in laboratorium of het dit deur duisende jare se evolusie ontstaan? Het die WGO die tussen mens oordraagbaarheid verswyg? Waarom is Suid Afrika te bang om harde vrae aan China te vra? Hoe word die virus medies behandel? Waarmee? Wat is die regsstatus van die Raad? As die Gemors ontwettig is en geen grondwetlike bestaanreg het nie, gaan die Staat eise teen dit kry wat hulle ogies sal laat traan. Waar is die ekonomiese plan om die ekonomie weer aan die gang te kry, of is dit ook geheim? Of gaan die Raad dit vir die privaatsektor los om uit te sorteer?

Alleen Wolf ·

Siviele eise teen die regering a.g.v. hierdie onmenslike reëls sal eenvoudig nie slaag nie, so ook bitter min ander hosake teen hulle, hulle boeties sit in die regter stoele.
JUSTICE IN SOUTH AFRICA IS A JOKE!

Boortor ·

Aag hy wou seker maar net gou weer lieg. Hulle dink mos ons eet net piesangs!

Jan ·

As jy tussen die lyne lees, is hy besig om ons gewoond te maak aan sy Radikale Ekonomiese Transformasieplan. Om die ekonomie te vernietig en agtergeblewenes te “empower”/finansier uit die hulpfondse, wat uit ons belastinggeld kom, om dit op te bou. Soos Zimbabwe.

Anel ·

Soos wst hierdie virus nog lank met ons gaan wees, gaan TB, vigs, moord, korupsie, hongersnood en baie ander siektes nog lewenslank met ons wees. So, hoe lank gaan ons nog toe gesluit bly? Ek wil nie meer ‘n masker dra nie of vir nog 18 maande plus nie. Dit dien in elke geval geen doel nie. Ek wil my kinders en kleinkinders vashou. Ek wil kerk toe gaan. Ek wil nie meer gyselaar gehou word deur die komunistiese regering nie. Ek is ook, op my ouderdom nie meer bang vir kriminele rekord nie. As ek siek word klim ek in die bed. Die wat moet doodgaan sal doodgaan, of dit nou van die virus is of van iets ander. Dis in elke geval die enigste pad wat ons almal gaan loop. So kom daaroor dat ons kan aangaan met ons lewens. Dit lyk my net sekeres is te bang om hulle voorvaders te ontmoet!

koos10 ·

Al wat verander aan sy boodskappe is die datum en sy masker.
Plaas hy sê reguit dat hy nie by magte is om SA na ‘n laer vlak te skuif nie, want Zuma en kie het nog nie vir hom gesê hy mag nie, en as hy sy eie toespraak doen dat word hy sowaar as persident uitgeskop, jip dan sal ek hom weer bietjie glo.

Jan ·

Ongelooflik dat ‘n president in hierdie tyd sulke onsamehangende snert kan kwytraak

Lourens CFG ·

Hy reken op dat die virus nog ‘n jaar by ons sal wees.
Nee, hierdie virus gaan nie ophou nie. Net soos verkoue, vigs, malaria, TB ens gaan dit altyd met ons wees.
Stop lockdown nou dat ons kan aangaan en strande ens na toe kan gaan. Al so gatvol jy kan toor met my.

Naas ·

Hierdie ANC is slimmer as wat ons dink. Voor die Covid-19 situasie was Suid-Afrika al reeds in rommel status as gevolg van die wanbestuur van die land deur die ANC. Die Covid-19 pandemie gee ANC nou ‘n beter verskoning vir die toestand van die land ekonomiese gemors. Hou hulle maar dop.

marius ·

Waar is die mense se geld ou grote ? Met dit wat die afgelope tyd verorber is en die hulpfonds wat ook nou weg is kon daar vir elke man vrou en kind miljoene oorbetaal word . Dit sou die mense kon dra vir jare !

netekalleen ·

Ek dink die regering lig net die president in vam die mense in woonbuurte wat hulle gedra en by die reels hou, maar laat na om hom te vertel van die in informele nedersettings wat so bosgaan

Magda ·

ai tog ou rampie = ons almal weet dit, maar duidelik dink jy jy het nou iets uitgedink wat die moeite werd was om te se, en weereens is jy n paar stappies agter. Ai tog ons oneerlike agterwee regering. Shame shame shame. Heg die Lockdown op anders gaan julle groter probleme kry as wat julle kan beheer want julle kan nie eers die covid 19 beheer nie wat nog die werkloosheid wat oppad is en die ekonomie wat alreeds gedoem is, nog verder gedoem gaan word of alreeds is. Se tog iets wat die moeite werd is of bly eerder net stil.

Sarel ·

Strategies tot voordeel???? Wat van die Ekonomie wat vernietig is … so vir wie was die Strategiese voirdeel of moet ek vra ” Politieke Voordeel” ????

