Ramaphosa: ‘Dlamini kwyt haar uitstekend van haar taak’

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand sy behoud van Bathabile Dlamini, minister in die presidensie belas met vroue en kinders, verdedig deur te sê sy “kwyt haar uitstekende van haar taak, veral nou tydens die 16 dae van aktivisme” teen geslagsgeweld.

Ramaphosa het tydens ʼn lang onderhoud op 702 met Xolani Gwala gepraat en verskeie kwessies het tydens die onderhoud onder die loep gekom. Een daarvan was ʼn uitspraak deur Gwala dat Dlamini “onaantasbaar” is. Ramaphosa het dit ontken en gesê hy kan haar afdank as hy graag wou en hy sou nie enige redes hoef te verskaf hoekom nie.

Dlamini is in Februarie van die departement van maatskaplike ontwikkeling geskuif na minister in die presidensie belas met vroue en kinders.

Die konstitusionele hof het in September beveel dat sy 20% van die regskoste van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) moet betaal wat verband hou met die maatskaplike toelae-debakel.

Freedom Under Law en die Black Sash Trust het die aansoek vir die kostebevel gebring en Dlamini blameer vir die op-die-nipper-hofaansoeke wat daartoe gelei het dat die departement se kontrak met Cash Paymaster Services om maatskaplike toelae uit te betaal verleng moes word.

Die hof het bevind Dlamini was “nie eerlik” in haar voorleggings nie en die nasionale direkteur van openbare vervolging moes besluit om haar te vervolg of nie.

Ramaphosa het tydens die onderhoud aan Gwala gesê: “Die kabinet is almal lede van die ANC en sommige sit op die [nasionale uitvoerende komitee]. Ons word almal saamgebind deur die besluite van ons beweging [soos tydens die 2017-verkiesingskonferensie geneem] waar ons dit duidelik gestel het dat ons korrupsie sal hokslaan. Diegene wat deur [oudpres.] Jacob Zuma aangestel is, kon ek laat gaan het. Maar ek het gevind Dlamini kwyt haar uitstekend van haar taak,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê hy het Donderdag ʼn verklaring gefinaliseer om ʼn aansoek deur die DA aan die hooggeregshof in Pretoria om Dlamini te verwyder, teen te staan.

“Vanmiddag het ek ʼn verklaring onderteken waar ʼn party my hof toe vat waarin versoek word dat ek die minister moet afdank en die argument sal in die hof aangehoor word en dan sal die regters op die ou end die besluit neem,” het hy gesê.

Op ʼn vraag of hy Dlamini, wat ook die leier van die ANC-vroueliga is, kan afdank sonder om ʼn herrie te veroorsaak, het hy geantwoord “ja”.

“As president van die ANC en Suid-Afrika, moet almal wat aangestel of verwyder word uit die kabinet aan voorwaardes voldoen en ontplooi word. Daar word nie altyd vir jou redes gegee nie, maar jy moet maar [aan die besluit] gehoor gee,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Sy pers hom af. Sy.t glo inligting wat hom kan vernietig!

Genieve ·

OMH!!..die hof het dan bevind sy was nie eerlik nie hoe dan nou???

Colleen ·

As jou staatspresident oneerlik is dan kan jy ook wees is haar motto seker. Siek spul.

Rooikop ·

Dit was die laaste strooi !!! Dink nou niks meer van CR nie ……………

Ai ·

Oh my goodness!! Ek dink ‘n mens behoort glad nie meer verbaas te wees ten opsigte van die vlak van onnoselheid wat die ANC openbaar nie.

Geregtigheid ·

“Nie eerlik nie” beteken LIEG. Hoekom kan Politici LIEG en wegkom daarmee. Het dit n norm geword in SA????? CR is ruggraadloos en beskerm sy buddies wat hom ondersteun.

Ruiklont ·

En so beskerm die sogenaamde “meningsformers” van KykNet CR en praat oor wat hul dink hy is besig om te doen en nie wat hy doen nie. Sy uitsprake is wat hy doen, hang dit aan die klok

ANDRE ·

Ooo koek , Oooo koek …….. en die hanswors lag lekker….

