Ramaphosa: ‘Die koronavirus verander alles’

Foto: Presidensie

Pres. Cyril Ramaphosa sê hoewel hy begrip het vir die swaarkry en ongerief weens die nasionale afsonderingstydperk, is dit duidelik dat beperkings op beweging en byeenkomste wel daarin slaag om die kurwe van die pandemie af te plat.

Volgens Ramaphosa het lande oor die hele wêreld die beperkings ingestel – dit is juis in daardie proaktiewe lande waar hulle dit kon regkry om die kurwe af te plat.

Die presidensiële koördineringsraad het Saterdag ʼn virtuele vergadering onder voorsitterskap van Ramaphosa gehou. Die raad is saamgestel uit ministers, die premiers van al die provinsies en Salga, die organisasie wat munisipaliteite landwyd verteenwoordig.

Dit was die raad se eerste virtuele vergadering en is gehou om vordering en uitdagings met die inwerkingstelling van die landwye afsonderingstydperk te evalueer en gesprekke tussen die nasionale en provinsiale regerings te begin rakende ʼn ekonomiese herstelstrategie.

Die raad het ook ʼn verslag van die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (NatJoints) ontvang oor nakoming van die regulasies rakende die afsonderingstydperk, deurlopende kontakopsporing, huisvestingvereistes waaronder geïdentifiseerde kwarantynpersele, asook die bekendstelling van die massatoetsprogram.

Volgens Ramaphosa is 5 400 veldwerkers reeds opgelei en is daar reeds begin om hulle na verskeie gebiede oor die hele land te ontplooi terwyl duisende veldwerkers steeds besig is met opleiding. Prioriteitsdistrikte en 993 wyke is geïdentifiseer wat bestaan uit die kwesbaarste en hoërisikogemeenskappe, asook gebiede met hoë infeksievlakke. Die provinsies werk ook saam met die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste om toetspersele, wat mobiele en permanente toetseenhede sal insluit, te identifiseer.

Foto: Presidensie

Die raad het verder ook gepraat oor die verskaffing van noodsaaklike mediese voorraad, waaronder regulasies wat ingestel is om die uitvoer van sulke voorraad te beperk. Die regering gaan sy pogings verskerp om plaaslike vervaardiging van sulke produkte te verhoog.

Die departement van water en sanitasie het reeds 6 000 watertenks en 723 watertenkers oor die hele land afgelewer. Dié program sal aansienlik uitgebrei word in die komende dae en weke.

Die premiers het ook die behoefte uitgespreek vir beter koördinering en kommunikasie rakende die afsonderingstydperk-regulasies oor alle regeringsfere heen.

Ramaphosa het die regering en die samelewing in die algemeen versoek om te herbesin oor hoe regerings, ondernemings en gemeenskappe funksioneer en onderling met mekaar verband hou in die stryd teen die pandemie. “Die koronavirus verander alles,” het hy gesê.

Die raad sal gereeld vergader om te verseker daar is deurgaans en op alle vlakke doeltreffende samewerking rakende die nasionale reaksie op die Covid-19-pandemie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Te polities korrek. Moet prontuit n paar van die Ministers in die bek ruk. Sal meer punte tel as die gewone ou paai stories.

Anel

En ons moet hulle glo? Hoe ly jy sulke mense so vinnig op om iets so belangriks te doen? En waar kom hulle vandaan? Jammer, maar sal hulle nie vertrou nie, nog minder dat hulle in my neus grou. Hoe weet ons daai groustokkies is skoon? Jammer vir julle. Bly maar vêr weg van my.

Oros Soros

Die regering misbruik die pandemie en het in effek ‘n bloedlose staatsgreep uitgevoer. Thabo Mbeki het gepraat van “Colonialism of a special type” en ons het nou te doen met ‘n spesiale tipe staatsgreep of tydelik/ momentele staatsgreep. As deel van die veldtog teen die virus, word bedekte bymotiewe opposisieloos en sonder teenkanting deurgevoer. Dit sluit in versnelde swartbemagtging, regstellende aksie, swart eienaarskap van die ekonomie ens. Sien in die verband die rasverknoghtheid van die beoogde hulppakette. Die verbod op sigarette maak ook nie sin nie. Wil die regering nou die pandemie gebruik om almal van die gewoonte te speen?

Cherokee

As dit nie was vir die powere verslapping van reëls op taxis, sou hierdie meer geloofbaar wees. Want as dit werklik sou lei tot ‘n afplatting in die kurwe, dan is dit dit van nut en kan selfs verleng word.

JC Venter

Mnr die president en dan het jy tien teen een nie gister koerante gelees nie. Sekere dinge het nie verander nie. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, skryf gister as volg: “Terwyl die kollig op kabinetslede is, oor hoe hulle hul nuwe buitengewone magte ten tyde van die Covid-19pandemie gebruik, het ’n nuwe slenter kop uitgesteek. Met GwedeMantashe en Barbara Creecy voor in die koor. Dit is om stil-stil nuwe en hoogs omstrede regulasies in die Staatskoerant te publiseer oor ander sake. En met prima facieaanduidings dat hulle gehoop het om dit geruisloos gedoen te kry midde die korona-gedruis.” En dan… Lees meer »