Ramaphosa die leier wat SA nodig het, sê Mokgoro

Job Mokgoro (Foto: ANA)

Job Mokgoro, Noordwes-premier, het Dinsdag tydens ʼn provinsiale bestuursvergadering in Mafikeng in Noordwes gesê pres. Cyril Ramaphosa is die “regte kandidaat” om Suid-Afrika die toekoms in te lei.

Mokgoro het gesê Ramaphosa voeg sedert die begin van sy ampstermyn daad by die woord en is daarom die régte leier om die land vorentoe te neem.

“My persoonlike mening is dat die land Cyril Ramaphosa as president nodig het,” het hy gesê.

“Hy het al verskeie dinge gedoen wat ons ʼn duidelike teken gegee het in watter rigting die land op pad is. Jy kon sien beleggers is weer gretig om in Suid-Afrika te belê. Ons is duidelik nou weer op ʼn punt waar die [toestand van die land] gestabiliseer het.”

Mokgoro, wat aangedui het dat hy ondersoek instel daarna of sy provinsiale kabinet geskommel moet word, het gesê Ramaphosa moet die geleentheid gegun word om sy ampstermyn te voltooi.

Ramaphosa is tydens die nasionale konferensie in Desember 2017 as leier van die regerende ANC verkies. Hy is verkies tot president van Suid-Afrika nadat oudpres. Jacob Zuma vroeër vanjaar uit sy amp bedank het.

Ramaphosa het Saterdag gesê Suid-Afrikaners is moeg daarvoor dat sakeondernemings in die land deur ʼn minderheid bestuur word. Hy het ook gesê die regering werk baie hard daaraan dat swart mense “ernstige sakelui” word. “Ons wil hê hulle moet sakeondernemings bestuur en ander in diens neem. Ons wil hê radikale ekonomiese bemagtiging en transformasie moet aan die orde van die dag wees,” het hy gesê nadat hy titelaktes in die Stanger-omgewing uitgedeel het.

Ramaphosa het gesê die tyd vir slagspreuke is nou verby. “Ons gaan vir ons mense grond gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eish ·

Nè!
“Suid Afrikaners is moeg daarvoor dat sakeondernemings in die land deur n minderheid bestuur word.”
Maar jul het Eskom, Denel, Prasa, SAA, Die NOK, die provinsies en die land in die afgrond in bestuur.
Die VBS bank, ten volle gereinig van enige minderheidsteenwoordigheid,gereduseer tot n blik wurms.
Diė stelling is soos om Markus Jooste in diens te neem na die Steinhoff debakel as minister van finansies!
Hierdie Titanic het lankal die ysberg getref, maar die bemanning is salig onbewus daarvan.

Cherokee ·

Netjies gestel Eish. Sou nogal daarvan hou dat iemand sy stelling direk so sou antwoord.

Dereck Le Roux ·

Ek stem daarmee volmondig saam dat hy dit van enige ANC leier so se, Ramapadda is nie net die beste “kandidaat vir die Job” maar hy is ook die beste kommediant naas Zuma vir die Job.

Spike ·

Dit sal net vir die comrades gegee word. Die wat op straathoeke sit sal niks kry. Verkiesings praatjies. Kommunistiese uitsprake gedoem tot mislukking.

Gestremde ·

Duidelik sienende blind en horende doof… Die rand vetrel ‘n ander storie in News 24:

The rand’s comeback against the dollar this month will run out of steam as US rates rise and the trade war weighs on global growth, says the most-accurate forecaster of the currency.

Andre ·

Dit verbaas my hoe dom die mense is, die land is in sy maai en hulle dink alles loop wonderlik.

a ·

Hulle woon ‘n bubbel eendag sal julle wakker word. Insluitend ons geagte staatspresident.

A ·

Witmense het gewerk vir wat hulle het. Hulle sit nie op hul agterent en verwag alles moet uit die hemel val nie. Hoe lank dink ons president gaan daai besighede staande bly.

Jerry ·

Dat die regering swartmense ernstige sakelui wil maak vir werkskepping word verwelkom, solank swartmense hulle eie sakeondernemings begin met grond wat beskikbaar is en nie beoog om die minderheid se sakeondernemings en grond oor te vat nie, want dit sou net soos staatskaping neerkom op sakeondernemingskaping en grondkaping. Soos wat die Zuptas vervolg word vir staatskaping sal die Ramagoros vervolg word vir grondwetkaping, grondkaping en sakeondernemingskaping. Ons hoop CR doen die regte dinge reg sodat hy nie ook vervolg sal word nie!

Grassie ·

Natuurlik sal Mokgoro en al die ander ANC-kaders baie in hul skik wees met Ramaphosa se bestuurstyl. Hy gaan dan die witmense se grond en sommer hul besighede ook vat en aan “our people” gee. Vir peoples wat self nog nooit in staat was om enigiets op te bou en suksesvol te bedryf nie, maar baie graag vat wat hulle nie toekom nie, is dit soos manna uit die hemel. Dit is eienaardig dat Ramaphosa, wat ‘n skatryk kapitalis is, besig is om die land al hoe meer op die pad van sosialisme, en uiteindelik kommunisme, te dryf. Sy eie bates is sekerlik veilig in die buiteland belê.