RG ·

Laaste sin spreek boekdele. Hy is eintlik maar net die marionet.

Werner ·

Kyk, hierdie tannie moet iets groots weet wat die manne in beheer laat sidder. Sy laat haar nie fire nie, hoor!

lewies ·

WAARHEID: Die howe sal sy werk vir hom doen, iets wat hy moontlik lankal wou gedoen het, maar dit nie kan bekostig om derduisende stemme te verloor nie.

Johanna Botha ·

Nee kyk geen wonder alles waaraan die anc vat is n GROOT FLOP !

Joey ·

CR, hoe kry jy dit reg om so te kan rondloop, en sit en dit alles sonder n ruggraat??

zoom zoom ·

As iemand glo wat CR sê en praat dan is Hlaudi dalk ‘n goeie kompetisie vir hom. Hoe DOF kan die man wees ????

SjN ·

Uitstekend van haar taak gekwyt, die Sassa debakel is n voorbeeld daarvan.

Daan Erasmus ·

Op die planeet waar ek bly maak sy lekker droog.
Maar. Die Afrika siening van doen goeie werk en eerlik integriteit is anders as myne. En ons is die minderheid so ons siening MOET verkeerd wees.

Hans ·

Nou het ek alles gehoor en glo ook dat Kersvader en die paashaas bestaan.

Spike ·

cyril is besig om die kluts kwyt te raak. Sê gisteraand hy het nie geweet druk om pres te wees is so erg. Hy vou onder druk. Gaan sa groot skade aandoen. Dankie comrades julle het sa vernietig.

HP ·

Ramaphosa is geslepe. Ek kan hom en sy korrupte , onbekwame en arrogante ANC kaders geensins meer verdra nie.

Janna ·

Die antie weet goedjies…sy slaan die kitaar mnr die President

Johan ·

Die terugroep van die ANC bepaal hoe hy op tree.Dis sy uitsluitlike Mandaat.Die land en sy behoeftes is irelivant en onder geskik aan die behoeftes en bevele van die ANC.As hy nie Lethuli huis mandaat uit voer nie word hy herroep.PUNT.Dit gebeur ongelukkig as daar n Groot meerderheidsparty aan bewind is.Om logika te soek in sy optredes is soos om na die Kruger miljoene te soek.Al waaruit sy dag bestaan is om faksies binne die ANC en drie party aliansie gelukkig te hou.Sy grootste uitdaging KZN wat die meeste stem dra en stem setels het binne ANC.Hulle soek n Zoeloe of een van die Zumas aan bewind.Dis hoekom hy so baie by die Zoeloe Koning kuier,sonder sy steun is dit Ta,-Ta.Wat ons dink en se is Soos water van n eend se rug af…….

Grassie ·

Dit lyk vir my daardie vrou het omtrent al die grootkoppe in die ANC aan die korthare beet. Onthou, sy was in beheer van uitbetalings aan 17 miljoen toelaeontvangers per maand, vir jare lank. Die gemiddelde uitbetaling per persoon per maand kan volgens my skatting ongeveer R500 wees (ek dink dit is ‘n baie lae skatting). Ek het probeer uitwerk wat die maandelikse totaal is wat onder haar beheer uitbetaal is maar my optelmasjientjie kan nie so ‘n groot som maak nie. Ek weet net dit is miljarde. So ‘n groot operasie onder een persoon se beheer skep allerhande moontlikhede. Geen wonder sy kon tot die appélhof ignoreer nie. Hoe dit ook al sy, iets in die proses het haar onaantasbaar gemaak.

DeVill ·

Ons nar van ‘n president raak nou net erger.

Eers regverdig hy BLF se oproep tot moord deur te sê dit is agv witmense se lakheids dat hulle ons wil moor.
Nou doen Dlamani glo uitstekende werk. WAT???

Nee kyk ons is vinniger oppad ondertoe as wat ek gedink het!

