Ramaphosa ‘diep bekommerd’ oor toenemende spanning in Midde-Ooste

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan die Noord-Kaap die afgelope week. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het aan Irannese pres. Hassan Rouhani gesê Suid-Afrika sou ʼn vreedsame en billike oplossing vir die spanning tussen die VSA en Iran wou sien.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê die president het Rouhani Donderdag gebel. Ramaphosa is tans in die Noord-Kaap vir die ANC se 108ste verjaardagvieringe.

“Pres. Ramaphosa se gesprek met pres. Rouhani is gelei deur Suid-Afrika se onwrikbare siening dat konflik deur politieke dialoog, eerder as geweld, opgelos moet word.

“Die gesprek het ook afgespeel teen die agtergrond van Suid-Afrika se rol as nie-permanente lid van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad en inkomende voorsitterskap van die Afrika Unie,” het Diko Vrydag gesê.

Ramaphosa het ook Suid-Afrika se medelye betuig met die dood van Iran se voorste generaal, Kassem Soleimani.

Soleimani is verlede week in ʼn Amerikaanse hommeltuigaanval dood.

Ramaphosa het ook Suid-Afrika se leedwese oor die lewensverlies ná Woensdag se dodelike vliegongeluk aan die buitewyke van Teheran te kenne gegee.

Volgens Diko het Ramaphosa aan Rouhani gesê hy is “diep bekommerd” oor die Amerikaans-geleide weermagoptrede wat gelei het tot verhoogde spanning in die gebied en wat “ʼn teelaarde vir weerwraak kan laat ”.

“Pres. Ramaphosa het alle partye gevra om hulself te beteuel en op te tree binne die raamwerk van internasionale wetgewing.”

Diko het gesê Ramaphosa het tydens die gesprek sy kommer oor die opbouende spanning uitgespreek en gesê dit het verreikende gevolge vir die streek, asook vir internasionale vrede en sekuriteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Dirk Breytenbach ·

Ek sal graag ook wil weet wat het dit met CR te doen? Hy moet homself eerder bemoei met riool wat in die strate en riviere afloop, misdaad aanpak, uitroei van korrupsie, Escom se onvermoee om homself reg te ruk, sy afwesige leierskap styl ens. ens.

Renske ·

Ek sou eerder die bekommernis oor my eie land uitspreek. Hier is Baie meer problem as daar.

pan ·

Hy praat net namens hom en sy regering ,ek ondersteun n ware leier en President ,gee hulle gas President Trump.

André Lategan ·

Pas kyk hy na sy eie land wat oppad is rommelstatus toe. Nou is hy bekommerd oor Iran wys jou net hoe dink hy…

Ig ·

Yip, looi hulle Trompie. Wonder wie skryf Ramapromise se toesprake?

Cherokee ·

Ek is bly Ramapoker is besig om wêreldvrede te bewaar. As hy sukkel met Eskom, dan is die pogings om spanning tussen die Weste en Ooste te verlig, dalk makliker. Ek hoop net dat terwyl hy kritiek uitgespreek het oor ‘Amerikaansgeleide weermagoptrede…’ hy nie voorgegee het dat hy namens my (ook) praat nie. Ek hoop hy het dit duidelik gemaak dat hy namens sy volk (en waarskynlik ook nie almal nie) praat. Miskien het hy dit gedoen om sy eie spanning weens Eskom, van die radarskerm te verwyder.

Nelia van Zyl ·

Konsentreer eerder op u eie land se menigvuldige probleme waaroor u skynbaar gedurig oningelig is, Mnr. Ramaphosa. Los die ander lande uit! Ruk SA reg!!