Kobus ·

Al die kommentaar is kritiek teen die regering, en in sekere opsigte is dit geregverdig. Kan ek vra as jy more verkies word as president, hoe jy die pandemie sal hanteer, want as jy kritiek lewer het jy sekerlik n beter plan? Tans word elke wereldleier omtrent hieroor gekritiseer- vra maar vir Trump. As jy niks doen nie en duisende mense sterf aan die virus, gaan jy die regering blameer – hulle moes en kon immers die lewensverlies beperk het. SA is nie die enigste wat ly agv die virus nie, ek woon in die buiteland en ervaar dieselfde al vir 4 mnde. Ons regering vertel presies dieselfde wat Cyril jul vertel. Die virus het die wereld verander en in baie opsigte gaan dit nooit weer dieselfde wees nie. Dit het almal onkant gevang en nie sedert die 2de wereldoorlog is die wereld so gekonfronteer met iets wat ons nie eers behoorlik verstaan nie. SAners is egter resilient en sal ook hierdeur kom, maar julle sal moet saamstaan en mekaar ondersteun, wys dit in jul liefde en dade.

voor ek vergeet ... ·

Kobus, ek is self dankbaar ek staan nie in sy skoene nie, maar sou dit nie anders kon nie, sou ek beslis heel eerste by die stede in China gaan aanklop vir raad. Duidelik doen hulle iets reg!

-Sjanghai: 839 km vanaf Wuhan, 659 bevestig/7 sterftes, uit ’n populasie van 24 miljoen mens

-Beijing: (hoofstad) 1150 km vanaf Wuhan, 593 bevestig/9 sterftes, uit ’n populasie van 21 miljoen mense

-Hong Kong: 919km vanaf Wuhan, 1047 bevestig/4 sterftes, uit ’n populasie van 24 miljoen mense)

Dalk het die verpligte dra van maskers iets daarmee te doen. “Citizens who breach the regulations would face serious financial punishment” – hier by ons is dit nie ’n strafbare oortreding nie, ’n winkel of werksplek kan jou net toegang tot hul perseel weier.

Kobus ·

Ek dink ook dit is wys om na die buiteland te kyk en die beste praktyke van toepassing te maak op wat in SA kan werk. Ek dink net nie China is n goeie voorbeeld nie. Duidelik het China baie inligting weggesteek en ons sal nooit weet wat die werklike syfers was nie. Die ander probleem is dat SA nie die sosiale dissipline het om reels te gehoorsaam nie, deels omdat baie eenvoudig dit nie kan doen nie en ander dit nie wil doen nie. Ek dink solank baie mense in SA dit nie ernstig opneem nie, die virus steeds gaan versprei soos die getalle wys.

voor ek vergeet ... ·

Mnr. Ramaphosa, waarom was ons gesondheidstelsel in die eerste plek nie meer voorbereid op enige epidemie, wat nog pandemie? In 2017 is ’n TB-epidemie voorspellingsopname van stapel gestuur, wat in 2018 voltooi sou wees, daarvan het niks gekom nie. Ons het egter nou gesien hoe baie jou regering in ’n kwessie van ’n paar weke uitrig kon kry. Hoe vinnig kon julle nie nou watertenks aan mense voorsien, wie jare lank al daarna smeek. Hoekom nou eers, hoekom nie lankal nie?

Helizna ·

I suspect the Anc is sealing the Borders, of the Northern Cape, Western Cape & around another place, which I’ve forgotten now, as King Cornelius broke the good news, about 4 days ago, that his “International Sussession” had been granted, after he flew to Europe & America.
Now the ANC are ensuring that he will NOT close the Borders!!!

voor ek vergeet ... ·

Mnr. Ramaphosa, jou regering se beheptheid met die NGV het julle van jou beloftes van hoë-profiel vervolgings en aanklagtes teen korrupsie in die openbare gesondheidsektor laat vergeet. Dít, meneer die president, sou op sy eie meer menselewens gered het as wat ons reeds aan Covid-19 verloor het. Hoe kan ons jou nou glo dat menselewens vir julle belangrik is? Jy is oor een ding egter reg, ons land se sukses om die virus die hoof te bied berus by sy mense en hul individuele gedrag (lankal nie meer by jou regering nie). As jy opreg menselewens wil red, maak ons land se ekonomie weer VEILIG oop en maak die NIE-dra van maskers (of enige lapbedekking) in die openbaar ’n STRAFBARE oortreding met ure gemeenskapsdiens of die optel van 10 swartsakke vullis. Dink net hoe mooi skoon ons pragtige land ná die pandemie kan wees en met hoeveel kindersterftes, weens onhigiëniese toestande, kan afneem.

Ronel ·

En moenie dink Mnr Ramaphosa…………….dat ek vir nog ‘n jaar of so in my huis gaan sit en nie werk nie hoor! Dan moet jy my huur betaal, motorvoertuig lisensie uithaal en kos voorsien vir so lank!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.