Jack Daniel ·

Hahahahahaha!! ?? LMGA!!!
Eers bewys Sy is goed vir niks n nou a ster!!!! Hahahaha!!
Wys net hoe dommer n minder breins Jy het hoe Meer blink Jy uit!!
Dom, Dommer, …… Voor in die klas!!!
Mense!!! Wat a sirkus is SA nie! Hahahaha!!!

ne ·

Die narre kan seker sien wat se goeie werk sy lewer! Wonder hoeveel het Cash Paymasters haar betaal!

MANIE ·

Hy het mooi by sy voorganger geleer om heeltyd vir die land te lieg

JG ·

Mense,…ons weet almal teen hierdie tyd dat die “Afrikaan” se siening oor eerlikheid, integriteit en werks-etiek ver verwyder is van die westerling se waardes. Dit is hoekom Afrika is soos wat hy is.

Snowball ·

Dit is hierdie tipe uitsprake, net soos die aanval op wittes ipv die hantering van BLF se haatspraak wat die ware karakter van dit wat die ANC voorstaan en bevorder, in geen onduidelike terme weergee. Van beginsels, waarheid en integriteit is daar eenvoudig geen sprake nie. Daar is NIEMAND in die ANC wat vertrou kan word om ‘n beter SA te bou nie. Daai makkers is daar vir eie gewin en hulle gaan alles doen om aan bewind te bly, al moet onskuldiges sterf en SA ekonomies verval. Daar is geen verskil tussen die ANC en ZANU PF nie; ons voorland is nog ‘n Zim onder dié korrupte spul. Lieg is hulle spesialiteit. As jy openlik kan sê, teen alle bewyse, dat Dlamini haar goed van haar taak kwyt, het jy waarlik geen eerlikheid of gesonde oordeel nie. Alles wat jy doen en sê behoort in twyfel getrek te word. Ramaphosa is ‘n teleurstellende marionet wat homself telkens reeds uitgewys het as kader bewaker, eerder as beginselvaste leier. Hy is maar net nog ‘n ANC, niks meer nie.

Lex ·

Ramaphosa is nie veel beter as Zuma nie.
Nie veel Van die Anc ver wag nie.
Die een so korrup soos die Colvend.

Geregtigheid ·

Dis net hoe blinde leiers blindes lei. Hulle gaan beide in die gat val. CR is nie die naam President werd nie.

Andrea van Vuren ·

Onthou, CR is ‘n miljardêr. Die volk aanbid hom. Nero, speel steeds viool…

Nel ·

Ja nee dis al die geraamtes in die kas wat so praat, of hoe seg ek ou Cyril.

ANONIEM ·

What n joke ons hele land is n joke met al hierdie narre saam.

Ekke ·

So lyk my mens kan maar skelm wees dis reg in die ANC se oe. Kan daai vrou nie verdra nie.

humor ·

As hy hierdie moeder van Afrika moeders gaan pos dan gaan hy miljoene stemme verloor. Hy sit maar sy gevry van z voort terwille van sy eie bas.

Karlien ·

Ek was nie eers bewus daarvan dat ons ‘n minister in die presidensie belas met vroue en kindersake het nie????????

Gert van Wierdapark ·

Uitstekend of Efficient vir kwyt van take reken CR. Die pres. dink natuurlik dat 30% baie goed is, in ag genome die minus 30% wat sy by Maatskaplike Agteruitgang gekry het. Alhoewel geroes, is sy n yster in die CR se spannetjie…..

CJ ·

Luthulie Huis beheer die President en die ANC.
Hy het basies geen sê nie. Soos RG gesê het “marionet”
Skrikwekkend!

Hoe Afrika Werk ·

Zuma is onskuldig, Gigaba lieg nie, Dlamini is ‘n eerlike, uitstekende minister, Ramaphosa is ‘n leier met inbors en is nie rassisties as hy wittes aanval na doodsdreigemente teen hulle nie……dit is alles waar, want integriteit is ‘n Westerse konsep. Dis die klomp kolonialiste wat mense net heeltyd wil uitvang; in Afrika bepaal die hoofman wat is die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.