Cherokee ·

Webredakteur, ek glimlag (want ek het dit geweet!) omdat jy nie waag om my kommentaar te plaas. Verdomp… dit is nie net die waarheid nie, dit kan bewys word! :-)

Cherokee ·

Oepsss.. oorhaastig gewees! Asseblief, verwyder my laaste kommentaar.. die glimlag ene .. gedink jy sal dit nie plaas nie. :-)

Tant Anna ·

Wees eerder, DIEP BEKOMMERD oor jou eie land, se probleme, moord en doodslag en jou party se ONVERMOÉ om te lei en iets te laat werk, liewe Cyrill’ki

James ·

Ek is diep bekommer oor:
BEE
Omgekeerde rasisme
Amper geen veiligheid
Moord syfer
Junk status
Korrupsie. Die lys kan aan gaan.

Maar hy is diep bekommer oor midde-ooste…. siek!

Sean ·

Nou is hy gepla oor internationale wetgwewing. Maar jy wil internationale wetgewing verbreek deur grond onteining sonder vergoeding.

Martin ·

Nou stuur dan die weermag om die ligte daar ook af te sit!

Andre ·

Konsentreer eerder op jou eie land se probleme want daar is baie..

Jean ·

Snaaks hoe cyril en die anc niks gesê het oor iran wat die vsa aangeval het nie. Kies dadelik kant.

Anel ·

Hy kan defnitief nie names my praat nie want is is nie deel van sy “our people” nie. So mnr Trump, ek ondersteun jou want jy wil net die beste vir jou volk, die Amerikaners hê. Ons land ondersteun terroriste! Ai, tog.

Dave ·

Maak eers jou eie huis skoon voordat jy ‘n suksesvolle land soos Amerika probeer voorskryf.

John ·

Waaaat? Cyril op speaking terms met Iran-leiers. Glo ook ‘n groot ondersteuner van die Palestynse saak. Nou die dag het ‘n Turkse vliegtuig hier noodhulp ontvang. Ons weet niks van wat agter die skerms aangaan nie. Wie is die ANC se pelle en wie die vyand?

Jc ·

Die president moet sy woorde baie mooi tel. As Trump sy humeur verloor teen SA se Hoofman wat die heel tyd die VSA se doele om terrorisme in die ooste te probeer sleg sê en ook die VSA se weermag gaan Trump alle besighede met die land sluit. Het die arme siel al geweet hoeveel geld en werkers in hierdie armsalige land hulle alies gaan sien. Ek glo nie. Hy dink hy is baie slim. Maar hy moet onthou slim vang sy baas.

André André ·

Die berig is fopnuus! Lees vandag se nuuskommentaar, hierdie is ons president se sterkste punt.

Mossie ·

Ek ondersteun Trump ten volle, Ramhaposa praat baie beslis nie namens my nie!

Ettienne ·

Wat bekomer hy hom oor n land waar mense En vroue regte nie best aan nie… N land wat tereur goed praat En ondersteun… Hier het ons n land wat sê ekonomie soos n klip uit die lug Val.. Ons het reuse probleem met misdaad korupsie.. Moord.. Plaas aanvale waar om mnr Ramaphosa vokus jy nie eerder op jou eie land nie laat ander lande hulle self uit sorteer!!!!!

Zachrys ·

Iran het seker met beteulde geduld na ramapadakoker se wyshede gesit en luister. Kan my net indink hoe hulle hom duld… Ai wys net in watse waan hulle is. Geen idee van wat regtig aangaan nie..

Johanna Botha ·

As hy nie verbaas is dan is hy ”shocked” ! ! Die man weet nie wat angaan nie hoor !

James ·

Ag asseblief wie wil jy beindruk?
Wees eerder diep bekommerd oor SA wat vergaan onder julle regime.
Dit is iets om oor diep bekommerd te wees.

Kierie ·

Wonder of Trump hom sal steur aan die by in ‘n bottel, daar doer uit donker, elektrisiteitslose Afrika?

Sarel P ·

CR, stuur jou weermag om Iran tot hulp te snel asb onthou in die proses jou droom van 100% swart bemagtiging.

Dries du Toit ·

Baie goeie kommentare. Ek is bly die mense val nie meer vir als wat ons gevoer word deur die linkse media nie

Blob ·

Iran skiet n vliegtuig af met meer as 160 mense, maar Cyril is bekommerd oor een terroris wat deur Amerika uitgevat is!