Elize ·

Hellooo…op watter planeet woon DIE ou…ek staan verstom oor die klomp tjol wat uit die meeste van hulle se monde kom…genade as julle skrik, skrik net wakker…die land is in sy maai bestuur deur julle. En Mr Cyril, nuusflits vir jou…die tyd van praat is verby sê jy, wel ons tyd om te luister is ook nou verby sê ek vir jou.

Willem ·

Niks verkeerd met die noord-wes nie, pragtige gebied, baie plekke is afgeleë en party mense kom maar min in die stede.

John ·

Afrika wil altyd bo wees maar is tog sooo skynheilig-besorg oor die’ op voetsoolvlak… en tussen die twee pole le wit eiendom en infrastruktuur wat witmense opgebou het en terselfdertyd werk, opleiding en mediese dienste aan miljoene Afrokane verskaf het. Skaamte/dankbaarheid is duidelik nie eie aan Afro’s nie. CR/ANC spog met SA se lewensstandaard/vermoens dog weier om te erken dan die ANC niks daarvan opgebou het nie. Die ding met ‘vat’ is dat dit nooit joune word nie en geen seen van Bo sal wegdra nie… ‘n bewese feit. Sing maar God bless Africa… in opdrag… Afrikaners moet die’ spul uitwag en nie weghol nie… Al gaan ek ook deur die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. Afrikanerboere was oor 25 jaar min aangetas, die res is gepakket en gepos sonder simpatie van boere wat daarop reken dat ons sal koop… ten duurste…. want eet moet ons. As die boere wil hol. Hol. Ons wag vir die dag wanneer die pap aanbrand, die pot oorkook, no2 spat sodra die papaja die ‘Eskom-fans’ tref. Manna kom in baie vorms en die Vader is nogal goed met planne-maak en deurvoer. Geen referendum en geen dwase planne namens alle Afrikaners nie… Diegene wat nog altyd hoofseun wou wees… bad luck.

Hannelie ·

Né Mokgoro?? Hy is al meer as 100 dae president gewees…….en nogsteeds is daar absoluut niks rondom plaasmoorde gedoen nie.
Miskien het hy vir jou al iets beteken, maar vir die moorde in die land…….eish. So I rest my case!

Koos de Meyer. ·

Elize ek stem saam. Ons het aansien in die wêreld gehad, ons weermag was gevrees in Afrika, maar hierdie klomp het als op ‘n skinkbord gekry, alles vermors nou wil hulle ook die besighede bestuur en oorneem. Hulle kan nie eers ‘n kar bestuur nie, wat staan nog ‘n besigheid. Korub, bedrog, diefstal en so meer. Kyk maar net na die plaase wat hulle gevat het, in hulle verstand in afgebreek. Hulle kan niks bestuur nie. Jammer dit is die realiteit

Neewat ·

Janee as jy jou pos wil behou se jy enigiets . ek moet se as ‘besigheidsman’ wat almal gedink het Ramaphosa is, het hy BAIE teleurgestel . almal het gedink omdat hy ‘n sakeman is en ekonomie verstaan, sou hy beter besluite neem. Maar hy neem geen beter besluite as ‘n Standerd 3 Zuma nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het net die opskrif gelees.
Ek stem geensins saam nie.

Nikita ·

“Ramaphosa die leier wat SA nodig het.” Wonder waar het ons geleerde Pressie CR al sy grade gekry…….in n lucky pack? Expropriation Without Compensation eerder……Economy Without Capital!!!

Paul ·

White Rhino, al die berigte op die media se webwerwe kan op “Pressreader” gelees word. Baie daarvan wat bv op Netwerk24 voorkom is nie geblok nie, ook hierdie berig. Sit Pressreader in jou Google Search dan sal jy dit kry, as jy by jou ‘settings’ van jou browser in jou rekenaar, die taal gestel het om ook Afrikaans in te sluit, dan sal jy ‘n funksie aan die linkerkant van die Pressreader se blad kry, wat jou toelaat om op Afrikaans te klik.

Hanna Hoekom ·

Wat rook die man? Moet iets baie sterk wees… Gaan kyk maar hoe lyk die Rand se waarde voor jy kom mooi praatjies oor beleggersvertroue in SA maak!

Thinus ·

Grond gee vir die mense: dit sal goeie ekonomiese inspuiting oplewer vir ‘n kort tydjie: Daar sal volop vleis wees – mak vee en wild
Daar sal baie brandhout beskikbaar wees
Daar sal hope metaal vir herwinning ge-oes word
Laastens sal daar baie bousand gemyn word
En dan sal dit klaar wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.