Ramaphosa: Deeglike gesprekke nodig voor vryhandel werklikheid word

Pres. Cyril Ramaphosa onderteken die Kigali-verklaring in Rwanda (Foto: Twitter via die Presidensie)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand laat gesê die Suid-Afrikaanse regering het meer tyd nodig om relevante belanghebbendes en beleggers te raadpleeg oor die vryhandelooreenkoms voordat dit finaal onderteken word.

Ramaphosa was Woensdag een van meer as 40 Afrika-staatshoofde om die Kigali-verdrag te onderteken wat sal lei tot vryhandel tussen Afrikalande wanneer die finale ooreenkoms onderteken is.

Ramaphosa het dié ooreenkoms van die Afrika-unie (AU) by die African Continental Free Trade Area (AfCTA) se buitengewone sakeberaad in Rwanda onderteken – dieselfde beraad waarop hy voorgestel het dat ʼn enkele homogene geldeenheid vir Afrikalande geskep moet word.

Die doel van die ooreenkoms is om handel tussen Afrikalande te bevorder, asook plaaslike vervaardiging ʼn hupstoot te gee.

Die ooreenkoms het glo die potensiaal om ʼn bruto binnelandse produk (BBP) van $25 triljoen te skep.

Ramaphosa het gesê hy verwelkom hierdie “geskiedkundige besluit” wat al jare ʼn droom vir die stigters van die Afrika-unie is.

“Ons is deel van hierdie proses om Afrika vir vryhandel te open. Al wat ons van die ondertekening van die finale ooreenkoms weerhou, is ons eie beraadslagingsproses. Ons moet dit nog eers in Suid-Afrika bespreek sodat dit in die kabinet verder gevoer kan word, daarna met belanghebbendes en vennote bespreek en uiteindelik in die parlement voorgelê kan word,” sê hy.

Ramaphosa sê Suid-Afrika is ʼn groot deel van die Afrikakontinent. Daarom wil hy graag hê dat die land deel moet wees van die vryhandelooreenkoms. Volgens hom is vryhandel ʼn werklikheid en die proses van oorlegpleging bloot ʼn formaliteit.

Pres. Muhammad Buhari van Nigerië het hom oor dieselfde redes aan die raad onttrek en nié die verdrag onderteken nie aangesien “meer gesprekke oor vryhandel in Nigerië” eers nodig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacques ·

Ek wens ons kon nuwe woorde kry vir goed soos triljoen. Dis deesdae onmoontlik om te weet wat dit beteken. In hierdie geval beteken dit seker die Amerikaanse miljoen miljoen, maar tóg…

As ons maar net SI eenhede kon gebruik. R1000 is ‘n kilorand, ‘n miljard is ‘n gigarand, en triljoen soos in hierdie berig, ‘n terrarand, sodat dit nie verwar word met ‘n exarand nie. Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Metric_prefix

Paul ·

Afrika het nog ‘n ver pad om te stap, die grense is bv in Suid Afrika klomp jaar gelede oopgegooi, en daar is van die noorde af ingestroom. (Dit laat my aan so 350 jaar gelede dink.) Is dit raadsaam om dit nog makliker te maak?

Die reaksie van die agtergeblewenis binnelands was oorweldigend, daar dit hulle van geleenthede ontneem het. Dus sal daar baie hard gedink moet word voor ons dit vir mense noord van ons nog makliker maak om die land binne te kom.

Gee eers aandag aan jou eie mense, dis dalk wat Nigerië ook in gedagte het. En die ander Afrika lande se inwoners, gaan hulle nie ook die ‘toestroming’ van uitlanders as ‘n bedreiging sien nie?

Is ons mense gereed daarvoor?

Elizabeth ·

Wie gaan lus wees om iets te vervaardig as jou perseel enige tyd onteien kan word? Die onteieningsplan gaan SA sonder ‘n ekonomie laat. Almal wat self iets kan maak of uitdink gaan landuit gaan om grootskaalse onteiening vry te spring.

dr Sakkie van der Merwe ·

Hy meld dat daar tyd nodig is om belanghebbendes te raadpleeg maar grondgryp is anders daar word niemand geraadpleeg nie. Hoe werk diegene se koppe?

Nita ·

Cyril is nou vader Kersfees. Wil nou die bietjie geld wat hier beskikbaar is uitdeel aan res van Afrika. PLUS hy nooi alle Afrikane om vrylik in RSA in te beweeg. Ons gaan verder verswelg word deur werkloses en hopeloses. Malema nou moet jy skree. As jy dink 27 persent is erg. Kyk wat gebeur volgende!!!!!!

Callie ·

Cyril het alreeds dit reguit genoem dat die witmense niks van hom is nie. Hy veroordeel nie plaasmoorde nie, probeer nie eers iets daaraan doen nie. Hy is die voorloper van onteiening, gewaarborg net witmense sal onteien word. Sy regering trek ten velde teen Australiese premier wat SA boere wil help. Malema en blf dreig dis grond of dood. As ons as wittes nie nou besef waarnatoe ons op pad is nie, dan sal ons dit nooit besef nie. Een vraag, as jy wit is hoe stem jy vir dit wat in die land gebeur

Piet Pompies ·

Waar het CR gesê “witmense is niks van hom nie”. Dit is die eerste woord wat ek van dit hoor!

RM ·

Callie, jy is heeltemal reg. CR is die voorloper, ‘n tiran skuldig van magsmisbruik wat bitter vinning saam met sy maatjies onder ‘n kommunistiese Suid-Afrika en groter Afrika wil skuil. Hulle kan dan doen net wat hulle wil met die wee”lde van hierdie land. Mag die Heer ons volk see”n met ‘n onomkeerbare opstanding teen hierdie diabolisie beleid teen die Witman. Mag hulle jaloesie hulle opeee”t, mag hulle mislukkings hulle insluk.

Andrew Muller ·

AU die volgende EU?

Mense kan vrylik rondbeweeg (gelukkig het SA geen rekord van Xenophobia nie) en die moontlikheid van een geldeenheid – het ons niks geleer in die Euro se skuldkrises nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.