Marous ·

Dalk moet hy ons troepe oorstuur om die vrede te gaan bewaar ….al sestien van hulle . As hulle nou begin roei behoort hulle in 2050 daar te wees want vlieg kan hulle nie …

Chris ·

Glo dat die 3 duikbote wat tydens die wapentransaksie gekoop is om ons teen lande soos die VSA te beskerm, diesel het en die “batteries ge-charge” is?
Ha! Ha!

Simpleton ·

Toe lê hy ‘n eier! Net jammer dis weer ‘n windeier….
Fix Eskom man!!

Jannie van Niekerk ·

Meneer die President: Raak eerder bekommerd oor plaasmoorde in jou eie land en laat die terroriste van die midde ooste hulle eie gemors waarvoor hulle self verantwoordelik is self oplos. Ongelukkig lees ANC ondersteuners nie ordentlike nuus nie so die boodskap sal nie by jou uikom nie.

Nel ·

Volgens sy ‘track record’ lê sy diep maar vlak. Hierdie kamma bekommernis van hom is net oëverblindery om die aandag van sy onvermoë om sy land te regeer af te lei.

Sirkus ·

Iran skiet ‘n kommersiële vliegtuig af maar ons is bekommerd oor Amerika se aksies wat ‘n terroris in Irak verantwoordelik vir die dood van onskuldige mense uitgehaal het…Die US gee miljarde dollars se “aid” aan afrika maar ons staan saam ‘n terroristiese land wat ons geensins bevoordeel nie. Ek noem dit Afrika anti trump tonnel visie…

DaandieHaan ·

Ek staan saam President Trump en die VSA. Sal nie ‘n land wat bekend is vir terrorisme en die dood van onskuldige mense ondersteun nie. Die president van ons republiek praat nie meer namens my nie…

jakes ·

CR se kommer oor die midde ooste is lagwekkend. Sy toespraak vandag sal waarskynlik weer gaan oor grondhervorming en n herhaling van al sy vorige beloftes wat nooit gestalte aanneem nie. Die ANC was nog altyd n bondgenoot van Iran en sal hy dus hulle goedgesind wees al is hulle voorstanders van terreur. Amerikaanse en Navo intelligensie entiteite sou nooit n fout begaan het toe hulle toegeslaan het nie.

Stephan ·

Met CR se sogenaamde “bekommernis”, laat hy my dadelik wonder hoeveel aandele hy nie dalk mag hê in ru-olie nie! Sy aandele in US$ is seker herbelê!
CR het my nog nooit beïndruk nie (hy sal ook nie), terwyl sy eie mense krippeer in armmoede, melk hy hulle daagliks vir sy eie bankbalans. Daar is nie veel van ‘n verskil tussen hom en sy voorganger nie, dis net die tegniek wat baie verfyn is.

Dav Mari ·

Ons vorm deel vd Brics lande (Magog) . Dus moet ons almal in een stem praat saam met Rusland (Gog) en Iran. Ek stem VSA en Trump. Hierdie gaan interessant wees.

A Mac ·

Mnr. Ramaphosa, ons weet jy wil graag oral gesien en gehoor word. Maar onthou net, jy is nie die groot ghoeroe wat enige verskil op enige plek gaan maak nie. Jou eie land is in die drein af, maar nee, kom ons spreek ons diepe kommer uit oor dinge wat sover van ons af gebeur dat jy nie eers in ‘n week soontoe kan stap nie, terwyl dit hier by ons so beroerd gaan met al die korrupsie, moord, misdaad, en wie weet wat nog. Maak eers jou eie huis skoon en los die huis verder af in die straat.

glad nie bekommerd nie ·

wil trump se “drone” nie dalk van rigting verander nie

Elene ·

President Ramaphosa Ek staan verstom. Jy bekommer jou oor wat in buiteland gebeur. KYK wat gebeur in jou eie land!!! Jy bly oplossings soek vir die ekonomie intussen vervreem julle die mense wat kan help. Regtig verstommend!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.